Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 September 201014 September 2010

Gilbert Gibson en die ATKV Woordveertjie

Gilbert Gibson
Gilbert Gibson

Soos julle teen dié tyd almal bewus van is, was dit verlede Vrydagaand die toekenningsaand van die ATKV Woordveertjies. Wat die aand besonders gemaak het, is dat die eerste toekenning in die pasingestelde kategorie vir poësie ook tydens dié spoggeleentheid gemaak is. Gilbert Gibson se bundel oogensiklopedie is deur die paneel van drie beoordelaars aangewys as die beste bundel wat verlede jaar verskyn het.

Mnr. Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep, het tydens die geleentheid die woord gevoer. Graag haal ek enkele grepe uit sy toespraak aan: “Die doelwit van hierdie toekennings is om uitnemendheid en kreatiwiteit te bekroon en aan te spoor. Ons glo in die belangrikheid en voortbestaan van gehaltewerk in Afrikaans, en in die aansporing en ondersteuning van ons Afrikaanse skrywers, digters en dramaturge. […] Die ATKV het besluit om vanaf vanjaar, ook ‘n toekenning vir digkuns te maak. Die eerste toekenning van die ATKV Prys vir Poësie vanaand, is dus vir ons ‘n spesiale hoogtepunt. Die Afrikaanse filosoof, Marthinus Versfeld, het die digkuns so beskryf: ‘. . . die digter is die man wat in die donker waters van die chaos duik om skoon en blink dinge daaruit te haal’.”

Gilbert Gibson, wat ongelukkig nie persoonlik teenwoordig kon wees om die prys in ontvangs te neem nie, het die volgende dankwoord gestuur wat tydens die geleentheid voorgelees is: “In Fichardtpark, in Bloemfontein, waar ek bly, speel daar naweke van die bure se kinders in ons straat.  Die mans maak dan bymekaar rondom braaivleisvure, hulle vroue besig met bykosse en Binnelanders. Min van hulle lees gedigte, vermoed ek. Met omtrent ses miljoen inboorlinge wat Afrikaans in Suid Afrika gebruik  (14% van die populasie), het dit die wydste geografiese verspreiding, en word dit nog daagliks gelees en geskryf. Minder as vyf persent van alle mense in Suid-Afrika koop egter boeke – wat ‘n skamele 0.007 persent van hulle huishoudelike uitgawes verteenwoordig. As jy alles hoor wat in die kwynende leeskultuur en die vervlakking van die hedendaagse menslike kondisie gebeur, staan jy dankbaar teenoor uitgewers en skrywers wat nie ontmoedig word deur toenemende druk van naweeksport of sepie intriges nie. Dankie dus aan die AKTV wat op hierdie tasbare wyse letterkunde bevorder, en poog om ook te midde van braaivleisvure die boek se toekoms in Afrikaans  te verseker.”

Nou ja, toe. ‘n Trompetgeskal vir die ATKV met hierdie besonderse inisiatief en ‘n rondebors handeklap vir Gilbert Gibson as eerste ontvanger van ‘n pronkprys.

As leestoegif plaas ek ‘n vers uit oogensiklopedie onder aan vanoggend se Nuuswekker. En, indien jy dit nog nie raakgesien het nie, kan jy gerus gaan kyk na die fotoblad wat Marlise van die geleentheid saamgestel het.

***

‘n Besonderse hoogtepunt tydens die glansgeleentheid wat ek hierbo beskryf, was Philip de Vos se optrede. In sy nuutste blog verwys hy na en haal hy onder ook die gedig aan wat hy tydens dié geleentheid voorgedra het. En dan, in nog ‘n spesiale blog, vier Desmond Painter sy eerste jaar as blogger op die webblad. En watter verskil het hy nie gemaak nie! Dankie, Desmond.

Nog ‘n belangrike bydrae sedert gister is die persvrystelling oor Uys Krige se briewe wat hierdie naweek tydens die Woordfees Versindaba bekend gestel gaan word. En dan, ten slotte, fokus ek graag jou aandag op die rubriek oor Ronelda S. Kamfer se openingsgedig in haar bundel, Noudat slapende honde, wat op De Contrabas bespreek word.

Lekker lees en raak saam met ons opgewonde. Dit is inderdaad opwindende tye waarin ons leef.

Mooi bly.

LE

 

another roadside attraction

 

die motor was ‘n wit almera

ses jaar oud

met honderd en sewe

duisend kilo’s op

bande effe afgeloop

(veral regs agter)

en ‘n duik in die deur.

voor het die ma gesit

die pa agter die wiel

boetie agter ma

en die babasussie

in komberse toe

die boetie het met

‘n balletjie gespeel

en probeer om die headrest

voor hom raak te gooi

elke paar sekondes

‘n sagte plof

ma was besig te brei

penne klikklik terwyl sy

die speedometer uit die hoek 132 km/h

van die oog dophou,

die grysbroek-pa het met ‘n toon

sy been wat jeuk probeer krap

baba van die dreun

aan die slaap gesus

wange te warm rooi

een van boetie se gooie

het die balletjie

by ma se bril verby laat trek

teen die truspieel vas

af tot in pa se skoot

sy oe op sy bene

neergeslaan

die hande gewar

die vingers verstyf

die lorrie vandeventer vervoer

ingelyf

 

© Gilbert Gibson (Uit: oogensiklopedie, 2009: Tafelberg)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← ATKV-Veertjies – foto’s
Joan Hambidge. Versindaba-kroniek 2010 →

4e gedagtes oor “Gilbert Gibson en die ATKV Woordveertjie”

  1. fred strauss says:
    25 June 2013 at 22:59

    Great Gilbert!!

    Hoe gaan dit?

    Reply
  2. Riana Claassen says:
    24 September 2010 at 20:45

    Veels geluk! Welverdiend!

    Reply
  3. Andries Bezuidenhout says:
    14 September 2010 at 09:06

    Baie geluk Gilbert! Vrystaaaaaaaaat!

    Reply
  4. Charl-Pierre Naude says:
    14 September 2010 at 08:46

    Baie geluk aan Gilbert Gibson, met die bekroning. Ek hoop dat hierdie sonderlinge digterskap nog baie sal bereik.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek
  • Andrea Sieberhagen. Langpad
  • 100 Duitse Bestes: Ingeborg Bachmann (1926-1973)
  • Resensie: “Briewe van heldinne: Ovidius se Heroïdes” vert. deur W.J. Henderson
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

  3. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)30 October 2025

    Dankie, Willemien du Preez. Fried skryf verrassend boeiende gedigte vol abstrakte selfstandige naamwoorde - dit waarteen gewoonlik gewaarsku word deur…

  4. Willemien du Preez on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)29 October 2025

    Suiwer eenvoud en insig in wat dit is om mens te wees. 'n Skatkis oopgemaak vir Afrikaans.

  5. Yves T'Sjoen on Resensie: “Poëme” deur Wium van Zyl29 October 2025

    Voor de collectie Ernst van Heerden in het Poëziecentrum zal de bundel van Wium van Zyl een aanwinst zijn. Is…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d