KAMEEL
Camelus dromedarus
Die dromedarus is ‘n telganger,
‘n huisdier met smal neusgate
wat hy teen waaierige sand toehou,
klein oorskulpe en ‘n harige bolip
om met sy groot hoek- en snytande
harde woestynplante af te knibbel.
Met sy breë voete met drie vinger-
en toonkooitjies op die duineveld
kom sy slingerende gang op dreef
en loop hy die warm son tegemoet.
By die laaste oase suip hy hom
welgeluksalig dik en hoor laataand
hoe die Bedoeïene die lang nag deur
om die vuur van sy misbolle rinkink.
© Johann Lodewyk Marais 2012
Hennie, ek is bly jy lees prof. Malie Smuts se boek oor die kameel. Ek besoek ook graag Onderstepoort se biblioteek …
Die kameel lewe in elke versreël! (Ek lees nou Malie Smuts.