Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 October 201225 October 2012

Johann Lodewyk Marais. Op ver strande

OP VER STRANDE

Malindi, Kenia

 

Ek het uit die binneland gekom

en ‘n Thomson se gaselle

het opgespring en soos ‘n dolfyn

in die lugspieëling verdwyn.

 

Nou duik ek in die warm see

agterna tot by ‘n oorhang

in die rif waar dit rondwemel

van steen-, blink- en papegaaivis

so bont soos ‘n tropiese lap.

 

Terug op die strand hurk ek neer

en met my vinger teken ek

in die wit sand ‘n halfmaan, kruis

en sirkel met pyle deur getrek.

 

 © Johann Lodewyk Marais

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. David Livingstone
Johann-Lodewyk Marais. Die stasiewa →

4e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais. Op ver strande”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    1 November 2012 at 19:52

    Dankie vir die vriendelike woorde, Ivan.

    Reply
  2. Ivan Mocke says:
    1 November 2012 at 08:41

    Dankie, Johann … Nie geweet dat “gaselle” ook enkelvoud is nie. So leer ‘n mens elke dag, nè.

    Reply
  3. Johann Lodewyk Marais says:
    30 October 2012 at 15:31

    Ivan Mocke, “gaselle” is ook enkelvoudig (kyk “WAT” III, 1972, p 33). Ek verklaar egter nie graag my eie gedigte nie …

    Reply
  4. Ivan Mocke says:
    30 October 2012 at 06:55

    ‘n Lieflike gedig, Johann. Ek verstaan net nie reël 2 se verwysing na “Thomson se gaselle” nie? Ook nie die meervoud (“gaselle”) wat in die volgende reël as enkelvoud (“‘n dolfyn”) verdwyn nie … Die slotstrofe is treffend.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek
  • Andrea Sieberhagen. Langpad
  • 100 Duitse Bestes: Ingeborg Bachmann (1926-1973)
  • Resensie: “Briewe van heldinne: Ovidius se Heroïdes” vert. deur W.J. Henderson
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

  3. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)30 October 2025

    Dankie, Willemien du Preez. Fried skryf verrassend boeiende gedigte vol abstrakte selfstandige naamwoorde - dit waarteen gewoonlik gewaarsku word deur…

  4. Willemien du Preez on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)29 October 2025

    Suiwer eenvoud en insig in wat dit is om mens te wees. 'n Skatkis oopgemaak vir Afrikaans.

  5. Yves T'Sjoen on Resensie: “Poëme” deur Wium van Zyl29 October 2025

    Voor de collectie Ernst van Heerden in het Poëziecentrum zal de bundel van Wium van Zyl een aanwinst zijn. Is…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d