Waldemar Gouws. (onbeplande revolusie)
Wednesday, November 3rd, 2021
(onbeplande revolusie)
Ai Koekenaap, aan my bas raak dit warmer
Min woud, min water, elke siel is armer
Gaan Kraai hom hier moet doodgaap?
Wat oorweldig vir Vis oos en wes van die Kaap?
Raai hoekom is die nywerheidsvasdraai net onbarmhartiger
© Waldemar Gouws 2/11/2021