Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 September 201313 October 2013

Plekgedig 17: Solet Scheeres . Om af te tree op Bela-Bela

Om af te tree op Bela-Bela

 

Vandat Warmbad Bela-Bela geword het woon

die arm swart- en witmense deurmekaar aan die

kant van die dorp, sê my ma.

Deesdae is die bedelaar voor Van Heerden se apteek wit

en al die bankbestuurders swart.

 

Vandat Warmbad Bela-Bela geword het reik die ryk mense

se grasperke tot teen die teerpad.

Daar is nie meer sypaadjies nie, sê my pa. Outomatiese

sproeiers spuit ’n mens nat as jy oor die gras loop.

Dit help nie om te kla nie, wie sal luister?

 

Hierdie lente blom die koraalbome uitspattig rooi in die strate.

Hulle het eers ’n ander naam gehad, maar ’n mens

mag dit nie meer gebruik nie, sê my ma.

Die tannie onder in die straat se gastehuis is elke naweek

stampvol swart executives. Gelukkig is hulle Bloubulle.

 

Die kerk bewerk en verkoop hulle eie vleis en

pannekoek om geld in te samel, sê my pa.

Kyk, wys hy, my vingers is voos vleis gesny.

Die mense van die stad kom koop naweke.

Ons kan nie voorbly nie.

 

Eintlik bly hulle baie lekker op Warmbad.

Die dorp is veilig en die potholes

is nie so groot nie, sê my ma. Vir gaste wys hulle graag

Klein Kariba, sê my pa. Daar is ʼn kleurlingkelner

wat vir jou die tafelgebed in Afrikaans doen.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

7e gedagtes oor “Plekgedig 17: Solet Scheeres . Om af te tree op Bela-Bela”

  1. Carina van der Walt says:
    18 October 2013 at 21:30

    Moes jy nou regtig in Brabant kom bly om in Bela-Bela te gaan kuier en vervolgens die dorpie namens alle ander onder oë te sien, Solet? JA, ek dink dis wat afstand doen! Die koraaltjie ;-)van hierdie gedig is egter “my vingers is voos vleis gesny”. Sulke poësiereëls het die potensiaal om opgeneem te word in die spreektaal. Ek hoor al my swaer op Makwassie!

    Reply
  2. hettie says:
    17 October 2013 at 22:45

    Trots om te mag se jy is ons sus!!!! en dat ons weet van Bela-Bela se mooi koraalbome en ook weet hoe aktief die kerk is…aangename herinneringe van ons kuier saam met jul en jul dierbare afgetredenes. Jy is ‘n STER!

    Reply
  3. Susan Greyvensteyn says:
    15 October 2013 at 21:51

    Dit is beeldskoonmooi en prentjieduidelik. Jou trant tref die hart. Baie baie geluk! Trots op jou!

    Reply
  4. Vic Pretorius says:
    15 October 2013 at 13:36

    BAIE GELUK – ‘N besonderse prestasie – maak maar weer so…

    Reply
  5. Susan Smith says:
    14 October 2013 at 07:54

    Baie geluk, Solet – ‘n waardige wenner!

    Reply
  6. René Bohnen says:
    13 October 2013 at 23:31

    Baie geluk, Solet!

    Reply
  7. Anita says:
    11 October 2013 at 08:47

    Uitstekend!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)
  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Brief aan die tinktinkievrou
  • AVBOB Persverklaring
  • Miel Vanstreels. Maastricht – Godsheide
  • Marthé McLoud. Wring
  • Marthé McLoud. Nagmerries

Nuutste kommentaar

  1. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

  2. Joan Hambidge on Johann Lodewyk Marais. Blesbok2 June 2026

    Pragvers Johann. Maak 'n bundel hiervan.

  3. Riaan le Roux on Riaan le Roux. Verstil31 May 2026

    Foto wat beweegrede was vir my gedig: https://www.theguardian.com/artanddesign/gallery/2026/apr/10/the-week-around-the-world-in-20-pictures#img-2

  4. Johan Coetzee on RIV Francois Wahl de Jongh (14 Maart 1951 – 21 Mei 2026)30 May 2026

    Hartseer.

  5. hannes visser on Resensie: “tussen asem” (Hannes Visser)28 May 2026

    Baie dankie Marlies. Groot waardering.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d