Nini Bennett
Thursday, September 2nd, 2021

1 Boodskappers van onheil
Kraaie dra swaar aan hulle kulturele en mitologiese bagasie. Alhoewel hulle – figuurlik gesproke – van die kleurrykste voëls op aarde is, speel bygeloof en vrees steeds ’n rol in mense se persepsie van kraaie. ’n Film soos Hitchcock se The birds (1963) spook nog dekades later by kykers en help nie veel om kraaie se slegte reputasie te verbeter nie. Ook digters verbeeld hierdie swart geveerdes tradisioneel as boodskappers van dood en onheil. Bekende gedigte oor kraaie is onder meer “De rave”, geskryf deur die Vlaamse Rooms-Katolieke priester, Guido Gezelle (1830-1899).
De rave
Met zwart- en zwaren zwaai aan ‘t werken door de grauwe,
de zonnelooze locht, ik de oude rave aanschouwe;
die, roeiende op en dóór den schaars gewekten wind,
gelijk een dwalend spook, eilaas geen’ ruste en vindt.
Ze is zwart gebekt, gepoot, gekopt in ‘t zwarte; als kolen,
zoo staan heure oogen zwart, in hun’ twee zwarte holen
te blinken; rouwgewaad en duister doek omvangt
het duister wangedrocht, dat in de nevelen hangt.
Ze is stom! Ze ‘n uit geen woord en ‘t waaien van heur’ slagers
en hoort gij niet. Alzoo de zwarte doodendragers
stilzwijgend gaan, zoo gaat zij zwijgend op de lucht,
en wendt alhier aldaar heur’ zwarte ravenvlucht.
Wat wilt gij, duister spook! Waar gaat gij? Van wat steden
zijt gij, met damp en doom en ‘s winters duisterheden,
alhierwaards aangewaaid? Wat boodschap brengt gij? Van
wat rampe of tegenspoed zijt gij de bedeman?
Is ziek- of zuchtigheid, uit ‘s noordens grauwe landen;
is sterfte wederom, is hongersnood op handen?
Is moordaanslag, verraad de zin van uw vermaan;
of gaat de muil misschien des afgronds opengaan?
Geen woord! Dan, weg van hier, onzalige: gaat varen
alwaar nooit zonne en rijst; alwaar de grimme baren
staan ijsvaste overende, als rotsen; en waar nooit
noch blom noch blad den buik van moeder aarde en tooit!
Gaat aan! Of spreekt een woord, zoo de andere vogeldieren
te zomertijde doen, die in de bosschen zwieren:
ja, ‘s winters, als de snee’ heur laken heeft gespreid,
nog vinkt en klinkt het hier, vol vogelvlijtigheid.
En gij! De rave trekt, met trage vederslagen,
voorbij mij, zwaar en zwart gelijk nen kerkhofwagen,
en roept mij, onverwachts, terwijl zij henenvaart,
al in één enkel woord, heur’ winterboodschap: ‘Spaart!’
In Daniel Hugo se jongste bundel, Klinkklaar, word ’n kraai verbeeld as ’n kadawerkenner. Ek haal aan, gedig II uit “Gent”:
Kraai II
vanaf sy hoë lamppaal
bekyk dié kadawerkenner my
niks sal hom ooit kan walg
blyk uit daardie skalpel
se weersinwekkende gekrys
dis eeue laas dat hy kon smul
aan swaaiende galge-aas
waarom hou hy my kil in die oog?
ek het ’n vae benul
’n stinkende spesmaas
Nou is dit my beurt om ’n lansie te breek vir kraaie. Die bekende bioloog en navorser, dr Auguste von Bayern, oftewel prinses Auguste van Bavaria het haar jeugvakansies in ’n groot kasteel by haar grootouers deurgebring. Van kleins af het sy ’n belangstelling in kerkkraaie (jackdaws) ontwikkel, wat nesgemaak het in muuropeninge in die kasteel. Haar liefde vir hierdie mensliewende, vriendelike en mak kraaispesie het later jare gelei tot ’n PhD-studie in die denkpatrone en sosiale intelligensie van kerkkraaie. Baie van hierdie voëls is monogaam – hulle het net een lewensmaat – of hulle raak betrokke in ‘dieselfdegeslag-verhoudings’.
Navorsers wat hulle bemoei met die studie van Corvidae, en meer spesifiek Corvus het vasgestel dat kraaie min of meer oor die intelligensievermoë van ’n sewejarige kind beskik. Dit beteken kraaie is waarskynlik die bes geëwoleerde voëlspesie ter wêreld. Hulle kan komplekse raaisels oplos en analogieë verstaan. Naas primate, is kraaie die enigste diere op aarde wat gereedskap kan gebruik of modifiseer om kos in die hande te kry. Hulle sal byvoorbeeld ’n staaldraad met hulle bekke buig om ’n wurmpie, wat buite hul bereik is, nader te haak. Kraaie rol hulle neute in die pad sodat motors daaroor ry en dit oopkraak – dit spaar hulle die moeite. Kraaie kan met ander woorde oorsaak en gevolg bepaal. In gekontroleerde navorsingsituasies is variasies op Aesopus se fabel, “die kraai en die kruik”, as akkuraat bewys. Hierdie kraaie, wat dors was, het afgelei dat massa water verplaas. Kruikagtige houers met water is gebruik om die voëls se redenasievermoë te toets. Hulle kon nie met hulle bekke die watervlak bereik nie en het klippies in die houers gegooi om die watervlak te laat styg, sodat hulle kon drink. Dit is ook ’n bekende verskynsel dat kraaie se weldoeners, mense wat byvoorbeeld vir hulle kos of water uitgesit het, “beloon” word deur hierdie swart geveerdes. Kraaie bring…mog ek sê geskenke? dankoffers? – byvoorbeeld stukkies weggooigoed, maar dit het al gebeur dat ’n gelukkige ontvanger onder die blinkgoed ’n kosbare juweel ontdek het! ’n Mens kan ook spekuleer of kraaie oor ’n morele kompas beskik. Kraaie hou ‘hofsittings’ en sal in ’n kring rondom ’n skuldige kraai, wat byvoorbeeld ’n jong kraai se kos gesteel het, stelling inneem en die voël aanval (straf). Hierdie “jungle justice” dien as ’n vorm van moraliteitsteater om ander kraaie te leer en op te voed in die negatiewe gevolge van verkeerde dade. Dalk klink dit asof ek kraaie in hierdie skrywe personifiseer, maar die waarheid is dat kraaie in meer as een opsig baie menslik optree.
Tog lyk dit of kraaipoësie in somberheid gehul is. Ted Hughes se bundel epiese gedigte, Crow: From the life and songs of the crow (1970) is geskryf in die tydperk ná Sylvia Plath se selfmoord tot en met die selfmoord van Hughes se minnares, Assia Wevill. Wevill het ook haar en Hughes se vierjarige dogter, Shura, gedood in die proses. Beide vroue het op dieselfde wyse selfmoord gepleeg – vergassing met ’n stoof. Crow is ’n donker bundel; die poësie meedoënloos en kru. Die karakter, Crow ontgin verskillende mitologiese kontekste. Hughes is bekend vir sy fyn beelding van diere, wat onder meer antropomorfisme en die psigodrama van ’n wye register diere insluit.
Die bekendste gedig met ’n kraai as tema is waarskynlik Edgar Allan Poe se “The raven”, wat vir die eerste maal in 1845 gepubliseer is. Poe, bekend vir sy donker gruwelfiksie, is deur die Gotiese beweging opgeraap en talle toonsettings van hierdie gedig het al die lig gesien. In dié narratiewe gedig figureer die kraai as simbool van die spreker se eie mortaliteit, asook die verdriet oor sy vrou, Lenore, wat waarskynlik aan tuberkulose oorlede is.
The raven
Once upon a midnight dreary, while I pondered, weak and weary,
Over many a quaint and curious volume of forgotten lore—
While I nodded, nearly napping, suddenly there came a tapping,
As of some one gently rapping, rapping at my chamber door.
“’Tis some visitor,” I muttered, “tapping at my chamber door—
Only this and nothing more.”
Ah, distinctly I remember it was in the bleak December;
And each separate dying ember wrought its ghost upon the floor.
Eagerly I wished the morrow;—vainly I had sought to borrow
From my books surcease of sorrow—sorrow for the lost Lenore—
For the rare and radiant maiden whom the angels name Lenore—
Nameless here for evermore.
And the silken, sad, uncertain rustling of each purple curtain
Thrilled me—filled me with fantastic terrors never felt before;
So that now, to still the beating of my heart, I stood repeating
“’Tis some visitor entreating entrance at my chamber door—
Some late visitor entreating entrance at my chamber door;—
This it is and nothing more.”
Presently my soul grew stronger; hesitating then no longer,
“Sir,” said I, “or Madam, truly your forgiveness I implore;
But the fact is I was napping, and so gently you came rapping,
And so faintly you came tapping, tapping at my chamber door,
That I scarce was sure I heard you”—here I opened wide the door;—
Darkness there and nothing more.
Deep into that darkness peering, long I stood there wondering, fearing,
Doubting, dreaming dreams no mortal ever dared to dream before;
But the silence was unbroken, and the stillness gave no token,
And the only word there spoken was the whispered word, “Lenore?”
This I whispered, and an echo murmured back the word, “Lenore!”—
Merely this and nothing more.
Back into the chamber turning, all my soul within me burning,
Soon again I heard a tapping somewhat louder than before.
“Surely,” said I, “surely that is something at my window lattice;
Let me see, then, what thereat is, and this mystery explore—
Let my heart be still a moment and this mystery explore;—
’Tis the wind and nothing more!”
Open here I flung the shutter, when, with many a flirt and flutter,
In there stepped a stately Raven of the saintly days of yore;
Not the least obeisance made he; not a minute stopped or stayed he;
But, with mien of lord or lady, perched above my chamber door—
Perched upon a bust of Pallas just above my chamber door—
Perched, and sat, and nothing more.
Then this ebony bird beguiling my sad fancy into smiling,
By the grave and stern decorum of the countenance it wore,
“Though thy crest be shorn and shaven, thou,” I said, “art sure no craven,
Ghastly grim and ancient Raven wandering from the Nightly shore—
Tell me what thy lordly name is on the Night’s Plutonian shore!”
Quoth the Raven “Nevermore.”
Much I marvelled this ungainly fowl to hear discourse so plainly,
Though its answer little meaning—little relevancy bore;
For we cannot help agreeing that no living human being
Ever yet was blessed with seeing bird above his chamber door—
Bird or beast upon the sculptured bust above his chamber door,
With such name as “Nevermore.”
But the Raven, sitting lonely on the placid bust, spoke only
That one word, as if his soul in that one word he did outpour.
