Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 August 200913 August 2009

Breyten se nuwe bundel is hier!

Breyten Breytenbach
Breyten Breytenbach

Slaan die tromme! Blaas die fluite! Laat wapper al die vlae, want Breyten se nuwe bundel is hier! Toevallig het Nuuswekker gister nog berig oor die Palestynse digter, Mahmoud Darwish, wat Sondag ‘n jaar gelede oorlede is, en toe arriveer Breyten Breytenbach se huldeblyk aan sy veel te vroeg gestorwe vriend enkele ure later in die winkel. En wat ‘n wonderlike leeservaring is dié gesprek in twaalf “bewegings” nie … Pure Breyten: vol deernis en gevul met ‘n kragtige kreatiwiteit wat so eie is aan hom; inderdaad ‘n reisjoernaal vanuit die middelwêreld. Boonop is hierdie ‘n pronkpublikasie, van die pragtige omslag tot by die “nota” aan Magmoed Darwiesj (soos Breyten sy naam heel korrek in Afrikaans skryf) waarmee die bundel sluit. Die verkoopprys van die bundel is R150. So, skaf dit aan en geniet die werk van een van ons meesters.

Terloops, ‘n mens kan nie verhelp om te wonder in watter boksie die kritici dié teks gaan plaas nie, want dit oorskrei bykans alle kategorieë. Waarskynlik som die digter dit self die beste op, soos byvoorbeeld met die volgende opmerking wat hy in sy brief aan Charl-Pierre Naudé gemaak het: “Die verhaal is ‘n liriese verliederliking met die metafoor as mond.” (Lees die hele brief hier indien jy dit nog nie raakgesien het nie.) 

Onthou ook om Breyten se essay oor sy vriend te lees wat hier  verskyn. 

As lusmaker plaas Nuuswekker (met vergunning deur sy uitgewer) die laaste strofes van die eerste “beweging” hieronder.

Lekker lees en mag hierdie dag ‘n plesierige een wees.

Mooi bly.

LE

1

drie, vier, vyf dae en nagte

onsigbaar oordag, onsigbaar soos doodgaan

of die groei wat greep vir greep uitbloei in ‘n huisie woorde

se ontbinding in die donker

wanneer die tyd tydsaam ‘n maaier is

oor die landerye van die liggaam

 

totdat die los lykevlies vervaag

en skaduwees oor die naakte landskap

wegval soos vodde verrottende vlees

en die maan mandolien en maagdelik vol is

 

‘n skip van been

jou skedel, Magmoed

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Breyten oor Magmoed Darwiesj
Afrikaanse digters in oorsese publikasies →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)
  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns  Deel I
  • Digtersprofiel: Dietloff van der Berg
  • Resensie: “Ontbloot” (Marthé McLoud)

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d