Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 November 201129 November 2011

Johann Lodewyk Marais. Dhow-wedvaart, Lamu

DHOW-WEDVAART, LAMU

‘n Gesoute seekaptein ken sy dhow
en van jongs af die name van die wind.
Tydens die wedvaart gee hy net meer tou.

Romp en mas is op die eiland gebou,
wat die deelnemers aan dié ambag bind. 
‘n Gesoute seekaptein ken sy dhow.

Tien bemanningslede sny die diepblou
branders om die wenstreep te kan vind.
Tydens die wedvaart gee hy net meer tou. 

Soms as jy praat, luister die boot na jou
en skiet vooruit sodat die toue kwint.
‘n Gesoute seekaptein ken sy dhow.

Vandag moet iedereen verbete klou 
wanneer die sproeireën hulle verblind.
Tydens die wedvaart gee hy net meer tou.

“Gooi water dat die seil hard word, en hou!”
spoor hy aan. “Op die kaai waai vrou en kind!” 
Tydens die wedvaart gee hy net meer tou.
‘n Gesoute seekaptein ken sy dhow.

 © Johann Lodewyk Marais. 2011

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

1e kommentaar op “Johann Lodewyk Marais. Dhow-wedvaart, Lamu”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    30 November 2011 at 06:50

    ‘n Villanelle – soos ‘n goeie dhow aanmekaargesit! JLM, toe ek daar was het ek Matondoni gaan besoek, waar hulle eeue lank al dhows vervaardig. Dis op Lamu se eiland, maar nader aan die deel wat vasteland toe kyk, as ek reg onthou.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d