Nothing farther then he uttered—not a feather then he fluttered—
Till I scarcely more than muttered “Other friends have flown before—
On the morrow he will leave me, as my Hopes have flown before.”
Then the bird said “Nevermore.”
Startled at the stillness broken by reply so aptly spoken,
“Doubtless,” said I, “what it utters is its only stock and store
Caught from some unhappy master whom unmerciful Disaster
Followed fast and followed faster till his songs one burden bore—
Till the dirges of his Hope that melancholy burden bore
Of ‘Never—nevermore’.”
But the Raven still beguiling all my fancy into smiling,
Straight I wheeled a cushioned seat in front of bird, and bust and door;
Then, upon the velvet sinking, I betook myself to linking
Fancy unto fancy, thinking what this ominous bird of yore—
What this grim, ungainly, ghastly, gaunt, and ominous bird of yore
Meant in croaking “Nevermore.”
This I sat engaged in guessing, but no syllable expressing
To the fowl whose fiery eyes now burned into my bosom’s core;
This and more I sat divining, with my head at ease reclining
On the cushion’s velvet lining that the lamp-light gloated o’er,
But whose velvet-violet lining with the lamp-light gloating o’er,
She shall press, ah, nevermore!
Then, methought, the air grew denser, perfumed from an unseen censer
Swung by Seraphim whose foot-falls tinkled on the tufted floor.
“Wretch,” I cried, “thy God hath lent thee—by these angels he hath sent thee
Respite—respite and nepenthe from thy memories of Lenore;
Quaff, oh quaff this kind nepenthe and forget this lost Lenore!”
Quoth the Raven “Nevermore.”
“Prophet!” said I, “thing of evil!—prophet still, if bird or devil!—
Whether Tempter sent, or whether tempest tossed thee here ashore,
Desolate yet all undaunted, on this desert land enchanted—
On this home by Horror haunted—tell me truly, I implore—
Is there—is there balm in Gilead?—tell me—tell me, I implore!”
Quoth the Raven “Nevermore.”
“Prophet!” said I, “thing of evil!—prophet still, if bird or devil!
By that Heaven that bends above us—by that God we both adore—
Tell this soul with sorrow laden if, within the distant Aidenn,
It shall clasp a sainted maiden whom the angels name Lenore—
Clasp a rare and radiant maiden whom the angels name Lenore.”
Quoth the Raven “Nevermore.”
“Be that word our sign of parting, bird or fiend!” I shrieked, upstarting—
“Get thee back into the tempest and the Night’s Plutonian shore!
Leave no black plume as a token of that lie thy soul hath spoken!
Leave my loneliness unbroken!—quit the bust above my door!
Take thy beak from out my heart, and take thy form from off my door!”
Quoth the Raven “Nevermore.”
And the Raven, never flitting, still is sitting, still is sitting
On the pallid bust of Pallas just above my chamber door;
And his eyes have all the seeming of a demon’s that is dreaming,
And the lamp-light o’er him streaming throws his shadow on the floor;
And my soul from out that shadow that lies floating on the floor
Shall be lifted—nevermore!
2 Raaf
Die vroeë tagtigs.
Ons buurman was ’n Hollandse violis en het saans in die Nasionele Simfonie-orkes gespeel. Bedags het hy modelvliegtuigies in sy garage gebou, maar dit was sy troetelkraai wat ek onthou. My ore was gespits vir die rasperklanke van sy Volkswagen-kewer; soms het hy gery, dan het ek kortpad en ongemerk oor die vyf voet muur geklim om die swart geveerde in die boom, kompleet met voetstuk en al, te sien. Die kraai was heeltemal mak en het by tye weggevlieg om vir ander voëls te gaan gaan kuier, dog altyd teruggekeer na sy speelboom in die garage. Die violis se vrou was bedags ook nie tuis nie en het, sover ek weet, fabelagtige ruikers vir die plaaslike bloemiste gerangskik.
Ek het heilige grond betree; op meneer van de Klaauw se stoel voor die boom gaan sit en my verkyk aan die raaf met die vinnige, abrupte bewegings; sy oë grys, soms bruin, ondeurgrondbaar en wys soos die nag. Sy oë was groter as wat ek aanvanklik vermoed het maar omdat hy so donker was, het ek dit nie dadelik opgemerk nie. Uit dieselfde git as die verekrawat om sy nek was ook die pote en bek; die kake effens oop, asof hy aandagtig geluister het of dalk iets wou sê. Die kraai was asembenewend blink en swart soos obsidiaan.
Whokka-whokka-whokka, sou hy skerts en diep in my binneste het ek geweet dat hy vir my lag; met ontsag gewag dat die mitiese voël my begin onderrig. Tydens hierdie besoeke sou ek transendeer na ’n newe- of bowe-bewussynstaat: die magiese eensaamheid van my kinderdae. My susters was veel ouer as ek en elders doenig met kêrels en grimering. Maar dít wat die kraai vir my gesê het, is helaas te geheim om oor te vertel, tog bloei dit elke dag uit die rooilig diep in die donkerkamers van die verbeelding.
Die dak se nokke het getril in die middaghitte. By tye sou ’n wolk die son afskadu, dan was dit skemer in die garage tot die lig weer deur die hoë vensters breek en die spinnerakke se silwer barste verlig. Dit was bloedig stil. Die vliegtuigies, dralend aan die onsigbare daklyne, het asem opgehou, tydelik opgeskort in hulle vlug.
*
Elia en St Benedictus, wie het julle aan die lewe gehou, die giftige brood van die monnikke onderskep?
Apollo, waarom het jy die kraai tot bygeloof en voorbode verwens? Omdat hy die waarheid oor Korona se liefdesverraad gepraat het?
Raefan, jy wat deur die heraldiek van krygers vlieg –
het jy geweet dat Churchill die Tower of London steeds sou bekerm met julle teenwoordigheid? Wie het die vyand se bomme uitgesnuffel? Mabel en Grip, het julle geweet dat julle ’n einde aan die oorlog sou bring?
Odin, jy wat net wyn gedrink en poësie gespreek het, wie het jou die voorkennis gegee?
Kain, waarom het jy die skuld vir die moord op die kraai gepak? Omdat hy meer van kadawers as jý geweet het?
Raaf, bewaker van galge en slagvelde, gewete van die laksman en doula vir elk ontslape soldaat: verstaan die sterwendes jou?
Nimmermeer, so dikwels het ek glimpe gekry van jou, die hart van ’n kind; hoe jy rol in die sneeu en wegkruipertjie met die wolwe en otters speel, blinkgoed vir jou mense bring of grypdief die aas van hengelaars se katrolle af steel.
*
Ek lig my hande en die son trek bloed. Tyd verdwyn. Die geweld van skemer is stil. Alles van kleur, vorm en kontoer verdiep gaandeweg tot silhoeët en skelet. Die dag kantel, die keerkring van Yin en Yang.
Dan slaap die son in die maan se skaduwee.
Verwysings:
Hugo, D. 2021. Klinkklaar. Pretoria: Protea Boekhuis.
https://en.wikipedia.org/wiki/Guido_Gezelle?fbclid=IwAR0A_XCNAS1WG_JnT7jPrHi1RW04Dh_B7Rvb910EmNLG1RzpBfdW1llHNbM
https://www.poetryfoundation.org/poems/48860/the-raven?fbclid=IwAR2TUPanwNpR_mhqYvcacS2NRQ9ErTfcSyeqrxOYsdPz_hR4Az4cMGImkQY
https://users.ox.ac.uk/~kgroup/people/augustevonbayern.shtml?fbclid=IwAR1CkK0nDfR42sZhqGoxPTijl0kKGhDmnDULhPNaxq_TQGG7b6FnztPKsnE
https://en.wikipedia.org/wiki/Crow_(poetry)?fbclid=IwAR13a6qI0ceCLqGF84kNhJatMlqqyYzLOiriNem5t3C68zquYW20tHDy-Xo
https://www.nathab.com/blog/crows-are-as-intelligent-as-a-seven-year-old-child/?fbclid=IwAR0DcgqIgeNWydoN_UlCHeJf9Wm4ZRrM0fWWcILUGZTyac8XDuJAbGB2OXE
Tags: boodskapper van onheil en dood, Corvidae, Corvus, Daniel Hugo, dr Augusta von Bayern, Edgar Allan Poe, Guido Gezelle, kraaie, kraaipoësie, Ted Hughes Posted in Blogs, Nini Bennett | Comments Off on Nini Bennett. Raaf
Add this post to Del.icio.us - Digg
Tuesday, May 11th, 2021

Dis iets waaraan ek elke winter dink. Dit begin tydens die herfs met die verkleuring van boomblare na geel, oranje, rooi, ougoud of ’n pienkerige skynsel. Teoreties gesproke is die kleurstof karotienoïed – die pigment wat die plek van sterwende chlorofil inneem en bome tooi in tradisioneel ‘warm’ kleure. Winterweelde. Die dood is mooi, en sy karotien is koninklik. Hoeveel gedigte en skilderye besing nie herfs- en winterbome nie? Tog is die biologiese agente veel meer poëties as kunstenaars se mimesis daarvan. Die winterboom gebruik nou minder energie: die hele gemenebes moet die koue maande oorleef. Die dooie blare val, word humus om die grond te voed. Dan kom die wintervrugte en sitrus: oranje, rooi, geel en pienk, en dit sinjaleer ’n verhoogde produksie van Vitamien A en C om immuunsiektes teë te werk. Karotien. Vuurlelies, vuurkruid, vuurpyle en vlammende aalwyne: karotien. Veldbrande wek vuurblomme op uit die as, blomme wat as pionierspesies uit blote koolstof en wind ontwaak om met gister se vlamme te spot. Weer loop Winter se sagtewareprogram, amper asof gekodeer: karotien. ’n Rooi pigment, antosianien, word eers in die herfs vervaardig, terwyl karotien gedurende die somer teenwoordig is in die blare, maar eers met die sterwende chlorofil sigbaar word. As daar nie meer chlorofil oor is nie, word ’n populierblaar heldergeel, maar ’n esdoringblaar helderrooi.
Wanneer dit lente word in die verre noorde, kondig die Rooi Kardinaal dit eerste aan. As hy ’n instrument was, was hy ’n trompet; en as hy ’n komposisie was, was hy vir seker ’n overture.
The Red Mist
Die woud verkleur
en dra ’n stiltekleed
soos ’n kardinaal.
Herfs is die strooidood
van gode. Stamme versag
as mis asem, boaards deur
die rooi konklaaf van blare.
Stamme raak lank en dun in eerbied
en wag; krone verdwyn
soos rook in ’n houtskooltekening.
