![]() Celesté Fritze is ’n skrywer en taalpraktisyn van Pretoria. Van 1981 af tot 1994 is sy redigeerder en vertaler by die stadsraad van Pretoria en die departement van onderwys en opleiding. Van 1995 af tot en met haar vroeë aftrede in 2006 is sy hoof van taaldienste by die Tshwane metro. Sy lewer onder meer taalbeleid- en taalbeplanningsreferate by taalkonferensies. Vanweë haar kantoor se bydrae tot die bedryf ken die Pan‑Suid‑Afrikaanse Taalraad in 2005 ’n veeltaligheidsmedalje aan Tshwane toe. Sedert April 2006 werk sy uit haar tuiskantoor as skrywer, vertaler, redigeerder, proefleser en taalkonsultant vir kliënte soos uitgewers, korporatiewe instansies, ambassades, plaaslike owerhede, taalagentskappe, universiteite en privaat individue. Fritze se debuutroman, Verlorenkop, verskyn in 2016 by Queillerie (NB Uitgewers) en haal die kortlys van die Huisgenoot Tempo‑toekenning (kategorie beste Afrikaanse boek van die jaar 2016; die ATKV‑prosaprys 2017; die Jan Rabie Rapport‑prys (debuutwerk, fiksie 2017; en die South Arican Literary Award 2018 (kategorie “First-time published Author Award”). Verdeelde stand | Divided Stance (2022) is die skrywer se debuutdigbundel. |