Andries Bezuidenhout. Der Himmel über Berlin

Blykbaar was Rilke se digkuns deels die inspirasie vir Wim Wenders se film Der Himmel über Berlin – in Engels vrygestel as Wings of Desire. Ek het dit jare gelede tydens die kunsfees in Grahamstad gesien. Nick Cave speel ook ʼn rol in die film, waar sy band in ʼn kroeg speel. Maar die rede hoekom ek vandag aan Wings of Desire dink, is die dood van Peter Falk, wat homself in die film speel. Hy besoek Berlyn om ʼn film te maak oor die stad se Nazi-verlede. Hy was skynbaar in ʼn volrige lewe ʼn engel. Ek skat hy’s nou weer een.

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Der Himmel über Berlin”

  1. Evette Weyers :

    Dankie vir die herinnering aan Wings of Desire 1. Hou baie daarvan, van Wenders en Rilke.
    evette

    You are the deep innerness of all things,
    the last word that can never be spoken.
    To each of us you reveal yourself differently:
    to the ship as coastline, to the shore as a ship.
    (Rilke)

  2. engemi :

    Ai, iemand kap in my bos, nie eens geweet nie. As jy weer wil kyk na Wings, ek het n kopie

  •