Dan vlam die hemel self
in vuuropaal en die towerwoud
word ’n katedraal.
© Nini Bennett. Donkerwerk, Naledi 2019
Vervolgens dié vers van N.P. van Wyk Louw wat altyd tydloos en klassiek sal staan in die Afrikaanse letterkunde. Uit die siklus, “Vier gebede uit jaargetye in die Boland”:
Vroegherfs
Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte more witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en vér was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.
© N.P. van Wyk Louw, Groot Verseboek Deel I, André P. Brink, Tafelberg, 2008
Of dalk hierdie meesterlike vers van Johann de Lange.
’n Blaar van Coleridge se boom
Net die een rooi blaar, die laaste van sy stam,
’n enkele rooi kryger, puntig soos ’n hanekam;
hy hang so lig, hy klim so hoog; – my klein rooi
vlag
wapper aan die uiterste twyg in verset teen die
gram-
skap van die winterlug: laag, omsingelend &
byna nag.
© Johann de Lange. Stil punt van die aarde, Human & Rousseau 2014
Sunday, April 18th, 2021

We are ourselves before we are actually ourselves. Clay waiting to be shaped by experience, perhaps, but there’s something pre-formed about our personalities before they are even molded. So beweer Michele Filgate in ’n artikel op Literary Hub waarin sy besin waarom skrywers, van al die kunstenaars dwarsoor die artistieke spektrum, die eensaamste mense is.
Hierdie eensaamheid kom waarskynlik al van kleintyd af. En van eensaamheid gepraat: sedert die inperking is al meer mense aangewese op die Internet, wat gedwonge isolasie aanvaarbaar maak. Sommiges geniet selfs die vervreemdende en verskietende werklikheid van die ‘ou normaal’ en leef aanlyn, ’n soort virtuele solipsisme.
Digters is, as ‘n reël, alleenmense. (Dit is egter relatief en ek veralgemeen nie.) Ek het met verloop van tyd baie verse – jeugherinneringe – raakgelees, en tot die volgende gevolgtrekkings gekom. Dit is bloot waarnemings wat geïllustreer word aan die hand van ’n seleksie van vyf gedigte.
In dié verse is ’n element van verrukking; die bloedjong digter is alleen, intens bewus van sy of haar alleenheid. Meermale is ’n dubbellensfokalisator teenwoordig: die ‘volwasse’ digter kyk oor die kind se skouer, wat die gedig klee in ’n stemming van nostalgie. Ruimtelikheid tree voorop in heelwat verse, byvoorbeeld verwysings na wolke, veld, klein dorpies, ensovoort. Die magiese faset word verder uitgebou in die bewuswees van ’n groter krag, byvoorbeeld ’n godheid, natuurelemente, ensomeer – ’n gevoel van verlange of sereniteit. Die bloudruk van ’n jong digter se eensaamheid is amper in alle gevalle teenwoordig en die verse lees besonders atmosferies en aangrypend.
.
Alone
From childhood’s hour I have not been
As others were—I have not seen
As others saw—I could not bring
My passions from a common spring—
From the same source I have not taken
My sorrow—I could not awaken
My heart to joy at the same tone—
And all I lov’d—I lov’d alone—
Then—in my childhood—in the dawn
Of a most stormy life—was drawn
From ev’ry depth of good and ill
The mystery which binds me still—
From the torrent, or the fountain—
From the red cliff of the mountain—
From the sun that ’round me roll’d
In its autumn tint of gold—
From the lightning in the sky
As it pass’d me flying by—
From the thunder, and the storm—
And the cloud that took the form
(When the rest of Heaven was blue)
Of a demon in my view—
.
– Edgar Allan Poe, American Poetry: The Nineteenth Century, 1993
Poe (1809—49) het hierdie gedig geskryf toe hy 21 was; dit is egter eers ’n kwarteeu na sy dood gepubliseer. Poe, bekend vir sy donker en misterieuse skryfstyl en oeuvre, word vandag op die hande gedra deur die Gotiese beweging wêreldwyd. Die tragedie van ’n wanaangepaste kind; van anders wees; anders waarneem; alleenwees te midde van die ontvouende misterie van die lewe word treffend verbeeld. Poe was ’n Outsider tot en met sy eienaardige dood in die strate van Baltimore. Die mildelike gebruik van die aandagstreep herinner aan die poësie van Emily Dickinson, wat ná Poe sou kom.
.
Die eensaam hemele van my kindertyd
Die eensaam hemele van my kindertyd,
God was aanwesig in hul dag en nag.
Hy’t in hul bloutes wolke wit soos kryt
gestapel, aambeeldtoppe; die hamerslag
van somer-donderweer teruggehou totdat
geen wese asemhaal, geen voël durf roer.
Van ster tot sidderende ster het Hy
Sy magtige meetkunde uitgesprei
oor die swart vlak. Met Sy smal weerlig-lat
het Hy in nagte van rukwind en rumoer
my oë geteister waar ek lê omring
van engele—o veilige omsingeling!
Bo in die stormwolk God die Almagtige.
.
– Olga Kirsch, Geil gebied, 1976
Dekades nadat Kirsch Suid-Afrika verlaat het en geëmigreer het na Israel, het sy steeds bly droom oor Koppies waar sy grootgeword het. Die droomlandskap van die jeug is grensloos, het die digter Adonis tydens ’n onderhoud gesê (sy gedig is die vyfde een hier onder wat ek bespreek). En soos Adonis, was Kirsch in ballingskap. Die Vrystaatse veld wat wyd uitgestrek lê met sy siedende storms reflekteer dwarsdeur die digter se oeuvre, in haar Afrikaanse, sowel haar Engelse poësie.
.
De wolken
Ik droeg nog kleine kleeren, en ik lag
Lang-uit met moeder in de warme hei,
De wolken schoven boven ons voorbij
En moeder vroeg wat ‘k in de wolken zag.
.
En ik riep: Scandinavië, en: eenden,
Daar gaat een dame, schapen met een herder,-
De wond’ren werden woord en dreven verder,
Maar ‘k zag dat mijn moeder met een glimlach weende.
.
Toen kwam de tijd dat ik niet naar boven keek,
Ofschoon de hemel vol van wolken hing,
Ik greep niet naar de vlucht van ‘t vreemde ding,
Dat met zijn schaduw langs mijn leven streek.
.
Nu ligt mijn jongen naast mij in de heide
En wijst me wat hij in de wolken ziet,
Nu schrei ik zelf, en zie ik in het verschiet
De verre wolken waarom moeder schreide
.
– Martinus Nijhoff, Vormen, 1924
Hierdie bekende en geliefde vers van Nijhoff sinspeel (indirek) op pareidolia, die kuns, of spel om gesigte of vorms in vormlose dinge raak te sien. Die spreker is weer klein en herroep hoe hy en sy moeder na die wolke kyk en sy hom vra wat hy daarin sien. Die vers is verdeel in drie ‘tydperke’, naamlik die herinnering van ’n jong kind, die proses van ouerword met sy gepaardgaande ontgogeling, en ten laaste, die spreker, wat op sy beurt vir sý seuntjie vra wat hy in die wolke sien. Die volwasse spreker verstaan waarom sy moeder gehuil het: die vorms in die wolke dui op die ongekontamineerde lewensbeskouing van ’n kind; sonder ontnugtering, nog onaangeraak deur die lewe.
.
Those Winter Sundays
Sundays too my father got up early
and put his clothes on in the blueblack cold,
then with cracked hands that ached
from labor in the weekday weather made
banked fires blaze. No one ever thanked him.
.
I’d wake and hear the cold splintering, breaking.
When the rooms were warm, he’d call,
and slowly I would rise and dress,
fearing the chronic angers of that house,
.
Speaking indifferently to him,
who had driven out the cold
and polished my good shoes as well.
What did I know, what did I know
of love’s austere and lonely offices?
.
– Robert Hayden, Collected Poems by Robert Hayden,1985
Robert Hayden is deur pleegouers grootgemaak, maar het ’n traumatiese jeug beleef. Hierdie biografiese opgaaf dui op ’n pynlike verwerking van konflik: sy vader het selfs Sondae vroeg opgestaan om vuur te maak en sy skoene skoon te maak, maar die verhouding met die vader is afstandelik. Die vers is getint in die melankoliese “blueblack” en die volwasse spreker besef hoeveel sy pa vir hom moes opoffer, al het hy nooit ’n dankie daarvoor gekry nie. Die magiese eensaamheid van die jongeling is een van onbegrip – en ambivalensie – want, alhoewel daar liefde in die huis was, was daar ook konflik.
.
Celebrating Childhood
Even the wind wants
to become a cart
pulled by butterflies.
.
I remember madness
leaning for the first time
on the mind’s pillow.
I was talking to my body then
and my body was an idea
I wrote in red.
.
Red is the sun’s most beautiful throne
and all the other colors
worship on red rugs.
.
Night is another candle.
In every branch, an arm,
a message carried in space
echoed by the body of the wind.
.
The sun insists on dressing itself in fog
when it meets me:
Am I being scolded by the light?
.
Oh, my past days—
they used to walk in their sleep
and I used to lean on them.
.
Love and dreams are two parentheses.
Between them I place my body
and discover the world.
.
Many times
I saw the air fly with two grass feet
and the road dance with feet made of air.
.
My wishes are flowers
staining my days.
.
I was wounded early,
and early I learned
that wounds made me.
.
I still follow the child
who still walks inside me.
.
Now he stands at a staircase made of light
searching for a corner to rest in
and to read the face of night again.
.
If the moon were a house,
my feet would refuse to touch its doorstep.
.
They are taken by dust
carrying me to the air of seasons.
.
I walk,
one hand in the air,
the other caressing tresses
that I imagine.
.
A star is also
a pebble in the field of space.
.
He alone
who is joined to the horizon
can build new roads.
.
A moon, an old man,
his seat is night
and light is his walking stick.
.
What shall I say to the body I abandoned
in the rubble of the house
in which I was born?
No one can narrate my childhood
except those stars that flicker above it
and that leave footprints
on the evening’s path.
.
My childhood is still
being born in the palms of a light
whose name I do not know
and who names me.
.
Out of that river he made a mirror
and asked it about his sorrow.
He made rain out of his grief
and imitated the clouds.
.
Your childhood is a village.
You will never cross its boundaries
no matter how far you go.
.
His days are lakes,
his memories floating bodies.
.
You who are descending
from the mountains of the past,
how can you climb them again,
and why?
.
Time is a door
I cannot open.
My magic is worn,
my chants asleep.
.
I was born in a village,
small and secretive like a womb.
I never left it.
I love the ocean not the shores.
.
