Resensie: Spienekelientjies: Taalmusiek vir kleintjies, saamgestel deur Antjie Krog. LAPA, 2026. Resensent: Marlies Taljard Spienekelientjies is ʼn heerlike kinderboek vol klinkende ryme. Volgens die agterblad is dit “ʼn bundel wat sorgvuldig saamgestel is om jong kinders bloot te stel aan die musiek van taal en die geskenk van ʼn verdiepte woordeskat”. Die…
Elmarie Stofberg. Wensebrief
Wensebrief (Mary Oliver: Life Story) saam met jou testament bring die eksekuteur ‘n amptelike koevert bruin soos oproepinstruksies gemerk in jou knobbelvinger-skrif: wensebrief binne ‘n oefenboekbladsy klein opgevou nes ‘n skoolbriefie wat hy eerbiedig oopmaak en vir ons voorhou: terwyl ek onder die donker eike gewoon het het dit gevoel of…
AVBOB Persverklaring
Rustum Kozain WONDER What qualities move and inspire you in the poems you read, and how do you create those qualities when you sit down to write a poem yourself? Rustum Kozain is a multi-award-winning poet, editor and essayist whose work often evokes heightened states of awareness through sparse, understated language. This month,…
Margaret Cordier-Biermann. Vanoggend 3
Vanoggend 3 ʼn rooi lap het vasgehak in ʼn doringbos langs die pad toe ek nader kom vlieg hy die lug in op sprei sy vlerke hemelwyd oop toe het hy my rozellarooi met sy gees gedoop © Margaret Cordier-Biermann, 2026
Resensie: “Vryval” (Pieter Hugo)
Resensie: Vryval deur Pieter Hugo. Naledi, 2026. Resensent: Joan Hambidge I Alchemie van my muse, het in 2019 by Naledi verskyn en sopas is vryval vrygestel. Die tweelingtorings in Manhattan met die vallende man wat al sóveel reaksies in die digkuns en beeldende kunste ontlok het, raam die gedigte. Trauma, verliese en die weerbegin, is die belangrikste…
Koos de Wet. Ruïne
Ruïne Jy is’n verinneweerde fasade wat soos vlees vergaan, jou bravades nou die stiltes in jou gadegeslaan; klip vir klip verpak besin jy jou geskiedenis, die lesse waaruit offers in jou skuiltes nou vir jou die vrede bring. © Koos de Wet, 2026
Margaret Cordier-Biermann. Vertrek
Vertrek winter se ruite is wyd oop ysreën bol vlae na buite maar jy is vuur wat hongerhout tot as brand die luike en deure van my verweer dig toemaak in jou arms © Margaret Cordier-Biermann, 2026
Marlien Brown. Afskeid
Afskeid Ek was siek op my matriek- afskeid Ek het ook nie geleer vir my eind- eksamen nie Want my klok het gaan staan maar die tyd het aanhou loop En ek belowe dat my arm nie ‘n vuis het wat slaan nie dit het ‘n vuis – wat klou…
