Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 May 2012

Joan Hambidge. Hong Kong

Hong Kong

Vir soveel jare ‘n deurgang
na ander plekke: Melbourne,
Bangkok, Phuket, Seoul.
Jou sien transformeer van stinkende stad
(met straatlopers wat kook en broei op straat)

tot bevryd en vrygemaak

en uiteindelik ‘n ruimte
van selfversekering:

jaar na jaar word jy herbou 
ver-Westers, verander
om tred te hou
by digters wat sneller
as jy verbou.

Eers alleen as beleërde,
ontgogelde in ‘n stinkende agterbuurt
met gedroogde haai-biltong
en ander aas op straat verkwansel;
later met ‘n geliefde
in die Man Mo-tempel
laat ek munte vir die gode.
Die Madame Tussauds,
as ek reg onthou,
se deure was gesluit
en laatnag kyk ons verwonderd toe
hoe polisiebeamptes die skares beheer
met toue wat oop
en toe,
oop en toe knip.

Op oujaarsaand
– jy met ‘n videokamera
en ek met ‘n notaboek –
ontplof die stad
in klappers en laserstrale.
Ons vier ‘n nuwejaar
op straat. “Soos bye
uit ‘n korf, die mense,” merk
jy op en later dié nag
sing Frank en Nancy
“Something stupid like I love you”
in ‘n karaoke-bar
en jy sê:”Nee, dit is Robbie
en Nicole” en jy lag
toe ek saamsing met dié duo.
Toe’s dit “True love”
en nie een van ons kan die plot
van “High Society” onthou
nie. Grace Kelly is immers saliger.
En newwermaaind Bing Crosby
en Sinatra se stryd.

Wie het wie verlaat?
Soos die perspektief verskuif
van buite na binne, sy na jy,
van videokamera tot gedig,
so is dit met die liefde gesteld.

In Kowloon
– nou sonder haar –
op die Open-Top Sightseeing
dra ek nie meer my hart op die mou nie.
Ons hotelkamer
verewig tot besienswaardigheid:
die ongedroomde drome peul
uit haar rooi handsak
en my laptop spoeg
op hierdie reis-om-die-aarde
vele meditasies oor ons uit.

Ek kyk terug
met ‘n plattegrond
in die hand
en beweeg
van Wes na Oos
tot by Meditation Hill.

© Joan Hambidge 2012

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Joan Hambidge. Meditasie, Agon
Joan Hambidge. Ek skryf omdat ek moerig is →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Hong Kong”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    5 May 2012 at 13:21

    Boeiend. Die reis duur voort. Die Nederlandse digter en skeepsdokter J. Slauerhoff het min waardering vir Hong Kong gehad.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d