– Adonis, soos vertaal deur Khaled Mattawa. Selected Poems, translated by Khaled Mattawa, 2010
Die 91-jarige Ali Ahmad Sai’d Esber (Adonis) word bestempel as die grootste lewende Arabiese digter. Adonis is gebore in ’n klein dorpie in ’n arm boerderygemeenskap in Sirië, en het informele onderrig ontvang tot en met die ouderdom van 14, toe hy begin skoolgaan het. Sy buitengewone talent en intellek het van kleins af aandag getrek. Die digter het in 1956 in ballingskap gegaan in Beiroet, nadat hy gevangenisskap vir sy politieke sienings moes uitdien. Hy het hom ook gevestig in Parys tydens die burgeroorlog in Libanon. Oor die bostaande gedig, “Celebrating Childhood”, het Adonis die volgende gesê:
I said childhood has no boundaries. It is inside you. Wherever a human being goes, he takes his childhood with him. This is why nobody can cross the boundaries of childhood. It is with me wherever I go.
.
Verwysings:
https://indianexpress.com/article/lifestyle/role-of-poetry-is-to-diffuse-perfume-against-ignorance-fundamentalism-adonis/?fbclid=IwAR3y9OqhoLBS8tV0uxC59dXiPfDqj2Vzr7pGoAkWrSSIJ_m1ogrAqfOP2qc
https://lithub.com/writers-the-loneliest-artists-of-all/?fbclid=IwAR3jMn-io4EyX7FoVEhtDSBVeD5pg14xCUWSBHK3LOdq6kWjc7jrX5XzgZk
https://www.poetryfoundation.org/poems/46477/alone-56d2265f2667d?fbclid=IwAR0bVCbbYIKZ7KCrQQUW3wSLbiQm0H7uGwS6GT_k9_hPoZOPJ3uTHdDMc9Q
Thursday, April 1st, 2021

Met die uitbraak van Covid-19 het ons geleer om gesigsmaskers te dra; ons is, in ’n sekere sin incognito en gesigte wys weinig, of geen mimiek. Soms sukkel ons om mekaar te herken en moet ons soos mense wat aan gesigsblindheid ly, staatmaak op eksterne leidrade soos liggaamsbou, klerasie, haarstyle, ensovoort. Dit is eintlik verstommend hoe baie inligting mens uit iemand anders se gesig kan lees, byvoorbeeld sosiale interaksie, emosie, persoonlikheidseienskappe en gender, om enkeles te noem. Daarom is dit te verstane dat akademici ’n hernieude belangstelling in die neurologiese versteuring, prosopagnosia (gesigsblindheid) toon. ’n Persoon wat hieraan ly, sukkel om andere se gesigte te herroep, onthou of van mekaar te onderskei. Ongeveer een uit elke vyftig mense word hierdeur geaffekteer, en gesigsblindheid is óf aangebore óf veroorsaak deur breintrauma.
Dr Erez Freud, ’n sielkundige verbonde aan die Centre for Vision Research aan die York-Universiteit, Totonto, het 500 volwassenes genader om ’n eenvoudige aanlyn gesigsgeheuetoets te doen. Die deelnemers het aansienlik swakker gevaar in die herkenning van gesigte met sjirurgiese maskers; dit sluit ook die gesigte van bekendes in. Ongeveer 13% van die totale groep het só swak gevaar en gesukkel, hulle kon net sowel aan gesigsblindheid gely het.
Gesigsherkenning is ’n gesofistikeerde proses wat holisties, in een oogopslag, geskied. Dit is veral waar in die geval van mense wat mekaar goed ken. In soortgelyke situasies is deelnemers se gesigsherkenningsvaardighede getoets deur die gesigte van bekendes onderstebo te draai, of feitlik heeltemal te bedek, met net een gelaatstrek sigbaar. Die deelnemers is ook gekonfronteer met ’n fusie van bekendes se gelaatstrekke, byvoorbeeld George Clooney se mond en Robin Williams se oë, of die superponering van gelaatstrekke. Vroue se gesigsherkenningsvaardighede is beter as hulle manlike eweknieë s’n. Dit is dikwels ook vroue wat die polisie help om forensiese gesigsketse van vermeende misdadigers saam te stel. Die evolusie van polisiesketse, Identikits en sagteware, wat help om die ‘korrekte’ amalgaam van gelaatstrekke byeen te bring, het intussen geëvoleer tot gesigsbiometrie. Mens sien dikwels in ’n film hoe vroue polisiekunstenaars bystaan met die saamstel van gesigsprofiele – en in die werklike lewe is dit ook die geval. (Mens kan natuurlik byvoeg dat vroue inderdaad ook groter slagoffers van misdaad is.) Hoe dit ook al sy – die binêre opposisie van gesigsblindheid sou waarskynlik superieure gesigsherkenningsvaardighede wees – en, soos genoem vaar vroue beter as mens as dit by die onthou van fynere gesigsdetail kom. Vroue “lees” ook inligting uit ander mense se oë beter as mans. Sulke ooggetuies is van onskatbare waarde vir die polisie as dit kom by die saamstel van gesigsprofiele – wat lei tot latere arrestasies.
Daar is verskille in die lees van gesigte: in Westerse Kaukasiese lande dekodeer mense heelwat inligting uit die mond-area, terwyl Oosterse Asiatiese inwoners hulle inligting oorwegend uit die oog-area genereer.
Die langdurige dra van maskers – byvoorbeeld vir jare aaneen – gaan sonder twyfel ’n latere invoed uitoefen op babas en peuters se vermoëns om gesigte holisties te lees – soos een navorser dit gestel het: Dit sal wees soos om ’n tweede taal aan te leer; een met ’n aksent. En net vader tyd sal leer wat se invloed gesigsverperrings op die langtermyn psigologiese ontwikkeling van kinders sal hê.
Ek ontdek nou die dag ’n nuwe toepassing (app), en die bittere ironie daarvan gaan my nie verby nie. MyHeritage het ’n virtuele speelding, Deep Nostalgia bekend gestel, wat via kunsmatige intelligensie ou foto’s van geliefdes tot lewe wek, amper soos met ’n kort video. Die gesig, gestol in sy ewigheidsekonde, begin te beweeg, die kop draai rond, en die gesig glimlag. Die gedagte is waarskynlik om foto’s van gestorwe familie te aktiveer, alhoewel die toep op enige foto van toepassing kan wees. Terwyl die wêreld vasgevang is in ’n makerade van gesigloosheid, verbeter die tegnologie om gesigte te laat herleef.
Een van ons grootste digters, prof TT Cloete, het aan gesigsblindheid gely. Die liefde tussen Theunis Cloete en Anna van Zyl vorm deel van een van die mooiste liefdesnarratiewe in die Afrikaanse digkuns. Na Anna se afsterwe aan nierkanker kon Cloete steeds nie sy vrou se gesig onthou/herroep nie, en het sy hele huis vol foto’s van haar geraam. In die drie jaar ná haar afsterwe het hy net tien nuwe gedigte geskryf; sewe oor Anna. In 2010 is Uit die wit lig van my land gesny gepubliseer, ’n bloemlesing waain alle gedigte oor sy geliefde Anna gebundel is. Want Anna was die digter, die muse ín hom, het Cloete by herhaling bevestig. En sy sielsgenoot het vir hom gesê hy moet aanhou leef; hy moet skrýf. Cloete het in 2014, op 90-jarige ouderdom sy swanesang, die lywige Karnaval en Lent die lig laat sien – ‘n jaar voor sy dood. In Die groot misterie van twee vroue: Briewe aan Anna (Pooka, 2016) noem Hambidge in ’n resensie dat laasgenoemde ’n brieweboek, ’n liefdesboek én ’n letterkundige verslag van ’n literator en digter is waarin hy ook skryf oor sy eie gesigsblindheid (prosopagnosia).
Cloete het in 2002, nadat Anna siek geword het, begin om vir haar briewe te skryf. Sy is in 2007 oorlede, maar hy het voortgegaan om vir haar te skryf.
28 Februarie 2010
My liefde vir jou het gelê in jou bestendige aanwesigheid. As ek my rose gesnoei het, het ek geweet jy is iewers in die huis doenig. Ek kan enige tyd my snoeiskêr neersmyt en jou iewers in die huis doenig kry. Of ek kan iewers in die tuin vroetel, dan kom jy na my toe, met tee. As ek my papegaaie vertroetel het, het ek geweet jy is durend daar. Ek was vir die kleurryke voëls lief omdat ek vir jou saam met my vir hulle lief was.
Jy was en is my stokperdjie.
Soos ek geloop, gestaan, gelê of gewerk het in jou ononderbroke aanwesigheid, loop, lê, werk, slaap ek nou in die holte van jou afwesigheid. Jou leegte. Jou onvervulde holte. Jou nergens. Jou 0. “
Hambidge verwys na Cloete se kommunikasie met Anna as ’n bonatuurlike infra- of ultrakommunikasie. In die onderstaande gedig ervaar die leser iets hiervan; óók van ’n visuele versperring, strofes 4-7:
.
Anna
[…]
Ek herken jou voetstap in ʼn besige straat
in ons dorp van baie ver. Die beste het gebly.
Ek hoor jou stem sonder dat jy praat.
.
Kyk ek sonder jou, is daar skille
oor my diep oogkasse, ek
kyk sonder pupille.
.
Ek soek jou omtrek om my getrek,
ek soek jou in die appel van my oog.
.
Kyk ek na die melkweg, in die gras,
in die water, na die boog
van die aarde, altyd iewers is jy ingepas.
Uit die wit lig van my land gesny, 2010.
En hierdie vers, strofes 9-10:
.
Gratis 1
[…]
in die soet trekke wat ek op haar afwesige gesig wil pas
om haar afwesige liggaam wil kontoer na my sin
wat ek liefhet vul sy eiesinnig pynlik anders in
.
sy hou haar ver agter in my oë onsigbaar onuitwisbaar vas
.
Heilige nuuskierigheid, 2007
.
