nuwejaar sou oranje blanje blou kwashale verhale van kaapse klopse in skarlakenrooi strikdasse wat reëlmatig om nekke pryk hul bekommernisse kon kallus of verdoesel tot die laaste droesem sou oranje blanje blou hul baadjies kraakvars hou monde en oë wit gepleister gesaxofoon of gebanjo met dans as skans of skalks in klanklose…
Tag: Retha van Deventer gedig
Retha van Deventer. ekwilibrium
ekwilibrium dit is vir my belangrik dat dit met jou goed sal gaan dat die wete dat daar vir jou ook plek onder son, maan en sterre bestaan saggies teen jou sal nestel in tye van hartseer en verlange dit jou sal dra onvoorwaardelik ongevraagd die besef jou sal oorweldig jy is nóóit…
Retha van Deventer. Lupus-(lunar)verduistering
Lupus-(lunar)verduistering jou seersnel gewrigte slampamper in maanlig immer sku ontwykend voor son-sneller ek proe jou vlindervlerkpynkrete purperrooi selfvernietigend onbeweeglik voed, vermaan, vertroetel jy kermende kroos geëtiketteer ontoeganklik ontoereikend onbevoeg ongereken vernietig veretter in omgewingsfeer-melkweg wentel jy al verder rebelleer jou stralekrans: “laat my lig helder wees?” voordat jy eksplisiet deur my vingers glip…
Retha van Deventer. donkerlig
donkerlig sal dit altyd wees lig verslind deur duisternis positief vergryp aan berou afgeknou verpletter verdomp sal dit altyd wees lag verslaaf aan hartsnik drome vergryp aan realiteit inboet afstaan kwytskeld sal dit altyd wees minder ek meer jy intimidasie melioris advocatus diaboli(s) ek groet jou vrou van die donker © Retha…
Retha van Deventer. oorlog
oorlog ek verklaar oorlog teen jou wat blindelings my taal banaal bliksem teen jou wat argeloos apaties haar probeer verslaan teen jou wat haar weerloosheid wetter met weersin teen jou wat nie ‘n oor het vir haar sag sirene sinne teen jou wat skouer-op-trek-houding inslaan ek verklaar oorlog… deur jou te skryf…
