Kuns-matig
Vir Robert Schall
Breyten – hy was met woorde nie links nie –
het op ’n keer “van heinde en verre”
vermompel tot: “die heidene van verre”
KI kon dit nie bedink nie
maar wel letterlik vertaal: “the heathen from afar”
was hy kunstiger, sou die masjien kon skryf:
“the heathen from the heather”
maar dit kan slegs ’n slinkse digter doen
die masjien bly onvervals ’n heiden
© Daniel Hugo, 2026