Verwysings
https://www.nytimes.com/2020/08/31/health/covid-masks-face-blindness.html?fbclid=IwAR2SU7d30HI5jZHgM_uET8dmZjeEtaNlFhHb2wMB9dNT3hVYnffge206dws
https://joanhambidge.blogspot.com/2017/01/tt-cloete-die-groot-misterie-van-twee.html?m=1&fbclid=IwAR2UQVInRueaDqQCcUYiSslgJnhjm1JtPwo3QMJVNfmIs7HqOAhLcvFA47U
https://www.litnet.co.za/tt-cloete-1924/?fbclid=IwAR1iZxjNYPGb-0_WzrXq_2D1hiAk7osqSuw1xX0wsj-R0XQIZRX03pbGM7A
Facebook: T.T. Cloete – Onthou
Tags: Anna van Zyl, Deep Nostalgia., Die groot misterie van twee vroue: Briewe aan Anna, gesigsblindheid, heilige nuuskierigheid, Joan Hambidge, MyHeritage, prosopagnosia, TT Cloete, Uit die wit lig van my land gesny Posted in Binneblik, Nini Bennett | 3 Kommentare »
Add this post to Del.icio.us - Digg
Friday, February 19th, 2021

Die jongste wêreldnuus aan die poësiefront is die 22-jarige Amanda Gorman se voordrag van haar gedig, “The hill we climb”, tydens die presidensiële inhuldiging van Joe Biden, die 46 ste president van die VSA op 20 Januarie 2021. Gorman het in haar hoedanigheid as poet laureate opgetree. Dié begaafde jong digter, ’n inwoner van Los Angeles, was in 2017 die nasionale jeug-poet laureate. Sy is tans ’n sosiologie-student aan die Harvard-universiteit. Gorman is tot op hede die jongste digter wie dié eer te beurt geval het. Demokrate soos John F. Kennedy, Bill Clinton en Barack Obama het ook poet laureates tydens hulle inhuldigingsplegtighede gehad. Gorman sluit, met haar 5-minute lange gedig, aan by haar ikoniese voorgangers soos Robert Frost, Maya Angelou en Elizabeth Alexander. Maar net twee weke voor hierdie historiese dag het gewelddadige Trump-ondersteuners die Capitol in Washington DC bestorm met vlae, pypbomme en galgtoue. In Gorman se gedig doen sy ’n oproep tot nasionale eenheid, besinning en verandering – met die troos dat Amerika se demokrasie wel seergekry het en tydelik “vertraag” is, maar steeds ’n baken van hoop is wat nooit sal verdwyn nie. Die waarderende tweets het onmiddellik ingestroom, onder meer van Oprah Winfrey, Michelle Obama, Hillary Clinton en die aktivis en politikus, Stacey Abrahams. Gorman se debuut, The one for whom food is not enough het in 2015 verskyn.
Tyd vlieg inderdaad, en ’n mens dink onwillekeurig aan die dag toe Donald Trump ingesweer is as president, op 20 Januarie 2017. Met dié verskil: Trump het nie ’n poet laureate gehuur nie. Nee, hierdie president het dae nadat hy sy amp aanvaar het, ’n liriek, “The snake”, tydens politieke byeenkomste voorgelees – dieselfde liriek wat hy (heel dreigend) tydens verkiesingsveldtogte gelees het. In sy nuuswekker vra Louis Esterhuizen, na analogie van ’n berig in The Atlantic, tereg waar die digters tydens Trump se inhuldigingseremonie was – en of die tradisie van poet laureates dan net ’n gebruik is wat Demokrate aanhang? https://versindaba.co.za/tag/presidensiele-inhuldiging/?fbclid=IwAR0_O_VNJcDeh58L4I4m6PpOG3BB4Su2V7fa9rzff63US5eK0OiT8SkCAEo
Wys Trump sy misnoeë met bestaande en gerespekteerde protokol só? Wel, dít is dalk lig gestel. Trump het net een (gunsteling) “gedig”, wat inderwaarheid ’n liriek is, genaamd “The snake”, soos reeds genoem. En die voormalige prez sélf het dit tot vervelens toe voorgelees. Die verdraaide vertolking van die liriek was ’n waarskuwing aan die burgery oor die gevare verbonde aan onwettige immigrante, maar die teks kan ook as metafoor van Trump se presidensie gelees word. Dit handel in kort oor ’n vrou wat ’n slang, wat buite verkluim, in haar huis inneem en versorg. Die slang pik dan sy weldoener met ’n dodelike gif. Die liriek is oorspronklik in 1968 deur Al Wilson geskryf, en volgens die burgerregte-aktivis, Oscar Brown dui die lied op die viering van die swart kultuur en gepaardgaande die verwerping van rassisme. Brown se (oorlewende) kinders het Trump gewaarsku om die liriek nie te te demoniseer nie, waarop Trump onderneem het om die voordrag daarvan te staak – maar hy het steeds voortgegaan.

Geen poet laureate vir Donald Trump nie: hy het gesorg dat hy die kollig opeis, hý alleen, op verskeie geleenthede. O, en het hy dit nie geniet om sy ‘bangmaakgedig’ te lees nie! Eers sal hy sy leesbril opsit, ernstig, outoritêr, en met groot fanfare begin lees terwyl hy huiwer voor die argaïese en fleurige taalgebruik in die liriek-vers. Mens kan sien hoe hy die naderende klimaks van die slangfabel geniet…met ’n donker, dramatiese stem stuur hy af op die selfverduidelikende kadens, en die gelaaide stilte ná die voorlesing laat die volle implikasie van die verradelike slang vir eers by sy luisteraars insink.
The snake
On her way to work one morning
Down the path alongside the lake
A tender-hearted woman saw a poor half-frozen snake
His pretty colored skin had been all frosted with the dew
“Oh well,” she cried, “I’ll take you in and I’ll take care of you”
“Take me in oh tender woman
Take me in, for heaven’s sake
Take me in oh tender woman,” sighed the snake
She wrapped him up all cozy in a curvature of silk
And then laid him by the fireside with some honey and some milk
Now she hurried home from work that night as soon as she arrived
She found that pretty snake she’d taken in had been revived
“Take me in, oh tender woman
Take me in, for heaven’s sake
Take me in oh tender woman,” sighed the snake
Now she clutched him to her bosom, “You’re so beautiful,” she cried
“But if I hadn’t brought you in by now you might have died”
Now she stroked his pretty skin and then she kissed and held him tight
But instead of saying thanks, that snake gave her a vicious bite
“Take me in, oh tender woman
Take me in, for heaven’s sake
Take me in oh tender woman,” sighed the snake
“I saved you,” cried that woman
“And you’ve bit me even, why?
You know your bite is poisonous and now I’m going to die”
“Oh shut up, silly woman,” said the reptile with a grin
“You knew damn well I was a snake before you took me in
”Take me in, oh tender woman
Take me in, for heaven’s sake
Take me in oh tender woman,“ sighed the snake
Joe Biden se gunsteling digters is van Ierse afkoms, waarskynlik omdat die president self van Ierse herkoms is. Hy het deur die jare by herhaling die Nobelpryswenner, Seamus Heaney, aangehaal, wat terloops ook Bill Clinton se gunsteling digter is. Heaney se werk leen hom wonderlik tot politieke toesprake, het Biden per geleentheid gesê.
History says
Don’t hope on this side of the grave
But then, once in a lifetime
The longed-for tidal wave
Of justice can rise up
And hope and history rhyme.
(Soos aangehaal uit Heaney se 1991-drama, The cure at Troy.)
Maar dit was egter William Butler Yeats se gedigte wat die jong Biden voor die spieël geresiteer het om van sy hakkelprobleem ontslae te raak – ’n raakpunt wat Amanda Gorman met Biden deel, want as kind het sy ook gesukkel met ’n spraakprobleem. As jy leer om bewus te raak van die uitspraak van woorde, raak jy ingestel op die fynere nuanses van klank; dit het my voorberei vir my rol as storieverteller en voordragkunstenaar, het die jong digter bevestig. Gorman se styl herinner aan die performance poetry ter plaatse, en na my mening kan die digter en die gedig tydens die presidensiële inhuldiging nie van mekaar geskei word nie. Die gedig kan ook as ’n soort kanonisering van performance poetry gesien word. Gorman se manier van lees/voordra is besonder ekspressief. Hier volg die volledige gedig:
The hill we climb
When day comes we ask ourselves,
where can we find light in this never-ending shade?
The loss we carry,
a sea we must wade
We’ve braved the belly of the beast
We’ve learned that quiet isn’t always peace
And the norms and notions
of what just is
Isn’t always just-ice
And yet the dawn is ours
before we knew it
Somehow we do it
Somehow we’ve weathered and witnessed
a nation that isn’t broken
but simply unfinished
We the successors of a country and a time
Where a skinny Black girl
descended from slaves and raised by a single mother
can dream of becoming president
only to find herself reciting for one
And yes we are far from polished
far from pristine
but that doesn’t mean we are
striving to form a union that is perfect
We are striving to forge a union with purpose
To compose a country committed to all cultures, colors, characters and
conditions of man
And so we lift our gazes not to what stands between us
but what stands before us
We close the divide because we know, to put our future first,
we must first put our differences aside
We lay down our arms
so we can reach out our arms
to one another
We seek harm to none and harmony for all
Let the globe, if nothing else, say this is true:
That even as we grieved, we grew
That even as we hurt, we hoped
That even as we tired, we tried
That we’ll forever be tied together, victorious
Not because we will never again know defeat
but because we will never again sow division
Scripture tells us to envision
that everyone shall sit under their own vine and fig tree
And no one shall make them afraid
If we’re to live up to our own time
Then victory won’t lie in the blade
But in all the bridges we’ve made
That is the promise to glade
The hill we climb
If only we dare
It’s because being American is more than a pride we inherit,
it’s the past we step into
and how we repair it
We’ve seen a force that would shatter our nation
rather than share it
Would destroy our country if it meant delaying democracy
And this effort very nearly succeeded
But while democracy can be periodically delayed
it can never be permanently defeated
In this truth
in this faith we trust
For while we have our eyes on the future
history has its eyes on us
This is the era of just redemption
We feared at its inception
We did not feel prepared to be the heirs
of such a terrifying hour
but within it we found the power
to author a new chapter
To offer hope and laughter to ourselves
So while once we asked,
how could we possibly prevail over catastrophe?
Now we assert
How could catastrophe possibly prevail over us?
We will not march back to what was
but move to what shall be
A country that is bruised but whole,
benevolent but bold,
fierce and free
We will not be turned around
or interrupted by intimidation
because we know our inaction and inertia
will be the inheritance of the next generation
Our blunders become their burdens
But one thing is certain:
If we merge mercy with might,
and might with right,
then love becomes our legacy
and change our children’s birthright
So let us leave behind a country
better than the one we were left with
Every breath from my bronze-pounded chest,
we will raise this wounded world into a wondrous one
We will rise from the gold-limbed hills of the west,
we will rise from the windswept northeast
where our forefathers first realized revolution
We will rise from the lake-rimmed cities of the midwestern states,
we will rise from the sunbaked south
We will rebuild, reconcile and recover
and every known nook of our nation and
every corner called our country,
our people diverse and beautiful will emerge,
battered and beautiful
When day comes we step out of the shade,
aflame and unafraid
The new dawn blooms as we free it
For there is always light,
if only we’re brave enough to see it
If only we’re brave enough to be it
Die presidensiële inhuldiging met die versoenende tema “America united” was ’n rasende sukses. Die navrae het dadelik ingestroom: wanneer, en waar is Gorman se werk te koop? Binne dae het Gorman se prenteboek, The change we sing asook die bundel, The hill we climb, wat September vanjaar verwag word, na die boonste twee plekke op Amazon.com opgeskuif. En ja: Die jong digter is ambisieus – sy het in ’n onderhoud met die New York Times genoem dat sy in 2036 gaan terug wees as presidensiële kandidaat.
