Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Martina Klopper

Martina Klopper is in 1976 gebore en het grootgeword op  Reitz in die Vrystaat. Sy matrikuleer aan die Bethlehem Voortrekker Hoërskool.  Sy het haar B.Mus-graad in 1999 behaal by die Universiteit van Pretoria. Sy voltooi in 2008 ‘n M.A.-graad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad.

Haar debuutbundel, “Nadoodse ondersoek” (2010), ontstaan hoofsaaklik uit die gedigte wat sy skryf vir haar M.A.

Van haar gedigte word in die versamelbundels Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte en Vers en vrou opgeneem.

Sy het begin werk as rekenaarprogrammeerder vir sowat vyf jaar lank, hoofsaaklik databasis-ontwerp. Sy werk tans as ‘n besigheidsanalis in die finansiële dienste-sektor en woon in Kaapstad.


 

Besoek

Poetry arrived in search of me – Pablo Neruda

 

Hierdie gedig besoek my soms,

ek wag geduldig op haar koms:

sy is jy.

 

Haar geraamte is ‘n leë woord,

‘n spook; sy droom van lyfkry:

sy is jy.

 

Maar sy vertoef nooit lank nie,

sy skrik as ek aan haar raak:

sy is jy.

 

©Martina Klopper (uit: Nadoodse ondersoek, 2010: Human & Rousseau)

 


 

Gebreekte triolet

 

Jy vind databasis-integriteit

in die juiste verhouding tussen ID’s;

as die primêre band breek sal

jy vind, databasis-integriteit

is verstoor; ons as databasisse

is almal so – bandeloos – want

jy vind databasis-integriteit

in die juiste verhouding tussen Id’s.

 

© Martina Klopper. Augustus 2010

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d