Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 May 2009

Dinsdag, 12 Mei 2009

'n Geskrop in die hoenderhokDie 40ste Rotterdamse Internasionale Poësiefees, wat steeds een van die grootste en mees gesogte feeste ter wêreld is,  word vanjaar van 13 tot 19 Junie aangebied. In die verlede het vele Afrikaanse digters al die geleentheid gehad om aan hierdie besonderse fees deel te neem, maar vanjaar is ons enigste verteenwoordiging op die program ons immergroen troebadoerdigter – Gert Vlok Nel. Voorspoed, Gert, ons is saam met jou verheug oor dié uitsonderlike prestasie! Van die vernaamste ander digters op die lys van uitverkorenes is: Jacques Roubaud (Frankryk), Bei Dao (China), Gerrit Kouwenaar (Nederland), Matthew Sweeney (Ierland) en Valzhyna Mort (Rusland). Gaan kyk gerus by http://2009.poetry.nl/ vir meer inligting oor dié Olimpiese Spele van die digkuns.

Dit wil egter ook voorkom asof die organiseerders tans met ’n netelige probleem te make het – verskeie Nederlandse digters, waaronder Rien Vroegindeweij en Jules Deelder het naamlik van die fees onttrek, aangesien net 5 minute voorleestyd aan bepaalde Nederlandse digters toegeken is. Dit is blykbaar die tyd wat aan debutante toegeken word en hulle redeneer dat dit onaanvaarbaar is dat langer voorleestyd aan buitelandse digters toegeken word terwyl hulle as “debutante” gereken word. Rien Vroegindeweij suggereer in sy brief dat die “Rotterdamse-aand”, waartydens hy en ander Nederlandse digters sou optree, in wese gaan “om gemeentesubsidie veilig te stellen”. (Die volledige brief is te lees by “Reuring rond Rotterdamse Avond PIR?”)

Ai, lyk my die probleme wat ons tans ondervind met die finalisering van ons eie fees einde November is maar ’n vulletjie in vergeleke hiermee …

Mag jou eie “glorietye” hierdie week veelvuldig en grensloos wees. Kuier lekker rond op die webblad (ons webmeester vertel dat daar sommer ’n hele aantal besonderse items binne enkele dae bygevoeg gaan word!) en raak opgewonde oor die digkuns.

Mooi bly.

LE

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Andries Bezuidenhout. Ek luister op die oomblik na… →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III
  • Nuwe Bundel. Jeanne Henning Els: Vlerke is vir vlieg
  • Johann Lodewyk Marais. Saterdagaand

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d