bitterbos in die lente
uit knoppies breek die lente sag en teer
waar vrugtebome wit bloeisels opgaar
die bye neurie van blom tot blaar
en belowe vrug ná winter keer op keer
ek dwaal verlore deur dié wêreld weer
waar elke pad sy skadu om my skaar
tog wek die spruite môrelig en klaar
‘n stille hoop lê anderkant die seer
maar waar die lente in my hart wil woon
staan bitterbos nog wortelvas en bang
sy dorings laat die ou wonde weer bloei
die letsels bly al word die wêreld skoon
jaar ná jaar hoor ek weer haar gesang
terwyl die wortels net al dieper groei
© Hennie Maartens, 2026
