Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 October 2012

Joan Hambidge. Ek skryf omdat ek moerig is

Ek skryf omdat ek moerig is

‘n aweregse ars poëtika

vir Antjie op 60.

 

‘n Vrouedigter bely

op ‘n keer dat woede

haar gedigte begelei.

‘n Ander een bly

in die verre vreemde

en perk verlange in.

‘n Ander is kinderloos

en ongedurig aan’t stry.

Een verdrink, so waar

die Here weet, digby

ónvergenoegd. ‘n Vuur

brand ‘n heilige met ‘n engel

deur haar lyf;

‘n ander draai taal

monsteragtig op syn kop.

Ylings, ylings gaan hul ons verby.

Niemand kan jou leer,

geen skryfskool óf handleiding,

van die spanninge onblusbaar,

wat die digkuns

woordeloos

laat ly.  

So hier

of ondermaans

hoor jy hul algar roep:

dit was, dit was ter wille

van die wrewel spel.  

 

© Joan Hambidge. 2012

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Hong Kong
N.P. van Wyk Louw 50. Joan Hambidge →

4e gedagtes oor “Joan Hambidge. Ek skryf omdat ek moerig is”

  1. Buiteblaf Breytenbach says:
    21 March 2013 at 22:52

    ‘n Goeie gedig, Joan. ‘n Nodige voorraad- en bestek- en voorsuster- en proviandopname ook. ‘n Lyn van vlamme waarsonder ons almal maar in die donker sou rondgetas het. Dankie.

    Breyten

    Reply
  2. Ena Bester Posthumus says:
    21 March 2013 at 15:49

    …omdat dit net so mooi is – dis hoekom! Dankie hiervoor.

    Reply
  3. Marko van der Colff says:
    1 November 2012 at 22:24

    As ‘ou’ gedugte vroue-liefhebber…
    Dankie Joan!
    Jy mag maar die spel speel…

    Reply
  4. Riana Scheepers says:
    30 October 2012 at 14:34

    Jinne, dis mooi

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d