Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 September 201313 October 2013

Plekgedig 18: Susan Smith. EsiKhaleni, Hole-in-the-wall

EsiKhaleni, Hole-in-the-wall

 

mooi sing Ntombi

in die dubbelvolmaanmaand

waar die seeman met die vinhande

die meisie tussen kleihuise

en oor prilgroen heuwels sien loop

 

Ntombi sing

waar die golfbreker boegvis ploegvis stamp

en stamp        tot die sandsteen maagdelik

breek            tot die skalie in gitblou skywe

uiteenkraak

 

Ntombi sing

waar die meisie tussen strandnguni’s

oor die sandsoom water toe hardloop

opkyk        die halfgod en sy stormvis

déúr die landmuur sien kom

 

sing Ntombi      sing uit die water

sing waar die wit hingste skuimbek

runnik        die hoewe oor klippe

dreun          die water deur die sagte landplooi

van die Mpakovallei

stroomroof        die aarde skreeu      die tata

sy klere skeur

 

Ntombokuqala sing

die seemense sing

die landmense ween

die plek donder

die plek klink

esiKhaleni      sê die plekmense

die plek van klank

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

5e gedagtes oor “Plekgedig 18: Susan Smith. EsiKhaleni, Hole-in-the-wall”

  1. Susan Smith says:
    16 October 2013 at 12:08

    Dankie Nini!

    Reply
  2. Nini Bennett says:
    14 October 2013 at 22:14

    Ek sal hierdie gedig se weerklank onthou.

    Reply
  3. Susan Smith says:
    14 October 2013 at 13:44

    Baie dankie vir die vriendelike kommentaar, Mellet!

    Reply
  4. Mellet Moll says:
    14 October 2013 at 07:59

    Lieflike verwoording van die msitiek van ‘n Afrikavrou in ‘n vreemde ver plek. Een van my gunstelinge.

    Reply
  5. Lara says:
    19 September 2013 at 09:41

    Mooi gedig. Met hierdie gedigte oor plekke leer ek meer van ons land. Soveel vreugdes, soveel hartseer.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d