Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 September 201313 October 2013

Plekgedig 21: Marko van der Colff. Kaap die Goeie Hoop: 1976

Kaap die Goeie Hoop: 1976

 

Bedags geborge in die Esperanto

van jou kleure, geure en tale

Dwaal ek snags jou stiltes ín:

Hoor bronskloppers

teen herehuisdeure galm,

Statige stad- en kerkhorlosies

oor gekeide pleine metronomies tik,

Hoe die see aan jou some kan sis.

 

Tussen Buren, Oranje, Leerdam, Katzenellenbogen en Nassau

Skreeu mý erfenis gefolterd uit:

Ek is ‘n Afrikaan!

 

As nagwagte se konkavure

Voor die Burgerwaghuis hul swart skadu’s

Grotesk laat poppedans

En Langa en Nyanga

-son en maan-

Uitreik na jou keisteenhart

om húlle erfenis op te vra,

Klap knuppels en sambokke

teen koppe en lywe

Klap skote teen sink

teen steen teen vleis

(‘n Trojaanse Perd teen voetvolk?)

Selfs die klippe teen jou berg

begin te kriewel.

 

Dans Poppie dans…

die minuet met geparfumeerde pruike

op die Kat,

Dan voetpad langs

na Lady Anne se bad

met ‘n slaaf wat liggies tydhou

in die Gat.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Plekgedig 21: Marko van der Colff. Kaap die Goeie Hoop: 1976”

  1. Retha says:
    20 September 2013 at 12:56

    Dit is letterkundig beeldskoon geskryf!Lieflike bydrae!

    Reply
  2. Ampie Coetzee says:
    19 September 2013 at 09:03

    Ek is bly jy is weer hier om verder gekanoniseer te word. Jou gedig bring ‘n nuwe kyk op die minder mooi gedeeltes van ons geskiedenis. En die sug ‘ek is ‘n Afrikaan’ behoort die benaming van elke Afrikaanssprekende te wees. Wyle Neville Alexander, die taalkundige – het dit lankal gesê.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)
  • Anne-Marie Bartie. verskille

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. dna
  • Miel Vanstreels. Oorleg
  • Koos de Wet. korrosie
  • ND Cronjé. by die roggeveldberge
  • Krige Visser. Aantrekkende naak

Nuutste kommentaar

  1. Frik Ziegler on Krige Visser. Aantrekkende naak12 June 2026

    Jou vrou gaan jou donner.

  2. Johann Lodewyk Marais on Johann Lodewyk Marais. Blesbok10 June 2026

    Dankie, Joan. As kind het ek dikwels gesien hoe van die boere om ons met blesbokke boer. Nou en dan…

  3. Piet van Rooyen on Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny”6 June 2026

    Lyk my dis wat gebeur as 'n kabouter by Kunsmatige Intelligensie inklouter!

  4. Karin on C Fritze. Oorskot van die dag6 June 2026

    Ek verwonder my altyd aan hoe digters en skrywers se gedagtes ver paaie loop om sulke aangrypende gedigte en stories…

  5. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d