Louis Esterhuizen. Poësie-bevordering deur sosiale media

Na aanleiding van gister se blog oor FaceBook as die behoud van die digkuns, wil ek vanoggend skryf oor die moontlikhede wat die sosiale media bied ter bevordering van die digkuns. So berig De Contrabas oor die 13de FaceBook-vertaalkompetsie wat pas afgehandel en deur Hubert Voorhoeve (foto) gewen is met sy vertaling van die klassieke Middeleeuse  gedig “Sir Gawain and the Green Knight“; ‘n gedig wat deur die vorige wenner, Erik Honders, as opdragvers gegee was.

Volgens die groep se reëls is dit die wenner van elke “editie” se taak om die volgende opdragvers te gee. So het Voorhoeve reeds die volgende opdrag aangekondig, naamlik Ruth Padel se vers “Night“. (Gaan kyk  gerus na hul FaceBook-profiel. Vir jou leesplesier plaas ek egter die nuwe opdragvers, sowel as Voorhoeve se prysvertaling heelonder.)

Nietemin, terug na die moontlikhede wat die sosiale media bied ter bevordering van die digkuns. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is byvoorbeeld die plasing van kort, kragtige verse soos twee van ons gerekende digters, te wete Daniel Hugo en  Johann Lodewyk Marais, die afgelope weke bykans op daaglikse basis doen. En die reaksie op dié plasings is inderdaad buitengewoon entoesiasties. Op dié manier word daar nie net (onverwagse) blootstelling gegee aan die digkuns nie, maar word die proses van “bewusmaking” ook deurlopend volgehou.

Nog ‘n besonderse inisiatief is byvoorbeeld (geslote) groepe soos “Die Dowe Digters” waar daagliks gedigte geplaas word, en (hopelik) vele ander waarvan ek nie bewus is nie …  Maar, toegegee: waarskynlik word die moontlikhede wat sosiale media bied ter bevordering van die digkuns nog nie werklik ten volle benut nie.

Ten slotte kan ek darem net noem dat ons webblad se eie FaceBook-profiel (Versindaba Vriende) darem al met bykans 1,000 vriende spog … Op dié manier word heelwat nuwe besoekers na die webblad gelok waar hulle hul (hopelik) kan verlekker aan alles wat die Afrikaanse digkuns het om te bied.

En daarmee eers weer groet. Die beloofde gedigte volg hieronder.

***

NIGHT

Then spoke the thunder, shattering the looming blackness of our national life. The rumble that breaks a spell of the dry season

– Saro-Wiwa, “The Storm Breaks”

Does a zebra foal dream? Head lower, lower
under lenticular dark cloud,
he drags harlequin fetlocks, porcelain
quails’ egg hooflets through pimpling dust,

slower, slower through the silver
rainbow night, this soot and fester
cellar-lighting, electricity of the blue
and evil eye. Night ringed with eyes,

gutter-glow of new-soused theatre,
hyena, leopard, caracal (that caramel cat
with ear tufts, anxious to feed her cubs)
watching the lame foal weakened by drought.

All you know is, that you don’t know,
and are afraid. Moonshadow
where the big rocks laugh apart.
Predator-senses. Cilia. Heat detectors

crowd this long auditorium, segment
after segment of the midnight shuffle-plains.
They radar in on bodies, fluids, molecules
of flesh that do not know they glow, they draw.

Let’s give him one dream-memory,
a zebra wish fulfilled in dazing plod,
some sheer green wall of sugarcane.
And look – he’s made it through

into the bleach and blaze, rose curdling
over indigo and lard, this granult scar
of dawn. One more dawn nearer the water.
Sky blood-taggled, blood-tufted,

rushes over him like a white bowl
at the end of things, the little safe horizon
of a pilot’s dial,
an inventory of therapeutic gems.

(c) Ruth Padel

***

De Groene Ridder hield zich in hoffelijke houding gereed,
Het hoofd half opzij gehouden om de huid te tonen.
Hij legde zijn lange levendige lokken over zijn kruin,
De onbeschermde nek nu vrij voor wat er naderde.
Heer Gawein pakte zijn bijl en hief hem hoog,
Plaatste zijn linkervoet een pas naar voren,
En sloeg met suizende snelheid op het blote vel,
Zodat de scherpe snee schielijk het bot verbrijzelde,
Splijtend diep het zachte vlees doordrong,
Waarna het schitterend staal de grond in sloeg.
Het eerzame hoofd viel van de hals, raakte de grond,
En rolde tussen het publiek dat het pareerde.
Bloed spoot uit de stomp, spatte op het groen.
Toch bleef de stoere kerel staan, sidderde niet eens,
Maar stapte stout op stevige benen naar voren,
Reikte ruwweg tussen de rij van ridders,
En greep en hief zijn glansvol hoofd in gaand gebaar.
Toen beende hij naar zijn ros, pakte de breidel,
Stapte in de stijgbeugel en steeg op zijn paard,
Het hoofd in zijn hand bij het haar vastgehouden.
Hij zette zich zo zelfverzekerd in het zadel
Dat niets leek gebeurd, maar boven zijn schouders was
Het leeg.
Hij draaide z’n romp in ‘t rond,
Die stomp waar bloed uit steeg.
Vrees en vraag gegrond
Bij hetgeen men te horen kreeg.

(Vert. Hubert Voorhoeve)

***

 

 

Bookmark and Share

4 Kommentare op “Louis Esterhuizen. Poësie-bevordering deur sosiale media”

  1. Andries Bezuidenhout :

    Louis, ek het in Denemarke na ‘n uitstalling van David Hockney gaan kyk – hy gebruik sy iPad om “skilderye” te maak. Die uitstalling het my deurgaans laat dink oor moontlikhede vir digkuns. Hockney se punt is deels dat elektroniese media ook nuwe moontlikhede bied as medium, omdat dit anders werk as papier. As jy daarop “skilder”, kan die iPad onthou hoe jou lyne getrek is van begin tot einde. Deur dit terug te speel, ontbloot jy die lae wat andersins onder olieverf sou lê. Die skerm (waarop dit ook uitgestal word), het ‘n ander ligkwaliteit. Vir my lyk dit kunsmatig (vreemde woord, in hierdie konteks!). Maar dalk bied dit ander moontlikhede, nie net vir bevordering van digkuns nie, maar ook ‘n nuwe tipe digkuns waar jy die gedig se geskiedenis kan naspeur. Ek weet nie. Hockey klink self baie ambivalent. Hy stuur sy kunswerke elektronies vir vriende. Daar is met ander woorde nie slegs een kopie nie en word moeiliker as kommoditeit aangebied. Dit klink vir my heel radikaal.
    Meer oor Hockney se projek hier: http://www.bbc.co.uk/news/technology-11666162

  2. Evette Weyers :

    Louis
    Heerlike bydraes van jou gister en vandag. Baie dankie. Francis Galloway en ek het jou nuuswekkers gemis. Jy het ‘n oor op die grond vir wat poëties in die wêreld gebeur en jy deel dit so gefokus, met ‘n woord-lokprent. Jou Heerlike vrygewigheid!!
    Dankie aan Andries vir die David Hokney verwysing en skakel. Jou blogs maak altyd wyer wêrelde oop, tuis of buitelands. Dankie!

  3. Marlise :

    Ek kry ‘n skakel van iemand af oor poëtiese klein skulpture deur ‘n misterieuse kunstenaar. Nogal die moeite werd om hierna te gaan kyk!
    http://community.thisiscentralstation.com/_Mysterious-paper-sculptures/blog/4991767/126249.html

  4. Rene Bohnen :

    Dankie Marlise, ek is mal hieroor!

  •