Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Tom Dreyer

Tom Dreyer is ’n skrywer asook die direkteur van ’n IT-maatskappy in Stellenbosch. Hy het ’n Honneursgraad in Engels van die Universiteit Stellenbosch en ’n MA in Skeppende Skryfwerk van die Universiteit van Kaapstad.

Sy romans sluit in Erdvarkfontein, Stinkafrikaners, Equatoria, The Long Wave en Dorado. Sy mees onlangse prosawerk, Kodachrome, het in 2022 verskyn. Stinkafrikaners is met die Eugene Marais-prys bekroon, en sy ander werk is onder meer gekortlys vir die M-Net prys, die Universiteit van Johannesburg Prys, die KykNet Rapport filmprys, Screencraft se International Cinematic Novel Competition en die Sunday Times Literary Award.

Van sy gedigte is opgeneem in Nuwe Stemme, Gerrit Komrij se bloemlesing Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte, Maskers en Mure en Die Skerpgevylde Oomblik. Hy was in 2019 die wenner van die Afrikaanse afdeling van AVBOB se nasionale poësiekompetisie. Sy debuutbundel, Nou in infrarooi, verskyn in Mei 2023 by Kwêla.


 

slaap jy solank, dan hou ek die fort

vir jaco botha (1972– 2016)

 

beteuterd soos twee pienk kwitansies

pas ontvang vir twaalf kopieë

van ons ma-verhandelings

dwaal ek en jy na die middel-kampus

van uct platane platane en ʼn flitsblik

van die see ek onthou hoe jy daai aand

in ons gehawende flat digby de waal-park

mooitjies ʼn sigaret uit jou kwitansie rol,

sodat jy weer behoorlik kan asemhaal

ek sien jou soms steeds dáár

te hyper om lekker te sit dalk daarom

deurlopend op soek na iets om aan te steek

of dood te druk of ʼn radio om aan te peuter

of failing all else ʼn liggaamsdeel om aan te krap

 

onthou jy die nag toe ons meer as enigiets

die more wou sien breek oor magersfontein?

met die wegtrek het jy nonstop gepraat

oor die verskille tussen fisante en patryse,

maar skuins ná drie was die maan kil

oor clanwilliam se water die more ver

patryse net so stom soos fisante

ons was koud en moerig

vir onsself maar meestal vir mekaar

 

onthou jy die week toe ons op rys en mayonnaise

oorleef het, of die keer toe ons die agtersitplekke

van my alfa uitgehaal het op soek na kleingeld

vir checkers se goedkoopste sigarette?

 

ek sien jou oplaas op die gewel van jou kothuis

staan en botweg weier om af te kom ek hoor jou kla

dis gevaarlik daaronder en ek weet wat jy bedoel

nes daai aand by die kknk toe jou trane soos whisky

op die kroegtoonbank spat, en jy sê: kom ons gaan slaap

eerder, tom, dan is ons ten minste nie meer wakker nie.

ek verstaan my tjom my tjom slaap jy solank want die nag

is lank en die son sal basically forever oor magersfontein verrys

intussen sal ek nog vir ʼn rukkie dié kant die fort probeer hou

solank ek nog onthou solank ek nog onthou solank

 


 

infanta

 

uit die geslotenheid van die boland

reis ek na infanta verby sir lowryspas grabouw

en riviersonderend waar ʼn coke-lorrie sy vrag

voor die carica superette verloor en voort via protem

en stormsvlei tot by cloeteskraal om daar af te trek

want dis vroegaand

en die vinke is onstuitbaar in die riete

 

hier word die wêreld môreoggend hergebore

maar tot dan toe staan dié bouval swart

en nougeset op sy fondasies

in ʼn nag wat strek soos ʼn pad tussen die berge

soos ʼn verposing of ʼn poort na daardie sterre

waardeur joerie gagarin vir die eerste keer kon flits

 

om 06:55 toe cloeteskraal se flinkste vinke roer

het hy die dag van bo af sien breek oor infanta

en kaap agulhas sy kompasnaald begoël

deur magnetiese steurings

 

om 08:05 verskyn hy

uit die son bo kazakhstan as glas en staal

en valskermsy aan aartappelplanters

soos aan skeerders van overbergse skape

 

en hy sê: moenie bang wees nie

ek is jul kameraad

ek het uit die ruimte neergedaal

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Natasha Harmse. Sikade
  • Stephan du Toit. Graaff-Reinet
  • Natasha Harmse. Die weefstoel
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Sanette Scheepers. Vrykoop

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d