Skildery (uit Stasie-Panele)deur JH Pierneef
Pierneef-stasiepaneel
Die blink gelate van haelwit wolke
oordonder alle skakerings van stof:
kameeldorings, klippe en koppe
nog hoekig onverweerd,
beleef ons steeds die groot na-asem-snak
van engele voor daardie héél eerste reën.