Desmond Painter. Pablo Neruda, die digkuns, en vrede

Ek sien vanoggend hierdie poster op Facebook: ‘n lang aanhaling van Pablo Neruda. Dit is gewis ‘n pragtige aanhaling, maar ek is nie so seker ek stem saam met Neruda oor die verhouding tussen die digkuns en vrede nie… Poesjkin is, anders wat uit Neruda se aanhaling blyk, nie deur ‘n huurmoordenaar om die lewe gebring nie, maar deur ‘n Franse offisier wat deur die strydlustige digter tot ‘n tweegeveg uitgedaag is. Wat dink jy?

Bookmark and Share

6 Kommentare op “Desmond Painter. Pablo Neruda, die digkuns, en vrede”

  1. Leon Retief :

    Hmmm… wat van d’Annunzio en Pound? Fasciste altwee.

  2. @Leon: “Vrede” is self, soos alle politieke konsepte, ‘n verraderlike woord: einste Neruda het in 1953 die Stalin Vredesprys verower. Dit is ‘n bietjie soos om die Zuma Feminismeprys te wen…

  3. Soms kan ‘n gedig natuurlik self geweld ontlok — sommiges het al na hierdie gedig van Mandelstam verwys as ‘n doodvonnis in die vorm van ‘n gedig:

    EPIGRAM AGAINST STALIN

    We live without feeling the country beneath our feet,
    our words are inaudible from ten steps away.
    Any conversation, however brief,
    gravitates, gratingly, toward the Kremlin’s mountain man.
    His greasy fingers are thick as worms,
    his words weighty hammers slamming their target.
    His cockroach moustache seems to snicker,
    and the shafts of his high-topped boots gleam.

    Amid a rabble of scrawny-necked chieftains,
    he toys with the favors of such homunculi.
    One hisses, the other mewls, one groans, the other weeps;
    he prowls thunderously among them, showering them with scorn.
    Forging decree after decree, like horseshoes,
    he pitches one to the belly, another to the forehead,
    a third to the eyebrow, a fourth in the eye.

    Every execution is a carnival
    that fills his broad Ossetian chest with delight.

  4. Desmond, Neruda beweer dat poësie altyd “‘n daad van vrede” is. Baie aanvegbare stelling, dink ek.

    Dan gaan hy voort en praat van digters wat vermoor is en sluit af deur te sê dat poësie nie sal sterf nie, al word dit “aangerand” ens. Dit lyk of hy digters met digkuns verwar, of geen onderskeid maak tussen die twee nie.

    Maar ek verkwalik nie Neruda vir sy oënskynlik verwarde argumente nie. Hy het pragtige gedigte geskryf. Hier is ‘n gedig wat o.a. oor vrede handel wat ek vertaal het. Kan jy uitmaak wat hy nou eintlik wil sê?

    Arme ouens

    Wat kos dit op hierdie planeet
    om mekaar lief te hê in vrede:
    die hele wêreld ondersoek die lakens,
    almal bemoeilik jou liefde.
    En hulle sê vreeslike goed
    van ‘n man en ‘n vrou
    wat, na baie rondval,
    en baie oorweging,
    iets onvervangbaars doen,
    saam op ‘n bed neerval.

    Ek vra myself af of die paddas
    hulleself dophou, hulleself geringskat,
    of hulle fluister in dammetjies
    teen onwettige paddas
    teen die genietinge van hulle soort.
    Ek vra myself af of die voëls
    voëlvyande het
    en of die bul luister na osse
    voor hy begin vry na die koeie.

    Nou het die strate oë,
    die parke het polisie,
    die hotelle het geheime,
    die vensters skryf name af,
    troepe en kanonne word uitgestuur
    vasbeslote teen die liefde,
    onophoudelik aan die werk
    die kele en die ore,
    en ‘n ou en sy meisie
    word gedwing om te blom
    terwyl hulle vlug op ‘n fiets.

  5. Desmond :

    De Waal, ek stem saam; hy onderskei nie tussen digters en hulle gedigte nie. Maar ek verkwalik Neruda nie eens vir sy ‘Ode aan Stalin’ nie: die man (Neruda, nie Stalin nie) was ‘n reus.

    Wat die gedig betref (ek hou van jou vertaling!): ek het ‘n paar jaar terug Adam Feinstein se biografie oor Neruda gelees, en Neruda se liefdeslewe was nog kompleks en, wel, voortvlugtig. Hierdie gedig klink soos ‘n ou met ‘n nuwe affair wat vies is oor die familie en vriende van die eintlike Mevrou brom en die vyande skinder!

  6. Ja, mens kan jou ook nie eers tot ‘n hotel wend nie. Die vensters skryf jou naam af 😉

  •