Verwysings
https://www.townandcountrymag.com/society/politics/a35253095/joe-biden-seamus-heaney-irish-poet/?fbclid=IwAR02Qtc2bLSNXopd5Cal1jegCEpiiCZhlkjat8xpHM5ZgEgrgn2VIhPIFsY
https://www.irishpost.com/news/donald-trump-recites-controversial-poem-the-snake-during-rally-196725?fbclid=IwAR2zGhmKCdFxHNqJB0wpmek0ANIf4K9ANH5-itaGTAFErgplt89ce8AJ9u8
https://edition.cnn.com/2021/01/20/politics/amanda-gorman-inaugural-poem-transcript/index.html?fbclid=IwAR3UaLUUQ6zObm8GAL44T1j2QjkVXFOyH0HuEHHPrMdistTNyCjy4dQH5_w
Tags: Al Wilson, Amanda Gorman, Donald Trump, Elizabeth Alexander, Joe Biden, Maya Angelou, Oscar Brown., Robert Frost, Seamus Heaney, The hill we climb, The snake, William Butler Yeats Posted in Binneblik, Nini Bennett | Comments Off on Nini Bennett. Presidente en hulle poësie
Add this post to Del.icio.us - Digg
Thursday, August 27th, 2020

I wish I’d said…SO1E09
Dit is die nostalgie van stofstrate, donkiekarretjies en rieldanse. Die Noord-Kaap; die leefwêreld van Lynthia Julius.
“Ek is 25 jaar oud en ’n digter,” sê sy pront. Met die eerste ontmoeting danksy AVBOB se gewilde poësieprogram besef ek dadelik: hiér is ’n baie sensitiewe digter. Mens wil haar vasdruk, haar beskerm teen die aanslae van die lewe. Maar Lynthia het in haar jong lewe reeds haar kwota pyn en swaarkry leer ken. Eers was dit die ontwrigting toe hul gesin moes wegtrek van haar geliefde Springbok na ’n klein dorpie, Ritchie, 40 km suid van Kimberley. En dan was daar die selfdood van ’n vriendin; die diagnose van ’n stoornis by Lynthia waarmee sy moes leer saamleef…en ’n selfdoodpoging van haar moeder. “Ek was kaal in my kuns, ek was naak en eerlik,” vertel sy van haar AVBOB wengedig (2017). Lynthia het ontdek dat sy haar verdriet kon myn tot poësie.
Vir Al Jarreau
Allerliefste, ek stuur vir jou
’n please call me
want niemand sal ’n student wat broke is
blameer nie
my ma het selfmoord try pleeg
en ’n houer pille geword
nou maak die nikotien nie die duiwels stil nie
en wyn bring nie waarheid nader nie
en as jy bel stuur tog jou hande
en as jy kom bring tog jou hitte
nie jou mond nie
ek weet jou mond word stom oor goed wat breek is
bring jou arm en ’n been
jou bene dra my as my oë glas is
bel tog
kom tog
ek weet nie
ek weet nie
of sy orrait gaan wees nie
ooit weer godin sal wees nie
ek is bang.
ek is bang sy dood
ek is bang sy lewe en sy’s dood
bel tog
kom tog
ek het nie airtime nie.
“Ek het altyd soos ’n buitestaander gevoel,” vervolg sy. “Ek het gevoel ek is anders as ander mense.” Dit is hierdie einste buitestaanderskap wat bygedra het tot die vorming van Lynthia se digterskap – en die kuns om fyn waar te neem. Die aanpassing as student aan die Noordwes-Universiteit het egter sy eie uitdagings gebied en sy het terugverlang huis toe. Springbok toe. Áltyd Springbok. Na legendes soos Oom Piet wat kitaar speel en vals sing met sy wyn by sy linkertekkie en ’n daggastompie by sy regtertekkie terwyl die braaivleisvure brand.
“Ek was moeg van die intellektualisme van goed / moeg van Celan en moeg van Chopin / moeg van Foucault, Mbembe, Nagel, Chomsky/ ek was moeg van die intellektualisme van goed / ek wou hardloop / die Noord-Kaap al in verby Griekwastad, Groblershoop, Upington, Keimoes / Kakamas, Pofadder, Aggeneys / ek wou hardloop tot in Mamma se huis / tot in die buitetoilet (…)”
Die narratief van die AVBOB Poësieprojek is dat daar vertroosting, genesing en hoop volg na die dood, of ná ’n pynlike, simboliese aflegging van iets kosbaar vir die digter. Verlies. En dít is met Lynthia ook die geval. Sy het die genesende krag van die woord leer ken. Nou kan sy lag oor die gedigte wat sy ingestuur het vir die AVBOB Poësiekompetisie: “Jy kry “we come bearing good news”, óf “we have carefully considered your poem”, dan weet jy jou gedig is nie aanvaar nie! Ek het ’n klómp gedigte ingestuur.”
Na afloop van die I wish I’d said-program het my gedagtes bly terugdwaal na daardie fyn nuanses tussen woord en beeld wat vir kyker verborge bly. Ek wou meer oor Lynthia uitvind en het besluit om haar te kontak vir ’n gesprek.
NB: Lynthia, 2020 is ’n bedrywige jaar vir jou as digter. Eers het jou debuutbundel, Uit die Kroes die lig gesien – baie geluk daarmee! – en toe verskyn jy as een van die gekose digters op I wish I’d said. Jy vertel in die program van die blootstelling wat jy geniet, maar ook van die dualisme dat jy eintlik vir jouself, en nie vir ’n gehoor wil skryf nie – maar in dieselfde asem noem jy dat jy besef jou stem móét gehoor word. Vertel asseblief meer.
LJ: Ek sukkel om gewoond te raak aan die blootstelling. Die I wish I’d said-program is in 2018 geskiet en toe het ek nog nie ’n clue gehad oor wat nog gaan kom nie. Daar’s ’n liedjie, “Dear old Nicki”, van Nicki Minaj (wat ek baie lief voor is) waar sy met haarself praat. Sy sê vir haar ou self “I live the life now that we would day dream.” Ek sou graag as twaalfjarige Lynthia wou hoor dat my melancholie nie my skuld is nie, dat depressie soos enige ander siekte is en daar hulp is. As ek nou kan ’n depressiewe kind help sal dit mos baie selfsugtig wees om te swyg.
NB: Jy verwys na ’n onstellende diagnose, ’n geestesstoornis, waarmee jy moet saamleef. As mens kyk na die biografiese geskiedenis van sommige skrywers, skilders en komponiste, dan blyk dit dat stoornisse soos byvoorbeeld depressie of bipolariteit ironies ook hulle “voordele” gehad het as dit kom by die skeppingsproses. Melancholie is onder meer die katalisator van skeppende idees, ensovoort. Wat is jou siening of belewenis hiervan?
LJ: Melancholie is die katalisator. Ek stem met dit saam, maar ai, hoe onregverdig is dit dat dit die prys van kuns moet wees. Ek lees laas ’n aanhaling raak wat lui, “You write so beautifully – the inside of your mind must be a terrible place.” Dit het my hartseer gemaak oor dit so waar is. Ek praat nou die dag met my vriend Douglas Reid Skinner die storie van die kunste wat uit soveel seer uit kom. Hoe sal ons maak? Vat, maar jou goijna (puch) vat en baie water drink.
NB: Jy noem dat jy spyt is dat jy nie volledig in Nama gedigte kan skryf nie, en die taal baie graag wil aanleer. As jy jou drome rakende die oordrag en uitbou van die taal vrye teuels kon gee, wat sou dit wees? Wat se projekte? Vertel ons asseblief, sonder énige beletsel op jou drome.
LJ: ’n Kunsskool. ’n Kunsskool in Namakwaland. Ons van die Noord-Kaap moet gedurig plekke soos Joburg of die Kaap toe gaan om diep in die kunste te gaan. Ons het nie eers ’n kunstefees nie en hier is soveel talent en ons het soveel om te bied.
NB: I wish I’d said…SO1EO9 is ’n aangrypende program en dit vang die essensie van die digter, Lynthia Julius, treffend vas. Vertel ons van jou belewenis van die verfilming van die produksie. Enige hoogte- of laagtepunte?
LJ: Dit was lank. Ons het die Vrydag en Saterdag geskiet. Justin Strydom, wat die onderhoud met my gevoer het, was fantasties. Hy’t my op my gemak laat voel en ek het dit baie geniet, maar hier namiddag toe skop die moeg in en ons moet nog skiet. Dit was uitdagend. Ek weet nie hoe akteurs dit uithou nie. Ek het nooit beplan om oor Ritchie te praat nie. Ek het dit nie eens as iets gesien wat ’n belangrike rol in my lewe gespeel het nie. Toe my ma begin praat van hoe ek ontwortel was (sy het nooit voorheen daaroor gepraat nie), het ek eenkant gesit en begin huil. Ek het eers met die verfilming rêrig besef wat die trek Ritchie toe aan my gedoen het. Ek het dit al die jare net uitgeblok en nie daaroor gepraat nie. Dit was ’n eye opener.
NB: Temas wat sentraal staan in die werk van bruin digters, is die heling van (heterogene) identiteite. Waarom dink jy is poësie so kragtige medium in die uitdrukking en genesing van hierdie identiteite?
LJ: Ek dink nie mens moet ’n sekere tema as sentraal sien bloot oor die groep digters dieselfde ras het nie. Ek het altyd gehoor daar word gepraat oor digters in Afrikaanse poësie, maar in dieselfde asem word daar gepraat van ‘bruin digters.’ Ek het ’n broertjie dood daaraan. Ek hoor al hoe meer en lees al hoe meer raak dat ek ’n jong bruin digter is, of ’n jong bruin stem is. Niemand plaas die term ‘wit’ voor digters wanneer daar oor digters van my ouderdom geskryf word wat nie bruin is nie. Ek is baie huiwerig om vrae te beantwoord waar daar van bruin skrywers gepraat word.
