Herinnering: Wat soek die uitgewer? Die eerste van ons reeks aanlyn sessies met plaaslike uitgewers vind vanaand plaas en ons sien uit daarna om heelwat van ons lede daar te sien. Bywoning is gratis vir lede, maar dit is belangrik om by penafrikaans@gmail.com te RSVP om deelname te bevestig en die skakel te ontvang. Vanaand se sessie…
Joan Hambidge. Digterlike verraad, ontrouheid, troueloosheid
I Betrayal: Power, Deceit and the Fight for the Future of the Royal Family deur Tom Bower is ‘n boek oor die Britse koningshuis. Dit fokus op die vertrek van Meghan en Harry. Skaars was hierdie boek gepubliseer toe was daar woedebuie van die geskryfdes, die Duke and Duchess of Sussex, wat die biograaf…
Joan Hambidge. Ballade van die Nagtelike Ure
Ballade van die Nagtelike Ure VWL ‘n pastiche Ons liefde het uitgebom tussen elfuur en kwart oor twee – hier lê ek kort voor dagbreek onrustig en absoluut verlee. Om elfuur was jou liggaam ‘n blote fantasie vir my; jy flirterend, aaiend met hom, alles so uiteindelik verby. Om twaalfuur hoor…
Digtersprofiel: Mellet Moll
Mellet Moll (1967 – 2024) is in Pretoria gebore en matrikuleer in 1984 aan die Hoërskool Waterkloof. Hy studeer Bedryfsingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria waar hy die grade B.Ing, B.Ing (Hons), M.Ing en PhD in Bedryfsingenieurswese behaal. Hy spandeer die eerste helfte van sy professionele loopbaan in die industrie en ontvang post-doktorale opleiding in…
Jan Pretorius. Daar
Foto 28 – Konkavuur https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Daar Waar sprankies liefde stil bestaan, maar koper vonke skril verskiet; getinte vlamme suis uit niet, vind ek in my skraal verstaan vae troos en koestering. Verslae soos ek was, stom, kan ek na flikkerings tas om deur verlatenheid te dring. © Jan Pretorius, 2026
Jan Pretorius. Naspel 2026
Foto 24 – Windpomp en vlakte https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Naspel 2026 Ek gaan ewe verwaand langs ʼn plaasdam staan – vergeefs, dis droog. Ek skiet tóg – die klip vlieg hoog, draai skerp en Artemis dof uit hitte tot in warm stof. © Jan Pretorius, 2026
Jan Pretorius. Roggeveldse silwer aand
Foto 10 – Stofstraat. Sutherland. https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Roggeveldse silwer aand Die middag het gevries in vrees en skrik met elke klein geluid en saans moet almal binne wees – geketting-en-gesluit. Rou riool in ʼn moddersloot laat die silwer skemer stink; in ʼn stofstraat sien jy klein en groot by ʼn tenkwa tou…
Jan Pretorius. Orycteropus afer
Foto 18 – Naghemel Rogge Cloof https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Orycteropus afer Ek raak onbesuis bewus dat daar ʼn gevroetel in die heelal is; ek fokus flink my teleskoop en sien ʼn erdvark waggel-loop. Sy stert se sleep is baftablou, terwyl hy gitswart gate grou – hy dolwe oral newels om, maar toe staan ek…
