Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 October 20101 October 2010

Digters domineer Nobelprys-voorspellings

Tomkas Tranströmer
Tomas Tranströmer

Dit is verbysterend hoe die tyd vlieg, maar dit is alweer tyd vir die aankondiging van die Nobelpryse van volgende week af … Getrou aan hul tradisie het die Sweedse Akademie egter nog nie die datum vir die aankondiging vir die Letterkunde-prys bekend gemaak nie. Gerugte wil dit egter hê dat dié toekenning op óf 7 óf 14 Oktober aangekondig sal word.

En oudergewoonte is die internet propvol spekulasies; veral na die beroepswedders se mistastings die afgelope twee jaar. Aangesien die laaste digter wat met die Nobelprys vir Letterkunde bekroon was, Wislawa Szymborska in 1996 was (met Seamus Heaney die jaar tevore), wil dit voorkom asof daar algemene konsensus onder die voorspellers bestaan dat dié gesogte prys vanjaar aan ‘n digter toegeken gaan word.

Luidens ‘n berig op Reuters se webtuiste het Ladbrokes, die vernaamste Britse beroepswedder, pas hul lotings bekend gemaak. Hiervolgens is die Sweedse digter, Tomas Tranströmer (79), met ‘n wedkoers van 5/1 die gunsteling om vanjaar bekroon te word. Hierna volg Adam Zagajewski (Pole), Ko Un (Suid-Korea) en Adonis (Sirië); aldrie met ‘n wedkoers van 8/1. Die res van die Top Tien bestaan uit Antonio Tabucchi (prosa), Haruki Murakami (prosa), Les Murray (Australiese digter), Yves Bonnefoy, Assia Djebar (die hoogsgenomineerde vrou) en Thomas Pynchon (prosa).

Volgens Reuters het David Williams van Ladbrokes hul gunsteling soos volg gemotiveer: “Tomas Tranströmer must surely be in pole position. He’s long been mentioned for the prize and we feel his work finally deserves this recognition. However, even though we employ a crack team of Nobel specialists, there are always guys out there who know more than us and we’ve always found it tough to make money on it. Professors show no hesitation in showing us up if they think we’ve priced it wrong.”

Nou ja, toe. Met Tranströmer, Zagajewski en veral Adonis het ek beslis nie ‘n probleem nie … Maar of die Sweedse Akademie vir Tranströmer, wat etlike jare al as ‘n gunsteling beskou word, sal bekroon, is te betwyfel aangesien hulle nie sommer ‘n Sweedse skrywer vir dié eer sal uitsonder nie. Persoonlik wens ek egter saggies (en hoopvol) te fluister dat dit dalk vanjaar Breyten Breytenbach se jaar gaan wees. Ons almal weet dat ‘n skrywer se internasionale reputasie uitsluitlik van die gehalte (en prominensie) van vertalings afhanklik is. In ‘n vorige Nuuswekker (Oktober verlede jaar) het ek die werkinge van die nominasie-proses verduidelik, en wanneer dié uitgerekte prosedure in gedagte gehou word, plus die prominensie wat Breyten ten tye van die nominasie-periode internasionaal geniet het, bestaan daar by my géén twyfel dat hy deur verskeie instansies (waaronder die Franse, Nederlandse én Suid-Afrikaanse) genomineer sou wees nie. Voeg daarby die groot aantal publikasies van Breyten wat nou in vertaling via sy Amerikaanse uitgewers beskikbaar is, plus die belangrike Franse prys vir die beste teks in vertaling wat hy vroeër vanjaar vir oorblyfsel/voice over ontvang het, en my versugting blyk dalk nie heeltemal so vergesog te wees as wat ons mag dink nie …

Nietemin, die volledige lys (tot en met Bob Dylan wat teen ‘n loting van 150/1 genoteer is) kan hier bekyk word. As leestoegif plaas ek ‘n gedig van Tomas Tranströmer onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

Vanoggend is daar twee nuwe gedigte om aan te kondig. In Keelskoonmaak is die vers wat ek voorgelees het tydens die onlangse US Kollokwium en in sy gedigtekamer is daar ‘n nuwe vers van Johann Lodewyk Marais om te geniet.

En skielik is dit naweek. Ons hervat weer Maandag.

Mooi bly.

LE

 

A page of the night-book

 

I stepped ashore one May night
in the cool moonshine
where grass and flowers were grey
but the scent green.

I glided up the slope
in the colour-blind night
while white stones
signalled to the moon.

A period of time
a few minutes long
fifty-eight years wide.

And behind me
beyond the lead-shimmering waters
was the other shore
and those who ruled.

People with a future
instead of a face.

 

 

© Tomas Tranströmer (Vertaal deur Robin Fulton, 2002)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

4e gedagtes oor “Digters domineer Nobelprys-voorspellings”

  1. gilbert g says:
    7 October 2010 at 12:59

    uit People magazine, 1990:

    When Mario Vargas Llosa was a boy, his father caught him writing poetry. That was not considered appropriate for boys in Peru’s macho culture, so, to teach his son to be a man, Ernesto Vargas, a middle-class businessman, enrolled him at age 13 in Leoncio Prado Military School.

    It proved a useful education, but not in the way his father anticipated. In 1963, at 27, Vargas Llosa—still a writer and, worse, a Communist—wrote his first novel, The Time of the Hero, about corruption and brutality at the Leoncio Prado Military School. The school held a public ceremony to burn 1,000 copies.

    Last month there was another ceremony: Vargas Llosa, now 54, was the guest of honor at a lunch for 800 of his former military-school classmates and teachers. Amid liquor and laughter, he warmly reminisced with his fellow alumni, who had gathered to give him their support in Peru’s April 8 elections. The former renegade, now a man of the political right, is running for President.

    nou wen die man nog die buskruitbeloning!

    Reply
  2. Louis says:
    7 October 2010 at 11:23

    MARIO VARGAS LLOSA WEN NOBELPRYS
    Die Sweedse Akademie het pas bekend gemaak (13:00 SA Tyd) dat die Nobelprys vir Letterkunde vanjaar aan die Peruviaanse skrywer, Mario Vargas Llosa, toegeken word. Weliswaar nie ‘n digter nie, maar beslis ‘n verdienstelike bekroning.

    Reply
  3. Louis says:
    5 October 2010 at 10:52

    Die Sweedse Akademie het pas bekend gemaak dat die Nobelprys vir Letterkunde eerskomende Donderdag, 7 Oktober, om 13:00 (SA tyd) aangekondig gaan word.
    In nog ‘n verwikkeling berig The Guardian dat die Keniaanse skrywer, Ngugi wa Thiong’o, die nuwe gunsteling onder die beroepswedders is om dié toekenning te ontvang. Sy loting het gespring van 75-1 tot 3-1.
    Gaan lees gerus die berig by: http://www.guardian.co.uk/books/2010/oct/05/kenyan-nobel-prize-literature

    Reply
  4. Marko van der Colff says:
    4 October 2010 at 20:35

    ‘n Afgewaterde Dylan Thomas?
    Vgl. ‘Fern Hill’…!
    Of is ek heel skuins bedot?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d