Ruïne Jy is’n verinneweerde fasade wat soos vlees vergaan, jou bravades nou die stiltes in jou gadegeslaan; klip vir klip verpak besin jy jou geskiedenis, die lesse waaruit offers in jou skuiltes nou vir jou die vrede bring. © Koos de Wet, 2026
Margaret Cordier-Biermann. Vertrek
Vertrek winter se ruite is wyd oop ysreën bol vlae na buite maar jy is vuur wat hongerhout tot as brand die luike en deure van my verweer dig toemaak in jou arms © Margaret Cordier-Biermann, 2026
Marlien Brown. Afskeid
Afskeid Ek was siek op my matriek- afskeid Ek het ook nie geleer vir my eind- eksamen nie Want my klok het gaan staan maar die tyd het aanhou loop En ek belowe dat my arm nie ‘n vuis het wat slaan nie dit het ‘n vuis – wat klou…
Jeanne Henning Els. verjaar
verjaar ek en jy ry vandag deur seepunt verby die apostels deur houtbaai oor chapman’s, via vishoek deur simonstad ry ons, by millerspunt draai ons by die baaitjie in, ons vlinder in die branders ons giggel, ek en jy, liewe sestig, wie weet, dalk ry ons op sewentig na stilbaai, tel tagtig by…
Jeanne Henning Els. vier dae voor 9/11
vier dae voor 9/11 laatmiddag in ‘n moltrein uit Manhattan sit sy langs my sy werk in die WTC sê sy, die uitsig is mooi by Brooklyn-stasie klim sy af, sê mag ek my vlug vanaf JFK betyds haal haar naam het ek nie gevra nie ek onthou net haar…
Hein Viljoen. Water en vroue
Water en vroue hoekom is die digters tog so behep met water en vroue? ʼn glimlag soos koel water oor ʼn klip ʼn laaste kuil van stilte tussen riet kyk, jy’s allesbehalwe water jy’s lyf en bloed en warmte en asem jou rug waaroor ek stadig streel die sagte warmte van jou…
Hein Viljoen. Sy’t weggegaan
Sy’t weggegaan die spieëlkas ontbeer die gewig van ’n haarrekkie, die haarborsel, oor die tafeltjie langs die bed, oor die wit waterkring, speel ʼn spookagtige stillewe van selfoonlaaier, tweezer, handeroom, botteltjie parfuum, donkerbril, tissues. geen skoen voor die kas uitgeskop, geen onderklere oor die stoel die mure wag nie meer dat sy…
Hein Viljoen. Grendelstilte 2
Grendelstilte 2 die maan hang gistermiddag deurskynend groot voor in die straat ons stap deur ʼn koeligheid in die lopie se betondriffie dis al volherfs maar die bome is nog vol groen blare bedags bak die son nog heerlik warm, maar snags reik die luggie na jou met ysige vingers dis stil …
