stad
’n grasperk se stilte lê
tussen die swartoognooi en die lekkende swembad
die middag tom waits toe
’n bedelende dwerg by die voorhek opdaag
maar die hadidas
maak die oomblik aansienlik meer hitchcock
jy skink nog wyn
en sê dié stad gaan jou nog mal maak
dis ’n lieflike stad, sê jy,
die adderlieflikste stad
© Jo Prins.2013
Lieflik, Jo!
Dankie Hilda. Gisela, ek dink wanneer my oudste mondig word… Maar loer bietjie in Kosblik een van die dae. 😉
Wanneer kom bundel nr 2 nou uit? Ek wag in spanning…
Pragtig, Jo!