Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 July 201020 December 2012

Niel van Deventer. Op ‘n idle Sondag

Ek het gisteroggend met my Fender Telecaster deur my woonstel loop en speel toe ek skielik ‘n rumoer hoor en by die venster uit kyk en ‘n ambulans sien. Daar was baie ambulansmanne en ook ‘n oom wat ek al gesien het. Ek het dadelik vermoed dat daar iets fout is met my buurvrou Tannie Ans. Sy het verlede jaar September ‘n heupvervanging gehad en was eers onlangs weer van die krukke af. Dit was toe ook so, sy het snaaks gedraai en geval en heel waarskynlik haar heup weer gebreek. Gelukkig was sy op daardie oomblik op die foon met haar seun in Australië en kon hy vinnig hulp ontbied.

Koos du Plessis
Koos du Plessis

Ek  was op die oomblik wat ek by die venster uitgekyk het besig om die solo van Pink Floyd se “Wish you were here” te speel toe ek die ambulans sien en natuurlik het dit my genoop tot ‘n Sondag van onvermydelike introspeksie oor verganklikheid, ou mense, die wêreld en sommer simpel dinge soos bier en die feit dat ek hopeloos te min op daardie lekker kitaar van my speel.

Toe ek jonger was het ek dae om gesit en wonder wat ek sal wens as ek net een wens kon kry en nooit tot ‘n definitiewe konklusie gekom nie, vandag het ek gewens dat ek een keer vir Koos Doep kon sien optree, net hy en sy kitaar. Ek dink om die waarheid te sê dat ek honderd keer so gig sou kies bo enige ander.

 

“Daar was ‘n huis met ‘n kombuis en greinhouttafel

  en ses mense het gedeel in lief en leed

  en mettertyd het alles uitgerafel

  maar wat die leed was, het ek jare terug vergeet”

In elke woord wat daardie ou ooit geskryf het is daar vir my vandag steeds vir my relevansie te vind.

Die rede hoekom ek egter bogenoemde stukkie ge-quote het is omdat dit is wat die lewe al oor en oor vir my bewys het. Die mooi bly agter. Dis ook hoekom dit soms so moeilik is om ‘n slegte verhouding vaarwel te roep, want die goeie en mooi bly baie duideliker sit as enige iets anders.

My gunsteling oupa is hierdie jaar 5 jaar reeds oorlede, amper alles wat ek van hom onthou is dinge wat gebeur en gesê is voor hy ons begin vergeet het. Ek mis die dae in die 90’s toe ons nog nie heinings om ons huise gehad het nie en vergeet dikwels van die oorweldigende moeilikhede wat daardie dae gehad het vir ons land.

Die sokker is verby, Eugene Terreblanche is steeds dood en Julius Malema lewe nog net so lekker soos altyd. Partykeer is kommer oorbodig, tyd sorteer baie dinge uit en die mooi bly agter in ons harte.

Ek het later die middag by my tjommie, die verlamde akteur, Erik Holm gesit en tee drink. Ons produksiehuis, Palama Productions, gaan hom en sy suter Nike nou help om ‘n avontuur program genaamd Quadventures te vervaardig waarin hulle vir 13 episode gaan kyk wat dit is wat hy as kwadrupleeg nog alles kan doen (en nie kan doen nie). Dinge soos skubaduik, valskerm spring en baie ander dinge wat gewone “normale” mense nooit eers eenkeer in hul lewe probeer nie.

Toe ek daar wegry het ek gehoop dat Tannie Ans en almal anders wat pyn en seer het okay sal wees, watter kant toe ookal, en myself opnuut voorgeneem om op te hou kla oor alles wat ek voel sleg is in my lewe. Daar is geen sin in, as dit wat oorbly op die ou end vir my hopelik net die mooi gaan wees nie…

“Droom en bou, al vreet die vrees my vrede,

  want die wêreld is maar oral halfpad hol.

  En ek onthou.”

Ek het my kitaar neergesit en sommer net op my bank gaan lê en dink aan almal wat ek al verloor het en ook die wat ek nog gaan moet groet (as ek nie voor hulle gaan nie). Ek het my Mp3 player gaan soek en musiek begin luister. Koos du Plessis om presies te wees, Skadus teen die muur, Kinders van die Wind en Molberge – herrineringe aan Springs.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Dagsê liewe mense, ek is vandag jul gids
Nini Bennett. Vermiste mense →

1e kommentaar op “Niel van Deventer. Op ‘n idle Sondag”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    19 July 2010 at 08:52

    Niel, ek dink daar is bitter min mense wat die voorreg gehad het om Koos du Plessis te sien optree. Sy moed het hom meer as een keer begewe, dan het hy maar weer huis toe gegaan sonder om op die verhoog te klim. Chris Louw het ‘n ruk voor hy dood is ‘n e-pos aan my gestuur waarin hy vertel het van Koos du Plessis se optredes in die redaksiekantoor, na die koerant gesak het en die drukpers reeds dreun. Dan het die brandewyn en die kitaar uitgekom. Chris Louw het genoem dat hulle nie toe werklik besef het dat dit iets besonders was nie. Ek het nooit sy e-pos beantwoord nie en voel nou nog sleg daaroor.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Nini Bennett-Moll.  Brood van die engele
  • Joan Hambidge. Ook elders aan diens nou
  • Nuwe publikasie: Ingrid Jonker: Een dichtersleven (Petrovna Metelerkamp, vet. deur Gerard Scharn)
  • Joan Hambidge. XXXIX
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Cobus van den Berg on Krige Visser. parodie en ironie20 July 2026

    Dankie Krige. Ek lees dit oor en oor….sodat dit kan insink.

  2. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  3. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  4. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d