Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 October 20104 September 2013

Andries Bezuidenhout. Wisława Szymborska en die hospitaalbesoek

VERSLAG UIT DIE HOSPITAAL
(vertaling van Relacja ze szpitala deur Wisława Szymborska)

Ons het lootjies getrek, oor wie hom sou gaan sien.
Dit was ek. Ek het van ons tafel af opgestaan.
Dit was amper besoekerstyd.

Hy het nie my groet beantwoord nie.
Ek het sy hand probeer vat – hy’t dit teruggetrek
soos ʼn honger hond wat ʼn been beskerm.

Hy’t skaam gelyk oor doodgaan.
Ek weet nie wat jy vir iemand soos hy sê nie.
Ons het verby mekaar gekyk, soos in ʼn fotomontage.

Hy’t my nie gevra om te bly of loop nie.
Hy’t oor niemand aan ons tafel navraag gedoen nie.
Nie oor jou nie, Coetzee. Nie oor jou nie, Kotze. Nie oor jou nie, Coertze.

My kop het begin pyn. Wie gaan vir wie hier dood?
Ek’t die mediese wetenskap en drie viooltjies in die gras besing.
Ek het oor die son en donker gedagtes gesels.

Dankie tog vir die trappe om mee af te hardloop.
Dankie tog vir ʼn hek om oop te maak.
Dankie tog julle almal wag vir my by ons tafel.

Hospitaalreuke maak my siek. 

 Na die Engelse vertaling uit Pools deur Magnus Krynski en Robert Maguire: Sounds, Feelings, Thought: Seventy poems by Wisława Szymborska (Princeton University Press, 1981).

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Wislawa Szymborska. Sounds, feelings, thoughts
Desmond Painter. Szymborska se oorwinning oor die dood →

5e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Wisława Szymborska en die hospitaalbesoek”

  1. Evette Weyers says:
    12 October 2010 at 06:05

    Absoluut puik vertaling! Dankie vir die toegang wat jy ons gee tot hierdie heerlike gedig

    Reply
  2. Desmond says:
    11 October 2010 at 11:05

    Andries, dis net problematies as jy val vir wat Derrida die metafisika van teenwoordigheid noem… 🙂 Maar ernstig: myns insiens, as dit as ‘n Afrikaanse gedig werk, dan maak dit nie saak deur hoeveel tale jou vertaling bemiddel is nie.

    Reply
  3. Ivan Mocke says:
    11 October 2010 at 10:02

    Wow! Wat ‘n verruklike gedig om die week mee te begin. Dankie, Andries. Manjifiek vertaal, bygesê.

    Reply
  4. Andries Bezuidenhout says:
    11 October 2010 at 10:01

    Dankie Desmond. Om ‘n vertaling van ‘n vertaling te doen is mos maar problematies. Ek kon darem na dinge soos woordorde in die Pools kyk. Dit lyk vir my nader aan Afrikaans as Engels.

    Reply
  5. Desmond says:
    11 October 2010 at 08:10

    Szymborska is een van my gunstelinge; lekker om dit in Afrikaans te lees. Jou omsetting van die gedig in Afrikaans val lekker natuurlik op die oor. Cool!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. soepel denke
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Lina Spies en die plattegrond
  • Margaret Cordier-Biermann. Wekroep van die verlostes
  • Hennie Maartens. bitterbos in die lente

Nuutste kommentaar

  1. hannes visser on Joan Hambidge. Ook elders aan diens nou27 July 2026

    Wat 'n treffende vers.

  2. Prof M Labuschaigne on Nini Bennett-Moll.  Brood van die engele26 July 2026

    Aangrypend, uitstekende analise en toepassing, Nini! Jou eie gedig staan bo alles uit. Welgedaan!

  3. Cobus van den Berg on Krige Visser. parodie en ironie20 July 2026

    Dankie Krige. Ek lees dit oor en oor….sodat dit kan insink.

  4. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  5. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d