De Waal Venter. Maar verstaan jy dan nie?

Wanneer ‘n digter ‘n gedig skep, fabriseer, aanmekaarsit, uitstort, of bou, wil hy of sy, (verder gebruik ek geriefshalwe net “hy”) ‘n reeks omlynde of bepaalde betekenisse aan die leser oordra. Hierdie stelling plaas die begrip “poësie” dan ook in  ‘n kader wat wil hê dat poësie “betekenis” moet hê en oordra. Ander kaders hou die gedig voor as ‘n fenomeen wat hoofsaaklik emosionele verandering in die leser teweeg bring, en minder met betekenis te doen het.

Elkeen van die woorde wat hierbo gebruik is, dui op ‘n unieke teorie van poësie:  “skep, fabriseer, aanmekaarsit, uitstort, bou”. Die digter wat “skep” dink waarskynlik dat sy proses heel anders (en beter) is as die digter wat “aanmekaarsit”. Die “skeppende” digter bring die woorde van sy gedig oënskynlik ex nihil te voorskyn, amper ‘n soort magiese proses.

Die digter wat aanmekaarsit het waarskynlik, of oënskynlik, ‘n meer rasionele benadering tot sy werk. Hy beskik oor ‘n raamwerk van ‘n gedig in sy gemoed, en hy beskik oor ‘n sekere woordeskat (wat hy ook maklik kan aanvul met woordeboeke). Hy selekteer dan woorde wat hy as geskik beskou en rangskik hulle op ‘n “gepaste” wyse in sy raamwerk.

Mens kan jou voorstel dat ‘n digter wat werk met ‘n vaste vorm, soos ‘n sonnet, sal neig om in hierdie rigting te beweeg. Watter metode die digter ook al volg, die gevolgtrekking kan gemaak word dat die digter wil hê dat die gedig deur sy lesers naastenby vertolk word soos hy dit bedoel het.

Dit kan maklik gebeur dat ‘n gedig gelees word deur ‘n leser wat nie bekwaam is om dit “korrek” te interpreteer nie, of dat die gedig self in gebreke is om dit oor te dra wat die digter bedoel het. Maar kom ons bepaal ons by die “bekwame” gedig wat deur ‘n “bekwame” leser gelees word. ‘n Leser kan ‘n ander begrip ontwikkel van ‘n gedig as wat die digter bedoel het, weens ‘n hele paar faktore.

Eerstens kan ‘n leser ‘n ander reeks konnotasies heg aan ‘n bepaalde woord in ‘n gedig, wat nie goed aansluit by die konnotasies in die digter se idiolek nie.

Hanneke van Eijken

Kyk na die gedig van Hanneke van Eijken – “Papieren veulens” – wat op Versindaba bespreek word. Hier is die eerste paar reëls van die gedig:

 

Iemand moet er zijn

 

De nachten vallen klam in

deze stad, ik ben wakker

in een interbellum, tussen dagen

waak ik als een schaker

die wacht op een fatale zet

ik probeer de wereld te grijpen

aan de achterkant van dit donker

 

Die meeste Afrikaanse lesers word nie elke dag aan gesproke en gelese Nederlands blootgestel nie, en kan maklik struikel in ‘n Nederlandse teks. So ‘n onskuldige leser kan byvoorbeeld dink hy lees: “waak ek soos ‘n (motor) skaker, die wag op ‘n fatale set.” Die leser kan verstaan hoekom die motoskaker waak – hy wag vir sy prooi – maar watse soort wag is dit op ‘n fatale set? Is dit ‘n veiligheidswag? Die leser kan hiervan geen op stert uitmaak nie.

Tweedens is daar die interessante voorbeeld van die digter wat op ‘n speelse manier sy gedig so skryf dat dit oop staan vir verskeie, ewe geldige verklaringe. Robert Frost se “The Road not Taken” is ‘n beroemde voorbeeld hiervan.

Hier volg ‘n uittreksel uit ‘n artikel wat in “Modern American Poetry” verskyn.

(Skakel: http://www.english.illinois.edu/maps/poets/a_f/frost/road.htm)

 

On “The Road Not Taken”

William H. Pritchard

Robert Frost (1874–1963).  Mountain Interval.  1920.

