Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 August 2013

Andries Bezuidenhout. Lied van onskuld – vertaling van ʼn gedig deur Ko Un

Moet nooit in hawens na die liefde vir onskuld soek nie.
Ag, ook nie in neonbeligte strate nie,
of in dronkmanstegies nie,
jou dwaas, jou dwaas,
om te soek na die liefde vir onskuld.

In tye van traangas en gifgas,
tye van fosforbomvlamme,
moenie na die liefde vir onskuld soek
in helder daglig
of teen sonsopkoms in verlate strate
               vol pamflette nie.

Die kil winde wat deur fabriekspersele snerp,
dít was ons verlossing.
Die koue winde wat rook en roetmis wegwaai
was ons verlossing.

By ʼn straatsjebien
sluk ek twee bottels hardehout af,
besope onderonsies was my verlossing.
Jy waarsku teen die soeke na die liefde vir onskuld?

Liefde vir onskuld? Voer dít vir die honde.

Tog, voor en na ons mooi gedagtes
is ʼn suiwerder tyd.
Alhoewel moeg en lendelam
het ons krag gehad om op te staan.
Vandag is ook só ʼn dag.
Na vandag is daar môre,
dis net dat môre anders sal lyk.

Dis dáár waar die liefde vir onskuld is. Wat ʼn vreugde!

Is dít dan nie
ons wese nie?
Toe jy op ons geskree het
om nie te soek na die liefde vir onskuld
in hawens
of op straat nie,
die liefde vir onskuld was steeds daar.
Is dit dan nie maar
ons aard nie?

Na Clare You en Richard Silberg se vertaling “Song of Innocence” uit: Ko Un, The Three Way Tavern: Selected Poems (2006, University of California Press), pp. 16-17.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Jou kinders het hul hande gesny – ʼn vertaling
Andries Bezuidenhout. Die digter – vertaling van ʼn gedig deur Ko Un →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d