Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 November 20104 September 2013

Andries Bezuidenhout. Hoe eensaam kan dit word, Hank Williams?

Hank Williams
Hank Williams

 

“Orals in die strate loop die fans van country plate,” sing Bernoldus Niemand jare gelede oor Pretoria. “Hulle ry ʼn Ford Snortina en hulle eet ʼn Snorgasbord,” spot hy met die mans wat so snorre dra hier rond. Dalk pas ek goed in. Ek het ʼn snor. Darem ook ʼn baard. Onder my enjinkap is ʼn dieselenjin (ek het darem nog nie bloubulballe aangeskaf nie) en in die CD shuttle is daar ʼn versameling countryliedjies. Op die oomblik is my gunsteling een van wyle Hank Williams:

Tonight my heart is bowed in sorrow
I can’t keep the tears from my eyes
My son calls another man Daddy
The right to his love, I’ve been denied.

Hank Williams se stem snik en die Hawaise kitaar ween op daardie rou manier wat net ʼn Hawaise kitaar kan ween. ʼn Akkoordverandering kondig die loeiende refrein aan:

My son calls another man Daddy
He’ll ne’er know my name nor my face
God only knows how it hurts me
For another to be in my place.

Hank Williams is in 1923 in die Amerikaanse staat Alabama gebore. Sy pa se naam was Elonzo Huble Williams en sy ma was Jessie Lillybelle Skipper. Met ouers se name so dié kan jy óf ʼn countrysanger óf ʼn massamoordenaar word. Gelukkig het Hank Williams ʼn countrysanger geword. Op die oomblik sing hy in my CD shuttle:

Each night I laid there in prison
I pictured a future so bright
For he was the one ray of sunshine
That showed thru the darkest of nights.

Hank Williams se tannie, Alice McNeil, het hom leer kitaar speel. Sy band se naam was die Drifting Cowboys en sy eerste slidekitaarspeler, Jimmy Porter, was dertien jaar oud. Roy Acuff het blykbaar vir Hank Williams gewaarsku: “You’ve got a million-dollar voice, son, but a ten-cent brain.” In my shuttle val Williams weer met die refrein weg:

My son calls another man Daddy
He’ll ne’er know my name nor my face
God only knows how it hurts me
For another to be in my place.

Hank Williams is op die ouderdom van 29 oorlede, weens ʼn kombinasie van dwelms en alkohol. Hy was agterin ʼn Cadillac op pad na ʼn vertoning toe. Hy’t ʼn hele paar nommer 1 hits agter die rug gehad (elf, om presies te wees), maar sy misbruik van drank en dwelms het reeds gemaak dat hy byvoorbeeld van optredes by die Grand Ole Opry verban is. Sommige mense beweer dis ʼn rugstringsiekte en pyn wat hom tot dwelms en drank gedryf het. Hy sing:

Today his mother shares a new love
She just couldn’t stand my disgrace
My son calls another man Daddy
And longs for the love he can’t replace.

Die instrumentasie op “My son calls another man Daddy” laat my baie aan Frans en Sannie Briel dink. Ek dink aan hul lied vir die mynwerkers wat by Coalbrook dood is, aan “Kom haal my, my pappie,” en aan die hartseer, hartseer trein na Pretoria, waarin daar darem ʼn bietjie hoop aan die einde van die storie is. Maar ook die snik, die Hawaise kitaar:

My son calls another man Daddy
He’ll ne’er know my name nor my face
God only knows how it hurts me
For another to be in my place.

Leonard Cohen sing in sy lied “Tower of Song” oor Hank Williams:

I said to Hank Williams: How lonely does it get?
Hank Williams hasn’t answered yet
but I hear him coughing all night long,
a hundred floors above me in the Tower of Song…

Leonard Cohen het later verduidelik wat hy bedoel het met Hank Williams wat honderd verdiepings bo hom in die “Tower of Song” hoes: “When I wrote about Hank Williams ‘a hundred floors above me in the tower of song’, it’s not some kind of inverse modesty. I know where Hank Williams stands in the history of popular song. ‘Your Cheatin’ Heart’, songs like that, are sublime, in his own tradition, and I feel myself a very minor writer.”

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Woestyn, water, verdamp
Andries Bezuidenhout. Laat ons dan maar dans →

2e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Hoe eensaam kan dit word, Hank Williams?”

  1. Danie says:
    16 November 2010 at 10:06

    Andries, ‘n blog so na my hart. En ja, Matt Johnson se Hany Panky is lieflik, maar die mees verbysterende versameling Hank Williams covers wat ek ken is “I’ll Never Get Out of This World Alive: Hank Williams Revisited”, uitgegee deur die merkwaardige klein Duitse label Trikont. (Hulle het o.m. ook ‘n wonderlike versamelalbum van diep melancholiese Finse tango’s uitgegee.) Hier is ‘n resensie en track list: http://www.allmusic.com/album/ill-never-get-out-of-this-world-alive-hank-willliams-revisited-r534868/review
    Ek wou nog altyd ‘n fliek maak net om die Beasts of Bourbon se weergawe van “Ramblin’Man” en Killdozer se “I Saw the Light” daarin te gebruik. En meer verlore as Townes van Zandt se “Lost Highway” kry jy nie. O, en die Teenage Larvae se “I’m so Lonesome I Could Cry” moet gehoor word om geglo te word. Die hartseer honde wat daarin blaf, is sweerlik meer nootvas as die sanger wat klink of hy die lirieke onderwater yl.

    Reply
  2. Ronel Nel says:
    16 November 2010 at 09:23

    Sjoe… Ken jy Hanky Panky waarin Matt Johnson van The The hulde bring aan HW? Orsim.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Nini Bennett-Moll.  Brood van die engele
  • Joan Hambidge. Ook elders aan diens nou
  • Nuwe publikasie: Ingrid Jonker: Een dichtersleven (Petrovna Metelerkamp, vet. deur Gerard Scharn)
  • Joan Hambidge. XXXIX
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Cobus van den Berg on Krige Visser. parodie en ironie20 July 2026

    Dankie Krige. Ek lees dit oor en oor….sodat dit kan insink.

  2. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  3. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  4. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d