Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 September 200910 September 2009

Wanneer “openbare vyande” hande vat

Openbare vyande
Openbare vyande

Verlede jaar is die Franse letterkunde geskud toe briewe tussen die liberaaldenkende Bernard-Henri Lévy en aartspessimis Michel Houellebecq verskyn het. Pas het hierdie korrespondensie, wat in uiterste geheimhouding via e-pos gevoer is van Januarie tot Julie 2008, in Nederlandse verskyn met die vertalings deur Rokus Hofstede (Lévy) en Martin de Haan (Houellebecq). Volgens De Papieren Man se berig is die één aspek wat die twee uiteenlopende skrywers in gemeen het, die volgende: “Tussen ons beiden ligt een wereld van verschil, behalve op één punt, en niet het minste: wij zijn allebei tamelijk verachtelijke individuen.” (Aldus Houellebecq se openingsbrief.)  Volgens Houellebecq sou “veel vooraanstaande journalisten […] een zweem van vreugde voelen wanneer ze zouden vernemen dat ik zelfmoord heb gepleegd.”

Nou kan ‘n mens natuurlik nie help om te wonder of so iets ooit in ons Afrikaanse lettere moontlik sou wees nie … Ek meen, wat is die kanse dat ons binnekort die geheime korrespondensie tussen ons openbare bekvegters sal kan aankondig? Ai, ai, ai. Die vreugde om onverwags te ontdek dat die swaargewigte van ons lettere inderdaad besig is (of was) om met mekaar te práát.

Dit laat my meteens dink aan die storie van die emmers water wat vriend Viljee bykans 35 jaar gelede al aan my vertel het: jy neem drie emmers water; die een vul jy met koue water, die volgende met lou water en die laaste een met warm water. Persoon “A” steek ‘n arm in die emmer met koue water en ‘n ander (Persoon “B”) steek sy (of haar) arm in die warm water. Op ‘n gegewe moment moet hulle hul ander arms in die emmer met lou water steek en sê of die water koud of warm is. Natuurlik gaan Persoon “A” sê die water is warm, terwyl “B” weer sal sê die water is koud. En tog, dit bly dieselfde emmer water …

Laat jou dink, nè?

Nietemin, Publieke vijanden is ‘n gesamentlike projek tussen De Arbeiderspers en De Geus. En dít op sigself is ‘n kragtoer van versoening. Die hoop beskaam dus nie.

As nagedagte, die volgende aanhaling uit die pen van W.H. Auden: “No poet or novelist wishes he (or she) was the only one who ever lived, but most of them wish they were the only one alive, and quite a number fondly believe their wish has been granted.” (Uit: Writers on writing, Jon Winoker, Headline Press, 1988.)

* 

Dan wriemel die webblad omtrent vanoggend met nuwe leesstof … Welkom terug aan Bernard Odendaal na sy oorsese reis; die voorneme wat hy in sy nuwe blog uiteensit, klink beslis na ‘n opwindende onderneming. Ook besonder welkom aan Yves T’Tsjoen wat sý eerste blog geplaas het; ‘n insigwekkende stuk oor Ger Groot van De Groene Amsterdammer en bepaalde aspekte tov leesstrategieë. Dan is daar natuurlik die onderhoud met Valzhyna Mort, Richard Jürgens as Charl-Pierre Naudé se derde gas-blogger, De Contrabas se tweede Nuusbrief, plus ‘n hele emmer vol nuwe verse! Gelukkig lê die naweek darem net om die draai met (hopelik) genoeg tyd om alles rustig en stelselmatig deur te lees … Of wat praat ek alles?

*

‘n Lekker Donderdag vir jou; en kyk tog jou opponent in die oog. Hy (of sy) is jou vernaamste reklame-agent.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Yves T’Sjoen. Leesnotities. Stille waters hebben diepe gronden
Yves T’Sjoen. Vroman & Lauwereyns. Dichters op de brug tussen poëzie en wetenschap →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d