Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-M)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Francois de Jongh

Francois de Jongh

Francois de Jongh is gebore te Kakamas 14/03/51. Hy matrikuleer in 1968 aan Paul Roos Gimnasium en voltooi sy BA SOD aan die Universiteit Stellenbosch in 1973.

Hy gee onderwys in Villiersdorp en verskeie plattelandse Karoo-dorpe en tree uit as Departementshoof by Worcester Gimnasium 1996. Hy werk ook as poësie redakteur van Graffier (Nasionale literêre tydskrif vir jong skrywers(1979-82).

De Jongh verlaat die onderwys in Desember 1996 en vestig in Gansbaai as eienaar/uitgewer/redakteur van Gansbaai Courant. In 2008 word hy bekroon met die Sanlamgemeenskapsperstoekenning as die wenner in die afdeling Kontreinuus. In 2016 verkoop hy Gansbaai Courant na 20 jaar.

Hy woon tans in Sedgefield.

Van De Jongh se werk word in Standpunte (mondstuk van Afrikaanse skrywersgilde) gepubliseer en hy debuteer in 1982 met die digbundel Klipsweet (Perskor).

Van sy gedigte is ook ingesluit in die versamelbundel Groen (1990), DJ Opperman se Groot Verseboek en Andre P Brink se Groot Verseboek 2000. Hy skryf ook die lirieke vir Worcester Gimnasium se skoollied (1994). Sy nuutste digbundel, Konglomeraat (Naledi) verskyn in 2019.

In 2021 stel De Jongh saam met Daniël Hugo die pandemie bloemlesing, Maskers en Mure (Turksvy 2021) saam.

 

Ontmasker

 

covid 19 chemo 20

vir my ingebondel

in een jaar

ingeperk vergif

hou die bees

in sy kraal

 

‘n kudde hol wild

as versperrings faal

vrees uit oë straal

vlug vir identiteitsroof

die merk van die bees

 

òf is antidote

Gods ontferming

 

2 Januarie 2021

© Francois de Jongh

 

 

Betowering

Sedgefield

 

vleiloerie lowerroep

verras met borrelende

kaskadewaternote

in die strandmeerkom

tussen twee oeroue

versteende duine

 

dié hoogste bewoud

met lang witgestamde

regop bloekombome

en klossies loof

op kroontakke

waarbo arende

rustig kolksweef

 

maar vleiloerie

se wiegeliedjie

sus voëlkuikens

in hul nes

en skeurbekvreet

nes die arend

aan sy prooi

 

© Francois de Jongh, 31 Julie 2020

 

 

Nuwe Normaal

  ‘n Puntdig

 

wat was is

steeds

maar met ekstra

hoek en sinker

gelood

in vrees

die dood

van vlees

 

omgewingsvreemd

agter lapmaskers

bo-oor dit

wat reeds

vermom is

 

 

© Francois de Jongh, 14.08/20

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window)
  • Click to share on Twitter (Opens in new window)

Meeste gelees

  • Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!
  • Resensie: "Plunder" (Antjie Krog)
  • Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
  • Resensie: "Grondstof" (Helena Ewert)
  • Bester Meyer. Water bind my aan jou naam

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Om ʼn stad te verbeel(d)
  • Digtersprofiel: Jolyn Phillips
  • Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek
  • Nuwe Bundel. Kobus Lombard: Sandskrif
  • Piet van Rooyen. Om met oorleg te dig

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Nini, ek het jou skrywe met aandag gelees en begryp nie waarom daar so 'n storm losgebars het nie. Jy…

  2. Mart-Marié Uys on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Baie geluk met hierdie skrywe. Jy herinner mens weer wat die werklike verskil tussen lekemenings op Facebook en verantwoordbare resensies…

  3. Marlies Taljard on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die ergste is dat so baie van hierdie stokperdjie- en leunstoelkritici op die keurpanele van die belangrikste literêre pryse dien.…

  4. Mellet Moll on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die onbedoelde gevolg van die prys wat Crito ingestel het, is natuurlik die feit dat dit die skrywers van lesersindrukke…

  5. Dewald Koen on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Dankie vir 'n besonders insiggewende en interessante artikel, Nini.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2023 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon