Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 December 201013 December 2010

Om Rutger Kopland onder oog te kry

Rutger Kopland
Rutger Kopland

Via ‘n skakel op De Contrabas beland ek op Cobra se webblad waar ‘n besonderse bespreking van die derde, hersiene uitgawe van Rutger Kopland (1934) se Verzamelde gedichten deur Paul Demets bespreek word; en ai, watter besonderse digterskap is dit nie híérdie nie … Gewis een van die heel belangrikstes in die meer onlangse Nederlandse digkuns.

Demets se inleidende kommentaar tot sy bespreking verdien myns insiens om aangehaal te word, aangesien dit Kopland se digwerk op ‘n besonderse manier in perspektief plaas: “Wat we met onze zintuigen waarnemen, is wat het is. En dat is heel veel, natuurlijk. Rutger Kopland, nog altijd één van de meest geliefde dichters bij het lezerspubliek, was tijdens zijn actieve loopbaan hoogleraar biologische psychiatrie. Een dichter én een wetenschapper, dus. Met de wetenschap deelt de poëzie van Kopland het empirische, het onderzoek naar het feitelijke, los van het bovennatuurlijke. Er is natuurlijk een wezenlijk verschil: de wetenschap analyseert de werkelijkheid door ze als afzonderlijke feiten te ontleden. Poëzie gaat eerder op zoek naar de samenhang tussen de dingen. En bij die samenhang stelt Rutger Kopland voortdurend vragen, stel je vast als je zijn Verzamelde gedichten leest. Dat maakt zijn poëzie zo levensnoodzakelijk.”

En dan ook die volgende waarneming, enkele paragrawe verder: “Koplands poëzie is meteen herkenbaar: de rustige toon waarop hij vragend, aarzelend, soms met humor zichzelf nuancerend, bedenkingen en vragen formuleert bij wat hij ziet. En bij de grote thema’s: leven en dood, liefde en lijden, heden en verleden. Door het frequente gebruik van de ik-vorm en door de bijna spreektalige formulering, voelt de lezer zich sterk aangesproken. Wellicht verklaart dit allemaal waarom de poëzie van Kopland zo populair blijft.”

‘n Mens kan ten slotte ook nie anders as om te hoop dat Daniel Hugo se uitmuntende vertalings van dié literêre reus daartoe sal bydrae dat Kopland ook nou by die Afrikaanse poësieliefhebber tot sy reg sal kom nie. Onder die appelboom – ‘n Keur uit die gedigte van Rutger Kopland (2010: Protea Boekhuis) is ‘n wonderlike leeservaring; juis vanweë die gemaklike, trefsekere manier waarop Hugo die rustige, bykans mymerende toon – wat so kenmerkend van Kopland se digstyl is – in Afrikaans te berde bring. Nóg ‘n pluspunt van dié keur is natuurlik dat dit van die vroegste Kopland-verse tot die mees onlangses bevat.

Inderdaad, ‘n besonder insiggewende bespreking deur Demets en eweneens, ‘n besonderse vertaalprojek deur Hugo. Vir jou leesplesier plaas ek ‘n persoonlike gunsteling onder aan vanoggend se Nuuswekker; ‘n vers wat waarskynlik kan staan as die Groot Versugting van alle rokers.

***

Afgesien van Onder die appelboom wat vanoggend op die hoofblad aangekondig word, is daar sommer heelwat bydraes om die nuwe week mee te verwelkom. Indien jy iemand is wat nie daarvan hou om hardop te sit en lag terwyl jy iets lees nie, moet jy liewerster Philip de Vos se nuutste stuk vermy, want na alle waarskynlikheid is dit die mees vermaaklike stuk wat tot nog toe op hierdie webblad verskyn het. By wyse van aanvulling tot sy onlangse stukke oor Eugène Marais het Johann Lodewyk Marais ‘n artikel ingestuur oor Gustav S. Preller; by Wisselkaarten bespreek Luuk Gruwez Pieter Boskma se nuutste bundel Doosbloei,  en in ‘n besonder knap geskryfde stuk bedink Jelleke Wierenga die seisoen van vreet, verlange en kooplus wat op hande is.

En nog steeds is het einde niet – Ons residensiële resensent, Bernard Odendaal, het sy resensie oor Lina Spies se mees onlangse bundel Tydelose gety gelewer, terwyl daar in Joan Hambidge se gedigtekamer nog ‘n nuwe vers bygekom het. Dan het ons ook ‘n volgende reisbeskrywing van Breyten Breytenbach ontvang; dié keer oor sy reis na Bogotá, Kolombia. En ai, watter inspirerende stuk skryf werk is dít nie …

Inderdaad, ‘n kruiwa vol heerlike leesstof.

Mooi bly.

LE

  

Oor die verlange na ‘n sigaret

 

Ken jy die verlange na ‘n sigaret

na daardie gelukkige tye toe jy nog gerook het?

 

Niemand verstaan dié verlange nie, behalwe ek.

 

Ek herinner my aan iemand wat altyd

as ek iets sê wat hy nie verstaan nie

geantwoord het: dit is nou baie interessant.

 

En ek herinner my ook dat ek dan

daardie uitspraak ‘n paar keer

in my kop moes herhaal:

dit is nou baie interessant

totdat die betekenis verdamp.

 

God kan ondeurgrondelike dinge met ons doen

danksy die feit dat hy nie bestaan nie

 

en so kan ook ondeurgrondelike dinge

gesê word danksy die feit

dat dit niks beteken nie.

 

Vandat ek dit bedink het, verstaan ek veel meer.

 

Die verlange na ‘n sigaret is

die verlange self.

 

© Rutger Kopland (Uit: Over het verlangen naar een sigaret, 2001.)

Vertaling deur: Daniel Hugo (Onder die appelboom, 2010: Protea Boekhuis)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Onderhoud. Daniel Hugo (Poeziekrant 6; 2010)
Daniel Hugo. Hoe vertaal ‘n mens Kaaps? →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d