Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Fransi Nieuwoudt

Fransi Nieuwoudt is in 1982 in Polokwane gebore. Sy verwerf Golden Key International Society-lidmaatskap (2002) en ’n honneurs-graad in Media Studies aan die Universiteit van die Vrystaat (2004).

Fransi is ’n simboliese kunstenaar. Sy neem reeds vanaf haar laerskooldae (1993) deel aan en verower talle pryse by kunsuitstallings en kunsfeeste. In 2001 word sy as die wenner bekroon by ’n Kovsies-digkompetisie en in 2005 ontvang sy ’n toekenning vir spesiale bydrae by die Aasvoëlklub in Bloemfontein.

Sedert 2009 verskyn van haar gedigte in verskeie versamelbundels. Sy debuteer in 2016 met die bundel ’n vlerkslag van kleur by Cordis Trust Publikasies. Die omslagontwerp van die bundel is gebaseer op een van haar eie kunswerke. Sy het ook die kleurplate binne die bundel geskep. Woord en beeld is vir haar ineengestrengel en sy gebruik dit as ’n wederkerige spel.


 

my lewe as ´n pi

 

asblikke kan nie sing nie

stenografeer jy in 40hzs

‘n universum van betekenis

omskryf ‘n mikrokosmos

waar slegs

die wind deur openinge waai

 

Gaia het nie lief nie

in selfontbranding

 

is ek

die wit spikkel

die polsende aandwydte

 

ek is

die vrou wat in omwenteling

‘n boonste mantel omhels

 

simboliek blinddoek

‘n spesie wat reeds binne-

toe blik

my volmaanklippies reën nie

ysige lig

in ’n donker landskap nie

en die elemente is

nie ‘n vlerkslag van kleur nie

 

maar ek is ‘n digter     miskien ontlont

brandende kerse

‘n chemiese verandering

en smelt hitte was

sonder

die uitkruip van langstert-salamanders

voete wat wortelskiet

die drink van esdoringsap

die uitskink van ’n seepampoentjie

 

tog sien jy ook

 

‘n boom die groenbruin

drup van mos

in ons skilpad

 

(Uit: ‘n Vlerkslag van kleur. Cordis Trust, 2016)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d