Joan Hambidge. Ek skryf omdat ek moerig is
Ek skryf omdat ek moerig is
‘n aweregse ars poëtika
vir Antjie op 60.
‘n Vrouedigter bely
op ‘n keer dat woede
haar gedigte begelei.
‘n Ander een bly
in die verre vreemde
en perk verlange in.
‘n Ander is kinderloos
en ongedurig aan’t stry.
Een verdrink, so waar
die Here weet, digby
ónvergenoegd. ‘n Vuur
brand ‘n heilige met ‘n engel
deur haar lyf;
‘n ander draai taal
monsteragtig op syn kop.
Ylings, ylings gaan hul ons verby.
Niemand kan jou leer,
geen skryfskool óf handleiding,
van die spanninge onblusbaar,
wat die digkuns
woordeloos
laat ly.
So hier
of ondermaans
hoor jy hul algar roep:
dit was, dit was ter wille
van die wrewel spel.
© Joan Hambidge. 2012
Jinne, dis mooi
As ‘ou’ gedugte vroue-liefhebber…
Dankie Joan!
Jy mag maar die spel speel…
…omdat dit net so mooi is – dis hoekom! Dankie hiervoor.
‘n Goeie gedig, Joan. ‘n Nodige voorraad- en bestek- en voorsuster- en proviandopname ook. ‘n Lyn van vlamme waarsonder ons almal maar in die donker sou rondgetas het. Dankie.
Breyten