Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 August 200913 August 2009

Breyten se nuwe bundel is hier!

Breyten Breytenbach
Breyten Breytenbach

Slaan die tromme! Blaas die fluite! Laat wapper al die vlae, want Breyten se nuwe bundel is hier! Toevallig het Nuuswekker gister nog berig oor die Palestynse digter, Mahmoud Darwish, wat Sondag ‘n jaar gelede oorlede is, en toe arriveer Breyten Breytenbach se huldeblyk aan sy veel te vroeg gestorwe vriend enkele ure later in die winkel. En wat ‘n wonderlike leeservaring is dié gesprek in twaalf “bewegings” nie … Pure Breyten: vol deernis en gevul met ‘n kragtige kreatiwiteit wat so eie is aan hom; inderdaad ‘n reisjoernaal vanuit die middelwêreld. Boonop is hierdie ‘n pronkpublikasie, van die pragtige omslag tot by die “nota” aan Magmoed Darwiesj (soos Breyten sy naam heel korrek in Afrikaans skryf) waarmee die bundel sluit. Die verkoopprys van die bundel is R150. So, skaf dit aan en geniet die werk van een van ons meesters.

Terloops, ‘n mens kan nie verhelp om te wonder in watter boksie die kritici dié teks gaan plaas nie, want dit oorskrei bykans alle kategorieë. Waarskynlik som die digter dit self die beste op, soos byvoorbeeld met die volgende opmerking wat hy in sy brief aan Charl-Pierre Naudé gemaak het: “Die verhaal is ‘n liriese verliederliking met die metafoor as mond.” (Lees die hele brief hier indien jy dit nog nie raakgesien het nie.) 

Onthou ook om Breyten se essay oor sy vriend te lees wat hier  verskyn. 

As lusmaker plaas Nuuswekker (met vergunning deur sy uitgewer) die laaste strofes van die eerste “beweging” hieronder.

Lekker lees en mag hierdie dag ‘n plesierige een wees.

Mooi bly.

LE

1

drie, vier, vyf dae en nagte

onsigbaar oordag, onsigbaar soos doodgaan

of die groei wat greep vir greep uitbloei in ‘n huisie woorde

se ontbinding in die donker

wanneer die tyd tydsaam ‘n maaier is

oor die landerye van die liggaam

 

totdat die los lykevlies vervaag

en skaduwees oor die naakte landskap

wegval soos vodde verrottende vlees

en die maan mandolien en maagdelik vol is

 

‘n skip van been

jou skedel, Magmoed

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Breyten oor Magmoed Darwiesj
Afrikaanse digters in oorsese publikasies →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d