En die wenner is…
Die groot dag het uiteindelik aangebreek: Op 6 Augustus het AVBOB hulle poësiepryswenners vir 2020 is tydens ’n aanlyn galageleentheid bekend gemaak. Maretha Maartens het weggestap met die eerste prys, ’n bedrag ter waarde van R10 000 en ’n boekgeskenkbewys van R2 500. Tydens hierdie spoggeleentheid is die AVBOB Poësie-bloemlesing, volume 3, ook bekendgestel. Op ’n AVBOB Poësieblog word die belangrikheid van dié projek onderstreep: “Met die vierde kompetisie wat op 1 Augustus geloods is, sou ’n mens weliswaar kon redeneer dat die projek as ’n nasionale juweel beskou moet word – ’n kernbelangrike argief wat ons kultuur getrou boekstaaf, en ’n sosiale hulpbron wat mense in staat stel om hul emosies te verwoord en uitdrukking te gee aan hul waarhede op maniere wat nie in die gewone daaglikse handel en wandel moontlik is nie.”
Vir meer inligting besoek www.avbobpoetry.co.za
Verwysing:
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=3414610435269516&id=100001617786153
Saturday, July 25th, 2020

A brother may not be a friend, but a friend will always be a brother. – Thomas Jefferson
Ek besoek sy laaste plasings. Dit is die Facebook-blad van die skrywer, Jaco Botha, wat in 2016 oorlede is. Ek bevind my in die digitale nalewe. Ek kyk na die flikkerende pikselbeelde, tot lewe gewek deur algoritmes en bloot ’n simulasie van dít wat was. Die bodemlose skerm is ’n heelal waarin alles beskryf, maar niks verstaan kan word nie. Met die koms van inligtingstegnologie is alles nóg lewend, nóg dood.
Daar is diegene wat onkundig is oor Jaco se afsterwe: Hulle wens hom geluk met sy verjaardag. Hy word gemerk in Spotify-plasings, of vir ’n virtuele aansit by ’n gunsteling-restaurant. Die lewe gaan voort. Maar dis die laaste plasing – die een heel bo aan die Facebook-blad – wat my aandag trek: Tom Dreyer is with Jaco Botha and 6 others. I wish I’d said…SO1E05.
Daar is drie soorte dood, skryf David Eagleman in sy versameling essays oor die mitologisering van die nalewe. Die eerste dood is wanneer die liggaam, die menslike masjien, afskakel. Die tweede dood is wanneer daar afskeid geneem word van die liggaam, die teraardebestelling of die verassing. En die derde dood is daardie onbepaalde oomblik iewers in die toekoms wanneer jou naam vir die laaste maal genoem word.
Afrikaanse poësielesers was in beroering oor Tom Dreyer se AVBOB wengedig (2019), “Slaap jy solank, dan hou ek die fort.” Jaco, oftewel Tien, het een ’n noodlottige dag in Oktober 2016 sy eie lewe geneem. Sy bynaam was Tien, omdat hy met net tien persent sig gebore is maar ten spyte van sy swaksiendheid ’n vervulde lewe gelei het. Nee, die derde dood het nooit vir Jaco aangebreek nie. Hy is verewig in Tom se elegiese vers. Anders gestel: Tom en Jaco sal altyd sinoniem wees met dié AVBOB wengedig. Want ’n digter, die magiër van ouds het die gawe om hulle geliefdes wat hul voorgegaan het, se lewe en nalatenskap lewend te hou.
In die negentigerjare het my paaie ook die van Tom en Jaco s’n gekruis. Jaco was die eerste MA-student in skeppende skryfkuns in die land, en het in 1999 hierdie graad met lof onder leiding van Etienne van Heerden verwerf. Daarna het Tom en ek gevolg. Ons was al drie wenners van die M-Net-beurs vir skeppende skryfwerk. En ons het al drie blinkoog uitgesien na ons publikasies wat sou spruit uit ons onderskeie MA-verhandelings. Met my eerste ontmoeting met prof van Heerden het hy gespog met sy studente: Ek kan nie voorbly om vir Tom papier te stuur nie, het hy geglimlag, terwyl hy lof gehad het vir Jaco se gestroopte skryfstyl.
I wish I’d said…SO1E05
Tom Dreyer is gebore op Parow, die jongste van vier kinders. “Ek was die nar in die gesin,” lag hy. Sy wilde hare herinner aan Beethoven. Hy vertel van sy kinderjare, hoe sy ouers die grondslag in die vorming van hul onafhanklike denke gevorm het. “Ons is aangemoedig om vir onsself te dink. Daar was baie debatte in die huis,” vervolg hy. Geen wonder dat Tom hom op skool tuis gevoel het by die nerds en die jocks nie. Die skrywer praat vinnig, val homself in die rede. Die teken van ’n intellektuele gimnas, dink ek.
Hy lag weer, die keer oor die gewraakte oproepinstruksie om Upington toe te gaan om aan te meld vir nasionele diensplig. Daar was kadette op skool en uniformdraers het oral die septer geswaai. Dit was die 80’s, die Bosoorlog, en hý wat Tom is het dit nie vrygespring nie. En dan vertel hy van daardie keer toe hy in Tygerberg-hospitaal opgeneem is vir depressie en hoe sy pa, met trane op sy wange, deur die hospitaal se parkeerterrein bly ry het. Tog; in retrospeksie was dit alles vormende faktore wat tot Tom se belowende en latere suksesvolle loopbaan as skrywer en digter sou lei. Die kamera zoem in op die romans wat reeds uit sy pen verskyn het: Erdvarkfontein, Stinkafrikaners, Equatoria, Dorado, en die bundel kortverhale, Polaroid. Sy werk is onder meer bekroon met die Eugène Marais-prys vir Letterkunde.
Hy vertel van die aanvanklike invloed van Taratino op sy werk – die viering van die oppervlak, noem hy dit, ’n soort hipervisualiteit, ’n gulsige en gejaagde verbruikerskultuur. En die estetika van geweld. Ek het Erdvarkfontein in die 90’s gelees en onthou die gewelddadige tonele se aanbod as komies en hoogs vermaaklik. Oorspronklike en verfrissende skryfwerk, inderdaad.
En dan is daar Jaco Botha, Tom se skrywersvriend. “Jaco was Tom se skrywersbroer,” herinner Tom se lewensmaat, Vasti, hom. Want Jaco was immers die subjek van Tom se wengedig.
“Aanvanklik het ek gedink Jaco is bietjie van ’n poephol,” en hy lag weer. Dan, op ’n ernstiger noot: “Jaco was kompleks. Kwasterig en charismaties.”
Ons was boemelaars,” spot hy oor hulle vervloë studentedae en voeg nostalgies by: “Die wêreld met sy vreemdheid en malheid het oor ons gespoel.”
Dan volg ’n insetsel van Jaco, besig om kitaar te speel en te sing:
Sê my was daar nog ’n blommetjie
sê my was daar nog ’n roos

“Jaco het ’n rare blik op die lewe gehad. Hy kon dinge distilleer…hy was soos ’n Afrikaanse Raymond Carver.” ’n Baie akkurate taksering van hierdie skrywer se oeuvre, dink ek, en Jaco se rasperstem sing weer:
en waar’s die liefde,
die liefde, vanaand
Jaco se dood was ’n geweldige skok. Daar was nog so baie wat hierdie twee vriende saam wou doen: projekte, soos om tydens ’n road trip stories oor die Karoo te skryf. “En nou is alles so abrup verby. So onwerklik.”
sê my waar’s daar nog ’n skuilplek
en sê my waar’s daar nog troos
Sommige herinneringe is bittersoet. Daar is die boek, steeds in manuskripvorm, wat Tom en Jaco saam geskryf het: Skuins voor Armageddon, deur Roy Braxton.
“Roy Braxton is die commonste naam waaraan ons kon dink.” Weer die lag. Dan ernstig. Dit is die gevoel van leegheid, van die onvoltooidheid van hierdie hegte vriendskap wat die digter genoop het om troos te soek by die muses. “Die koerante…LitNet het my gevra om iets oor Jaco te skryf, maar ek kon nie. Die gedig was ’n knoop in tyd.”
Die gedig het ontstaan toe Tom en Jaco se gesamentlike vriendekring nog rou was ná hul vriend dood. En dit was die katarsis van nagelate woorde wat uiteindelik heling vir almal sou bring.
.
Slaap jy solank, dan hou ek die fort
(vir jaco botha 17 sep 1972 – 19 okt 2016)
.
beteuterd soos twee pienk kwitansies
pas ontvang vir twaalf kopieë
van ons m.a.-verhandelings
dwaal ek en jy na die middel-kampus
van uct platane platane en ’n flitsblik
van die see onthou jy hoe jy daai aand
in ons gehawende flat neffens de waal-park
mooitjies vir jou ’n sigaret uit jou kwitansie rol
sodat jy weer behoorlik kan asemhaal?
.
onthou jy die nag toe ons bo enigiets op aarde
die more wou sien breek oor magersfontein?
met die wegtrek het jy nonstop gepraat
oor die verskille tussen fisante en patryse,
maar skuins ná drie was die maan kil
oor clanwilliam se water die more ver
patryse net so stom soos fisante ons was koud
en moerig individueel maar meestal vir mekaar
.
ek sien jou oplaas op die gewel van jou kothuis staan
en botweg weier om af te kom ek hoor jou kla dis
gevaarlik daaronder en ek weet wat jy bedoel nes daai
aand by die kknk toe jou trane so vryelik soos gemorste
whisky op die kroegtoonbank spat, en jy sê: kom ons gaan
slaap eerder, tom, dan is ons ten minste nie meer wakker nie.
ek verstaan my tjom my tjom slaap jy solank want die nag
is lank en die son sal basically forever oor magersfontein verrys
.
intussen sal ek nog vir ’n rukkie dié kant die fort probeer hou
solank ek nog onthou solank ek nog onthou solank ek
onthou kan jy met ’n halwe glimlag op jou gewel blý
staan: wagtend op daardie onverstaanbare golf wat toe
meer verwoestend as enige woord oor jou sou breek
.
Hoe het Tom die produksie en verfilming van AVBOB se gewilde poësieprogram, I wish I’d said, ervaar?
“Die verfilming het oor twee dae gestrek. Ons het die vorige dag teruggekom van België en die katte was oorstelp – hulle het op my skoot gespring en teen die kamera opgeklim. Hulle wou ook op die program verskyn,” lag hy. En vertel van die begeleidende verse wat hy geskryf het vir die kunstenaar, Liza Grobler se Everard Read-uitstalling wat op dag twee van die verfilming gehou is. “Justin Strydom en sy kameraspan het alles ongelooflik professioneel hanteer.”
Tom Dreyer is ’n geliefde en bekroonde prosateur, maar sy lesers – en die literêre landskap – sien reikhalsend uit na sy digdebuut.
