Die vingerverhale van Breyten

 

Lees: Oop Kaarte: Breyten se vingerverhale, Die Burger,  –   ‘n gesprek wat Murray La Vita met Breyten Breytenbach gevoer het aan die vooraand van ’n groot uitstalling in Kaapstad oor sy kuns, sy lewe en sy werk.

 *

Uittreksels:

Murray: ‘n Gesprek met die man wat reg oor die wêreld beskou word as een van die grootste skrywers en kunstenaars van ons tyd (die New Yorker het hom beskryf as “an Afrikaner Dante”), word gekenmerk deur ’n wye doek waarop gelyk eenvoudige en speelse mededelings én ingewikkelde metafisiese begrippe naas mekaar verskyn. Wat die luisteraar ook sal beleef, is ’n vonkel in sy oog, die sardoniese blik, en ironie wat hy veral teen homself opstel.

Breyten: “As jy dieselfde woorde gebruik of dieselfde ritme of dieselfde beeld, op verskillende maniere, dan begin daai ding gelaai word deur betekenisse en byklanke en verwysings wat resoneer. ’n Mens soek die resonansie natuurlik – absoluut; ek is absoluut oortuig daarvan.”

Breyten: “Ek dink mense onderskat ongelóóflik veel die krag van die wisselwerking tussen die visuele en die betekenislaag of die woordlaag.”

 

(Webmeester)
Bookmark and Share

Comments are closed.

  •