Orkney Snorkney Van deftige Dora van Orkney Mag niemand ooit weet hoe sy snorkney Sy’s ook te fyntjies Vir skielike windjies En sê def’nitief nie die woord forkney © Marieta McGrath, 2021
Tag: Marieta McGrath limeriek
Marieta McGrath. Ouma se afdak
Ouma se afdak As Ouma haar bra vanaand afha’k En alles wat bo was daar afsak En swaartekrag trek Als mooi op sy plek Dán kry haar voete ‘n afdak ©Marieta McGrath
Marieta McGrath. Verkeerdevlei limeriek
Oom Adam du Toit van Verkeerdevlei – Kom Sondag, dan’s hy by Bekeerdevlei Kom Maandag, dan weet hy Nou-nou maar eet hy Weer saam met Eva verkeerdevy © Marieta McGrath, 2021
Marieta McGrath. Sareltjie Slaplê van Klawer
Sareltjie Slaplê van Klawer Het heeldag gedut in die hawer Toe steek hom ‘n wespe Net onder sy gespe Sareltjie Styfstaan van Klawer … © Marieta McGrath, 2021