Onthou om Saterdaemiddae om 14:00 op SABC 2 in te skakel vir I wish I’d said. Nóg ’n ligpunt in hierdie onseker tyd van Covid-19 is dat die AVBOB Poësiekompetisie weer op 1 Augustus vanjaar afskop. So, as jy nog nie ’n profiel geskep het nie, of gedigte wil instuur, besoek die AVBOB Poetry Facebookblad of www.avbobpoetry.co.za vir meer inligting.
Verwysing:
www.avbobpoetry.co.za.
Thursday, July 2nd, 2020

1.
Op 6 Junie vanjaar het die meertalige AVBOB Poësiereeks, I wish I’d said, afgeskop. 13 digters, 11 tale, 30 dorpe en stede en 11 000 km dwarsoor Suid-Afrika – die reeks vertoon op SABC 2 elke Saterdagmiddag tussen 14:00 – 14:30, en bestaan uit 13 episodes. Die digters bied elk ’n intieme binnekyk op hul lewens en digterskap; hulle grootwordjare…en dít wat hulle inspireer om te dig. Dit is die egtheid van die reeks wat opval. Die digters gesels – heel outentiek – in hulle onderskeie moedertale en die anderstalige kykers kan die programme volg via die Engelse onderskrifte. En, vir diegene wat hierdie kleinodes misloop word daar na afloop van elke program ’n YouTube-skakel beskikbaar gestel.
Digters is tradisioneel die profete, lofsangers, trabadoers en genesers van ’n samelewing, maar hulle nie sal huiwer om sosiale kritiek te lewer indien nodig nie. Deels dokumentêr, deels reis en deels ontdekking: In vanjaar se I wish I’d said maak die kyker kennis met ’n werker by ’n kragsentrale, ’n Swazi-prinses, ’n hoenderboer en ’n universiteitsdosent, om enkeles te noem. Poësie en storievertel loop immers hand aan hand en verhale uit die omgewing van Verdwaal en Ficksburg, Gemsbokspruit en Ga Matlala kry gestalte as die vorige AVBOB Pryswenners hulle harte teenoor kykers oopmaak. Elke program is ’n digterlike reis in eie reg.
Sedert die aankondiging van die AVBOB Poësiekompetisie op Mandeladag 2017, is daar reeds oor die 80 000 gedigte ontvang waarvan 10 000 op AVBOB se Poësiewebtuiste gepubliseer is. 2019 se Ek wou nog sê…-reeks het gefokus op Afrikaanse digters, terwyl vanjaar s’n ’n polifoniese klank het. Poësie – in al elf landstale – reik egter duskant geografiese of kulturele versperrings en die reeks verenig ons ryke diversiteit in ’n kollektiewe mosaïek van verlies, liefde en genesing.
2.
I wish I’d said…SO1E01
We are born of the same black womb
We originate from one bone and feed from one bowl
– Tieho Mkhendane
In Komati, ’n uur se ry vanaf Middelburg, kom ons die 2017-Sotho AVBOB Pryswenner teë. Tieho Mkhendane is ’n algemene werker by die plaaslike kragsentrale. Hy is ‘n sensitiewe man en praat sag; vertel van sy kinderjare wat hy as ‘normaal’ (nie goed nie en nie sleg nie) beskryf. Twee van sy sibbe het jonk gesterf en hy het sonder ’n pa grootgeword. “My moeder het haar swaarkry vir ons weggesteek,” sê hy peinsend. “Sy het half ses soggens van die huis vertrek en saans sesuur teruggekeer.” Tog; ten spyte van armoede en uitdagings is Tieho dankbaar dat hy ’n goeie opvoeding gehad het. “My moeder se gebede het my saans aan die slaap gesus. En as ek soggens wakker geword het, het sy steeds gebid. Haar gebede was my alarm.” Die kamera toon ’n vrou se hand wat herhaaldelik deur ’n Bybel blaai. Tieho se moeder se geloof sou later ook sý rigtingwyser word.
Die digter se gesig helder op wanneer hy van sy ouma vertel. Skoolvakansies was die hoogtepunt as die uitgebreide familie se kinders by nkgono gaan kuier, dan het sy die lekkerste kos gekook en daar was selfs genoeg vir ‘n tweede opskep ook! Vir ’n oomblik sien die kyker iets van Tieho se edel en onbedorwe karakter, en kyk verder, knop in die keel. Dit was egter met sy ouma se afsterwe dat Tieho sy passie vir poësie ontdek het. “Skryf ’n treurdig,” het Mampone, soos hy teer na sy moeder verwys het, voorgestel. “Wat is ’n treurdig?” wou die seun weet. En sy het verduidelik dat hy al die hartseer wat hy in hom opkrop, op papier moet neerpen.
Die lig het vir die jong digter opgegaan, want hy het immers gereeld poësie gelees. “Almal in die kerk was aangedaan en het gehuil toe ek my gedig voordra. My moeder het aanvanklik nie geglo dat ek dit sélf geskryf het nie!” voeg hy trots by. Ná die skryf van sy ouma se begrafnisvers het Tieho ’n merkbare emosionele verligting ervaar, en besef dat die weg van poësie in die toekoms inderdaad een van ontlading sou wees. Dat hy ook die seer namens ánder kon verwoord, en so genesing vir talle van sy lesers sou bring.
Die program berig oor Tieho se jeugjare in Masaleng-laerskool en die gelyknamige hoërskool tot op Wits se studentekampus, waar hy as jong student Politieke Wetenskap wou studeer. Maar dit was nie die loopbaankeuse wat hy in gedagte gehad het nie: Tieho het homself op nóg ‘n kruispad bevind – en besluit om ’n priester te word. En die jongman het vertrek na Vrede, na die kweekskool om die nodige opleiding te kry.
Maar ook hier, op Vrede, het Tieho ironies genoeg nie sy vrede gevind nie. Hy kyk reguit in die kamera en bieg, doodmenslik: “’n Rooms-katolieke priester mag nie vrouvat nie. En ek kan nie sonder ’n vrou leef nie.”
Terug op Ficksburg het Tieho die liefde van sy lewe ontmoet en getrou. Sy droom om gesinsman te word, is bewaarheid. Maar die verlange bly altyd dié digter se deelgenoot… as gevolg van werksverpligtinge sien hy sy gesin net een maal ’n maand.
Hoe het die plaaslike gemeenskap Tieho se digtalent raakgesien?
’n Vriend vertel hoe Tieho ’n gedig voorgedra het tydens ’n Kaizer Chiefs- en Pirates-wedstryd. “Ek het net hierdie wondermooie stem in die agtergrond gehoor, maar sou nooit kon droom dat dit Tieho se gedig is nie…”
Dit was toe die dood vir die derde maal aan Tieho se deur kom klop, dat hy trefseker geweet het wat sy roeping in die lewe is: Hy moes sy digterskap uitleef; dit uitdra na ander sodat die bloeigrond van sy eie verdriet ook vir hulle genesing sou bring.
Wie was dit? Wie het die dood kom haal? Die digter laat sak sy kop. ’n Aar bult op sy voorkop en sy pyn is tasbaar. Mampone. Sy geliefde moeder is op 29 Desember 2016 onverwags aan ’n asma-aanval oorlede. “Sy het geweet sy gaan dood,” sê hy moeisaam. “My kinders,” was haar laaste woorde toe sy twaalfuur die nag almal byeen geroep het. “Sy het vroeër die dag al ons wasgoed gedoen.” Die kamera toon ’n paar wasgoedpenne wat verwese aan ’n kaal wasgoedlyn bly dobber. En weer tref dit my: I wish I’d said se beeldmateriaal beweeg soos vloeibare poësie self – danksy die direkteur van fotografie, Phumelani Mdlalose en sy span wat die kinematografie behartig het.
Vir die soveelste maal vee Tieho die trane weg. “My moeder het bevestig dat ek ’n digter is. Ek het nie die kwalifikasies nie, maar in my hart weet ek ek is ’n egte digter, een in murg en been.”
Dan helder sy gedig op en hy vertel van die AVBOB Poësieprys wat sy lewe onherroeplik verander het. Afgesien van ’n welkome kontantbedrag, is dit die digkunsreuse en mentors wat deurlopend in sy talent belê met raad en leiding. Tieho is ook die trotse eienaar van ’n Facebook-digblad, genaamd “Mohloding oa Lethabo”, waar hy oor bykans enige onderwerp dig.
3.
Vanjaar, met die uitbraak van Covid-19, is die AVBOB Poësieprojek meer relevant as ooit. Ons almal staar dood en verlies in die gesig; al is dit dalk nie dood in die letterlike sin van die woord nie, is dit waarkynlik ekonomies. Of metafories. Suid-Afrika treur, en gewone mense, ontluikende digters en lesers uit alle strata van die samelewing sal opnuut die transformerende krag van poësie ontdek. Ten spyte van die verdelende magspolitiek van politici, is die boodskap van dié projek dieselfde: dit is ’n oproep na eenheid en genesing. Daar is hoop en daar ís lewe na die dood.
Hier volg die volledige programskedule:
Episode 1: Tieho Mkhendane (2017 AVBOB Poetry Prize Sesotho)
Episode 2: Nokukhanya Mahlalela (2018 AVBOB Poetry Prize Siswati)
Episode 3: Kutsi Emmanuel Lindinkosi Mpanza (2017 AVBOB Poetry Prize isiZulu)
Episode 4: Kgabo Sebatjane (2018 AVBOB Poetry Prize Sepedi)
Episode 5: Tom Dreyer (2018 AVBOB Poetry Prize Afrikaans)
Episode 6: Nthabiseng Cujane (2017 AVBOB Poetry Prize Setswana)
Episode 7: Kedibone Mphethi (2019 AVBOB ‘What if, South Africa’ Prize English)
Episode 8: Patrick Khosa (2018 AVBOB Poetry Prize Xitsonga)
Episode 9: Lynthia Julius (2017 AVBOB Poetry Prize Afrikaans)
Episode 10: Mfana Solomon Skhosana (2018 AVBOB Poetry Prize isiNdebele)
Episode 11: Simphiwe Nolutshungu (2018 AVBOB Poetry Prize isiXhosa)
Episode 12: Caroline F Archer (2017 AVBOB Poetry Prize English)
Episode 13: Maṱodzi Magoro (2018 AVBOB Poetry Prize Tshivenda)
Die AVBOB Poësiekompetisie skop vanjaar af op 1 Augustus en sluit op 30 November. Die wenners van die 2019 AVBOB Poësiekompetisie word in Augustus aangekondig. Vir meer inligting besoek die AVBOB Poetry Facebookblad of www.avbobpoetry.co.za.
Verwysings:
www.avbobpoetry.co.za.
https://www.avbobpoetry.co.za/Blog/View/42
|
|