Nuwe Bundels 2025
Ander digbundels in die jaartal:
2025, 2024, 2023, 2022, 2021, 2020, 2019, 2018, 2017, 2016 , 2015, 2014, 2013, 2012, 2011 & 2010
Indeks van Afrikaanse Poësiepublikasies: 2000 – 2012
Kyk ook na ander lyste op hierdie webtuiste. Resensies van digbundels verskyn gereeld.
De onburger
Breyten Breytenbach
Onmisbare bloemlezing van de monumentale Zuid-Afrikaanse dichter
EEN KEUZE UIT DE GEDICHTEN
Breyten Breytenbach is zonder twijfel een van de grootste Afrikaanse dichters van zijn generatie en misschien wel aller tijden. Hij overleed twee jaar geleden in Koppernik en nu een ruime bloemlezing uit van zijn indrukwekkende en fascinerende poëzieoeuvre.
De tweetalige bundel biedt een selectie uit de vertaalde poëzie in het Nederlands en wordt aangevuld met een aantal nieuwe vertalingen van nooit eerder in het Nederlands gepubliceerde Afrikaanse teksten. Het verbindende thema is de nomade – een centraal motief in het poëtisch oeuvre, het prozawerk én de beeldende kunst van Breytenbach –: de nonconformistische vagabond, zwerver of reiziger, die zich niet laat inkapselen door een politiek denksysteem, die geen kuddedier is dat zich gedwee aanpast, maar een vogel die ongebonden zingt zoals hij is gebekt.
De onburger laat opnieuw zien dat Breytenbachs kleurrijke en betekenisvolle poëzie onvergelijkbaar is: aards én lyrisch, zintuiglijk én abstract, eenvoudig én complex, onthutsend én teer.
Met een voorwoord van Antjie Krog, samengesteld door Yves T’Sjoen.
Het boek wordt gepresenteerd op het congres ‘Inter Breyten. Breytenbach in context’ in Gent op 26–27 November 2026.
Breyten Breytenbach (1939–2024) een veelvuldig bekroond dichter, prozaïst en beeldend kunstenaar. Hij studeerde aan de universiteit van Kaapstad. Hij werd een felle tegenstander van de apartheid en verliet Zuid-Afrika in 1960 om zich in Parijs te vestigen. Bij zijn terugkeer in Zuid-Afrika in 1975 werd hij gearresteerd en veroordeeld tot negen jaar gevangenisstraf. Na zijn vrijlating keerde hij terug naar Parijs. Hij ontving vele literaire en kunstprijzen voor zijn werk en was actief in verschillende organisaties van Zuid-Afrikaanse politieke ballingen.
“Een overspelig Nederlands, lenig en krachtig, een kleurtaal aan Calvijn en klei ontslagen.” — Adriaan van Dis
“Een buitengewoon begaafde schrijver.” — J.M. Coetzee
“Het is een zegen om een schrijver te hebben die je taal zo ontgint, het experiment zo aangaat, die zo politiek en transnationaal is.” — Alfred Schaffer
“Zowel zijn schilderijen als zijn literair werk thematiseren het zwerversbestaan, de outsider en de vagabond, beklemming, dood en verval. Maar evenzeer het ochtendlicht, beweging, sociale kritiek, memorie, verbeelding, bewustzijn en geweten.” — Toekenningsrapport eredoctoraat aan de Universiteit Gent
[Paperback met flappen, 248 blz., €27,50, ISBN 9789493271542, NUR 306, November 2026.]
tussen asem
Hannes Visser

In sy tweede digbundel, tussen asem, besoek die digter die gedagte dat die heel eerste asem van ‘n lewe die begin van die heel laaste asem is. Tussen die eerste en laaste asem is ‘n reis wat onderneem word. Sy debuutbundel met gestroopte verse, die jaar toe pa … het in 2019 verskyn, positiewe resensies ontvang en is herdruk en in 2022 heruitgegee. Van die plekke en mense wat in die jaar toe pa … voorgekom het, word ook in sommige gedigte in die nuwe bundel herbesoek.
Die bundel is in drie dele verdeel te wete, Eerste asem, Asemhaal en Laaste asem waarin die digter besin oor kwessies soos verlies, vreugde, geboorte, dood en ander alledaagse dinge wat deel is van elke mens se asemhaal wat tussen ander se asems plaasvind.
Gedigte wat in hierdie bundel verskyn is oor ‘n lang tydperk geskryf en geskaaf; sommiges het reeds gestalte gekry voor die verskyning van die jaar toe pa … en van hulle het in bloemlesings en op poësieplatforms verskyn voordat hulle vir die nuwe bundel verwerk of herskryf is.
Oor die digter
Hannes Visser is in wese ‘n storieverteller. Sy stories, ervaringe en waarnemings kry gestalte deur kortverhale, rubrieke en gedigte waarvoor hy reeds ‘n aantal toekennings ontvang het. Hy was 20 jaar in die onderwys betrokke waarvan tien jaar as skoolhoof by landelike skole. Hy was ook 10 jaar koerantredakteur van ‘n gemeenskapskoerant en het tussendeur talle ander werksavonture beleef. Sy skryfwerk, digkuns en beeldende kuns is ‘n goue draad wat reeds van skooldae deur sy lewe loop. Sy debuutroman, Voorblad, het in 2023 verskyn. Hy en sy vrou woon die afgelope 15 jaar in Oudtshoorn waar hy stoei om ‘n sandsteenhuis van 130 jaar te onderhou en opgegee het om plaaslike politiek te verstaan.
[Naledi, 2026. SAGTEBAND. FORMAAT: 213 X 137 mm. PRYS: R275.00. 116 BLADSYE. ISBN 9781997476238]
Vryval
Pieter Hugo

Pieter Hugo se tweede digbundel, Vryval, speel met die veelheid van betekenisse opgesluit in die titel. Die vreugde en pyn van die lewe, die onafwendbaarheid van die finale val. Die lewe as ‘n poging tot balans tussen vry wees en val. Die onderliggende speelsheid, met woorde en die lewe, some soet, soms wrang, vind neerslag in die meeste gedigte.
Sy debuutbundel, Alchemie van my muse, het in 2019 by Naledi verskyn en het verskeie positiewe resensies ontvang. Soos in sy debuutbundel, werk hy met formele digvorme, vrye verse en visuele gedigte. Van die gedigte in hierdie bundel het reeds in verskeie bloemlesings verskyn.
Oor die digter
Pieter Hugo woon in Somerset-Wes en het onlangs afgetree na ‘n lang loopbaan in die Wes-Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens. Voor sy jare tussen boeke in Beaufort-Wes en Kaapstad, was hy onderwyser in Malawi en gemeenskapsontwikkelaar in die Breeriviervallei. Hy het as een van ag kinders in ‘n pastorie in Windhoek grootgeword.
[Naledi, 2026. SAGTEBAND. FORMAAT: 210 X 148 mm. PRYS: R275.00. 110 BLADSYE. ISBN 9781997476221]
