Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 November 201129 November 2011

Johann Lodewyk Marais. Dhow-wedvaart, Lamu

DHOW-WEDVAART, LAMU

‘n Gesoute seekaptein ken sy dhow
en van jongs af die name van die wind.
Tydens die wedvaart gee hy net meer tou.

Romp en mas is op die eiland gebou,
wat die deelnemers aan dié ambag bind. 
‘n Gesoute seekaptein ken sy dhow.

Tien bemanningslede sny die diepblou
branders om die wenstreep te kan vind.
Tydens die wedvaart gee hy net meer tou. 

Soms as jy praat, luister die boot na jou
en skiet vooruit sodat die toue kwint.
‘n Gesoute seekaptein ken sy dhow.

Vandag moet iedereen verbete klou 
wanneer die sproeireën hulle verblind.
Tydens die wedvaart gee hy net meer tou.

“Gooi water dat die seil hard word, en hou!”
spoor hy aan. “Op die kaai waai vrou en kind!” 
Tydens die wedvaart gee hy net meer tou.
‘n Gesoute seekaptein ken sy dhow.

 © Johann Lodewyk Marais. 2011

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

1e kommentaar op “Johann Lodewyk Marais. Dhow-wedvaart, Lamu”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    30 November 2011 at 06:50

    ‘n Villanelle – soos ‘n goeie dhow aanmekaargesit! JLM, toe ek daar was het ek Matondoni gaan besoek, waar hulle eeue lank al dhows vervaardig. Dis op Lamu se eiland, maar nader aan die deel wat vasteland toe kyk, as ek reg onthou.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "aalmoes vir die bootman" (Andries de Beer)

Nuutste bydraes

  • Jakes Möller. Tweespalt
  • Elmarie Stofberg. Ewige kind
  • Hennie Maartens. tydelik
  • Anne-Marie Bartie. kring van lafaards
  • Digtersprofiel. Jan de Bruyn

Nuutste kommentaar

  1. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Barbara, ek waardeer jou terugvoer

  2. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Dankie vir die tyd en die waardering, Ena.

  3. Jacobus Swart on Jacobus Swart. Franz Kafka15 May 2025

    Beste mnr. Scharn Ek waardeer u kommentaar. Dankie dat u my werk gelees het.

  4. Dietloff Van der Berg on Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)14 May 2025

    Baie dankie Joan Hambidge vir die fyn lees en die hoog gewaardeerde slotsom.

  5. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d