Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 July 2026

Hennie Maartens. bitterbos in die lente

 

bitterbos in die lente

 

uit knoppies breek die lente sag en teer

waar vrugtebome wit bloeisels opgaar

die bye neurie van blom tot blaar

en belowe vrug ná winter keer op keer

 

 

ek dwaal verlore deur dié wêreld weer

waar elke pad sy skadu om my skaar

tog wek die spruite môrelig en klaar

‘n stille hoop lê anderkant die seer

 

 

maar waar die lente in my hart wil woon

staan bitterbos nog wortelvas en bang

sy dorings laat die ou wonde weer bloei

 

 

die letsels bly al word die wêreld skoon

jaar ná jaar hoor ek weer haar gesang

terwyl die wortels net al dieper groei

 

 

© Hennie Maartens, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hennie Maartens. oorskot

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Marthé McLoud. Repka
  • Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)
  • Daniel Hugo. Plaagbeheer
  • Koos de Wet. soepel denke
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. STEPHANUS JOHANNES MARAIS on Margaret Cordier-Biermann. Wekroep van die verlostes28 July 2026

    Die gedig verbeeld 'n fase in die mens se lewensverloop waar hy ingehok voel en die omstandighede die uitsig beperk…

  2. hannes visser on Joan Hambidge. Ook elders aan diens nou27 July 2026

    Wat 'n treffende vers.

  3. Prof M Labuschaigne on Nini Bennett-Moll.  Brood van die engele26 July 2026

    Aangrypend, uitstekende analise en toepassing, Nini! Jou eie gedig staan bo alles uit. Welgedaan!

  4. Cobus van den Berg on Krige Visser. parodie en ironie20 July 2026

    Dankie Krige. Ek lees dit oor en oor….sodat dit kan insink.

  5. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d