Uitenetreure In my kinderbybel verwonderd gekyk na die prentjies oor die vermeerdering van glo net twee visse en vyf brode. Veel later gewonder oor Johannes, opgeteken in Markus 6: vers 14-29 met Herodes en Heródias, die sluwe. Johannes het Herodes betig oor sy onbetaamlike flirtasie en huwelik met Filippus se vrou….
Hennie Maartens. stilte
stilte daar is ‘n nexus tussen ‘n storm en ‘n stilte soos dié tussen nagte en dagte daar is ‘n beweging tussen ‘n eb en ‘n vloed soos dié tussen bloed en voet © Hennie Maartens, 2026
ND Cronjé. In ‘n dag
In ‘n dag Die middag hang ‘n kombuisvenster skeef teen drie uur Die waaier klap-klap stadig, klap aan die een kant elke keer, blaas die aftog oor ‘n bleskop terug deur hitte en die reuk van sy koerant Op die tafel, druiwe klein organe van die prieel, en ‘n pyp wat…
Margaret Cordier-Biermann. Klikkletse en Stoepkuiers
Klikkletse en Stoepkuiers op leerbanke in die grootskaalse taalmodel lokaal praat ons Digi-taal haal ons globaal stief denke en strekkings aan kuier ook kollektief op kletsplatforms waar ons weer ouwêrelds probeer stoepkuier © Margaret Cordier-Biermann, 2026
Anne-Marie Bartie. nag van 19 Mei
nag van 19 Mei kloue raap my iewers in koors ure, gedurende die chemiese slaap sleep my deur die Meimaand se negentiende nag na waar kelderwater deur klipsplete sypel en my dun ys oppervlak stoomkoud kraak en dan, ek, wat na-wakker, wonder hoekom die spesifieke besonderhede, onbeskikbaar is hoekom ek verdiep het…
Onderhoud met Johan Myburg oor sy nuwe bundel “Steierwerk”
Joan Hambidge gesels met Johan Myburg oor Steierwerk wat onlangs by Human & Rousseau vrskyn het. Joan Hambidge (JH) Johan, dankie vir die voorreg om met jou te kan praat oor jou jongste aangrypende én boeiende bundel. So word jou bundel Steierwerk bemark deur Human & Rousseau: Soos die titel suggereer, dien bogenoemde impulse…
Eduard TARA. in hierdie ou woud
in hierdie ou woud (tanka gedig) in hierdie ou woud is al die bome so stil na die sneeustorm – begin ‘n voël die eerste takke uit die sneeu los te laat © Eduard TARA, 2026
Ferdi Wheeler. Die sitroenhaai
Die sitroenhaai Die skadurige en geheime lewe van die sitroenhaai, in die boesem van ‘n soutmoeras, in ‘n estaurie, oorgroei met seekoraal, mangliet en vleigras, of op die sanderige bodem van ‘n vlak see, die geel lyf gekamoefleer en slank, swem hy by my televisieskerm in, en later sien ek hom in my…