 

1. The Road Not Taken

 

Two roads diverged in a yellow wood, 

And sorry I could not travel both             

And be one traveller, long I stood          

And looked down one as far as I could  

To where it bent in the undergrowth;            5

 

Then took the other, as just as fair,        

And having perhaps the better claim,   

Because it was grassy and wanted wear;             

Though as for that the passing there     

Had worn them really about the same,         10

 

And both that morning equally lay         

In leaves no step had trodden black.     

Oh, I kept the first for another day!       

Yet knowing how way leads on to way,

I doubted if I should ever come back.            15

 

I shall be telling this with a sigh               

Somewhere ages and ages hence:          

Two roads diverged in a wood, and I— 

I took the one less travelled by,              

And that has made all the difference.            20

 

Pritchard skryf:

“Yet Frost had written Untermeyer two years previously that “I’ll bet not half a dozen people can tell you who was hit and where he was hit in my Road Not Taken,” and he characterized himself in that poem particularly as “fooling my way along.” He also said that it was really about his friend Edward Thomas, who when they walked together always castigated himself for not having taken another path than the one they took.

When Frost sent “The Road Not Taken” to Thomas he was disappointed that Thomas failed to understand it as a poem about himself, but Thomas in return insisted to Frost that “I doubt if you can get anybody to see the fun of the thing without showing them and advising them which kind of laugh they are to turn on.” And though this sort of advice went exactly contrary to Frost’s notion of how poetry should work, he did on occasion warn his audiences and other readers that it was a tricky poem.

Yet it became a popular poem for very different reasons than what Thomas referred to as “the fun of the thing.” It was taken to be an inspiring poem rather, a courageous credo stated by the farmer-poet of New Hampshire. In fact, it is an especially notable instance in Frost’s work of a poem which sounds noble and is really mischievous. One of his notebooks contains the following four-line thought:

 

Nothing ever so sincere

That unless it’s out of sheer

Mischief and a little queer

It wont prove a bore to hear.”

 

Pablo Neruda

 

Laastens, ‘n digter kan soms ‘n woord gebruik wat vir die leser net nie reg lyk of klink nie.  ‘n Vertaling van Pablo Neruda se “Soneto XXIV” begin so:

 

Beminde, Beminde, die wolke in die lug se toring

styg soos triomfantelike wasvroue,

en alles gloei blou, alles is sterre:

see, boot, dag saam verban.

 

SONETO XXIV

 

Amor, amor, las nubes a la torre del cielo

subieron como triunfantes lavanderas,

 

Lees die volledige gedig hier: http://blogs.24.com/poems/

Wasvroue! Dit lyk so onwaarskynlik in die konteks van die gedig waar grandiose beelde soos gloeiende sterre toringwolke gebruik word. Maar “lavanderas” is wasvroue en niks anders nie, hoe mens ook al soek na ander moontlike konnotasies.

Een Engelse vertaler kon dit nie aanvaar nie en het die woord “lavanderas” vrylik vertolk:

 

“the clouds in sky’s tower

mounted like triumphant purifying fountains,”

 

Dit is kenmerkend van Neruda dat hy in een gedig met grootse beelde en metafore kan werk en dan doodgewone, aardse elemente  inspan om ‘n soort onwaarskynlike balans te skep.

Hanneke van Eijken, Robert Frost en Pablo Neruda kan, en het, dalk almal, gevra, “Maar verstaan jy dan nie?”

Die antwoord is: nee, nie altyd nie, maar gee ons kans. Dit sal wel duidelik word.

 

 

 

Bookmark and Share

2 Kommentare op “De Waal Venter. Maar verstaan jy dan nie?”

  1. Carina van der Walt :

    Hanneke van Eijken het gisteraand (9 November 2013) die debuutprys gewen met “Papieren veulens” tydens die uitreiking van die Zeeuwse Boekenprijs. Lees veral die artikel onder die videofilm van Omroep Zeeland, waarin haar naam genoem word. Ongelukkig het sy nie in beeld gekom nie.
    Oek de Jong wint Zeeuwse boekenprijs 2013
    http://www.omroepzeeland.nl

  2. Carina van der Walt :
  •