Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 January 20126 January 2012

Danie Marais. Tjorts!

Tjorts!

 

Die wêreld is alles
wat die geval is
het Wittgenstein gesê
maar ek en die gevalle alles
het mekaar verkeerd opgevryf jare lank
het ek my swart hart
kinderlik soos ‘n vuis
vir revolusie gebal my tande
vir ‘n ander wêreld
geslyp.

 

Maar op hierdie uitgewasde somerdag
met die stad wat soos opdrifsels
teen ‘n Tafelberg vol littekens lê loop
my beker oor drink ek
van ‘n dakkamer in Woodstock
op Het van Verlangekraal
en alles wat geval het.
Want o, hierdie bedroë wêreld met sy kleinlike oorloë
liefdesverklarings Klopsekore en skelm pastore
ís my vervalle woning
hierdie stukkende lewe met sy
Verspeelde lente sy Rain Dogs en daai honde wat blaf
by die hekke van paradise, ja, net hierdie lewe
met sy Madame Bovary’s horries bergies
en botteltjies blou gee ons
‘n perverse meesterstuk
ons daaglikse brood –
die groot onheilige mis voor
die son.

 

© Danie Marais, 2012

(‘n Vertaling van die gedig in Engels deur die digter kan hier gelees word.

Die gedig, wat as aanknopingspunt gebruik word vir kunstenaars,  sal ook voorgelees word deur Marais in beide tale by ‘n kunsuitstalling van 16  Januarie tot 10 Februarie 2012 by die Visual Arts Gallery in Kaapstad).

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d