Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 September 201313 October 2013

Plekgedig 22: Andries Bezuidenhout. Johannesburg, Witwaterwyser

Johannesburg, Witwaterwyser

(Vir Stockenström en Koichab se water)

 

Kareemikstok gesny, spoor tussen mynhoop en koppie gevat

onder bloekomgeraamte en kragdraadgedaante

gesoek na fossielbronne wat borrel

uit die Witwatersrand se stollingsteenlaaie.

 

Van Grootvlei tot Randfontein, Braamfontein tot City Deep

Tweefontein tot Hammerschlag

verken waar ondergrondse mere sou uitmond

koel soos die poele tussen die Huab-draaie.

 

By Geldenhuys Estates en Elandsfontein verby

Denver Hostel en Doornfontein, vleie nagespeur

blou soos wolke bo Hommoequa-pieke

en lou soos Sapkamma se blaarbosteeprut.

 

Stilgehou by East Rand Proprietary Mines

of as stroomversnelling sommer ERPM.

Is die Danka se donderweerwoede hier te vinde

of spoeg in die brakbek van Koegrabie-put?

 

By Zevenfontein en Wemmer Barracks Hostel

Rietfontein, die Mai Mai Bazaar, Zandfontein en Simmer & Jack

Turffontein en Knights, Sterkfontein en New Comet Mine

oor sproei verneem, blink soos klippe by Kriedouw.

 

Die Transvaal Scottish Regiment-spoke

asook Wespark en die Fisher-Spendiff-grafte uitgevra

oor Sannagas-versnellings se somerreën gedreun

of die bibber in ʼn Teiqua-oggend se dou.

 

By Sophiatown en Western Native Township vertoef.

Is water nog bekombaar by Wilgespruit

en Van Rhyn Deep Mine, of by Confidence Reef

suiwer soos sout in die Koegeroo se gang?

 

Iewers moet klamheid wees, al is dit skraps

soos vog in die Koonap en Haukaap se lope

of die belofte in Johannesburg Waterworks Estate

and Exploration Company Ltd se naam.

 

By Vogelstruisfontein en Bantjes Gold Mine

Johannesburg Dynamite en Modderfontein

en die Nil Desperandum Co-operative Quartz Company gesoek

na iets soos Keimoes-syferput en die silwer vloei van Koeakamka.

 

Langs Tweelopiespruit en Brugspruit verby

en by New Kleinfontein en Aurora myne

oor sap so geel soos Kamtradrif-boombas

of swart soos kabbels in die Dogghakamma uitgevra.

 

Deur Klipspruit Lokasie, Pimville en Springs

en koers geneem na Muldersdrift.

Van druppels soos die Gannakouriep-dorings s’n gehoor

vir gorrel, lip en tong, om oerwoorde te vorm.

 

Antieke mondings in soveel name, maar proe na arseen, sianied

MacArthur-Forrest, gekgoud en ysterpiriet.

Water steeds volop, sonder twyfel

vol suur wat skaglangs boontoe sypel.

 

 

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

9e gedagtes oor “Plekgedig 22: Andries Bezuidenhout. Johannesburg, Witwaterwyser”

  1. Wysneus says:
    20 September 2013 at 13:38

    Almal het klaar gewen.

    Reply
  2. Desmond Painter says:
    20 September 2013 at 12:36

    Dis is ook g’n wonder mens loop nooit ‘n “La tombe du poète inconnu” raak as jy in ‘n vreemde stad monumente besigtig nie. Die digter se doppie klink onmiskenbaar.

    Reply
  3. Buiteblaf Breytenbach says:
    20 September 2013 at 12:20

    ook weer waar

    Reply
  4. Lara says:
    20 September 2013 at 11:35

    wel, as jy nou ‘n baie ou gevestigde juweel is op die baan (soos meneer buiteblaf), sal almal jou sekerlik herken aan die swaai van die gholfstok en die stappie van reël-matige putjie na putjie, mits jy self een is wat gereeld die bane besoek en oor jare heen die kampioene dopgehou het… daar is natuurlik altyd daardie vertwyfeling oor die burka/masker van anonimiteit: is dit zorro of die skim?

    Reply
  5. Buiteblaf Breytenbach says:
    20 September 2013 at 11:00

    Mens mag natuurlik teen die verkeerde boom blaf, of jou blaf kan geroep word (soos dit die dronkie oorgekom het toe hy laatnag voor sy eie straatdeur staan en tjank)… maar is dit werklik moontlik vir die digter om sy of haar digterlike duimafdrukke agter die burka van gewaande anonimiteit te verdoesel? Die digter is, paradoksaal, die één persoon van wie die vryheid weggeneem is om as ‘n eie surrogaat of na-aping op straat te staan en tjank, by wyse van spreke. Die wakkergeraasde suigeling gaan jou stem herken!

    Die interessanter wedewaarstryd sou wees om digters te vra om almal onder die dekmantel van anonimiteit oor dieselfde plek te skryf, en dan te kyk of hulle daarmee kan wegkom.

    Reply
  6. Desmond Painter says:
    20 September 2013 at 08:37

    Eitsa, vier nuwe fopspene! Want my dogtertjie is beslis die enigste een wat gefop gaan word. Ek is doodseker die digter is… wel, sy naam is beslis NIE Buitebluff nie. Louis, is daar ‘n geldprys vir die leser wat die meeste digters korrek kan identifiseer? DIT sal mos nou ‘n gawe kompetisie wees. Ek bedoel, wedstryd.

    Reply
  7. Buiteblaf Breytenbach says:
    19 September 2013 at 18:13

    Desmond, kom jy en ek gaan ‘n weddenskap aan oor wie hierdie blerrie goeie anonieme digter is. Die verloorder moet vir jou dogtertjie ‘n nuwe fopspeen koop; die wenner koop twee. Bygesê, byna al hierdie plekgedigte is skitterend. Niemand beny die beoordelaars nie.

    Reply
  8. Annerie says:
    19 September 2013 at 10:55

    ‘n Stad wat swaar dra aan geskiedenis en geologie. Skitterend uitgebeeld!

    Reply
  9. Desmond Painter says:
    19 September 2013 at 10:50

    Hou van hierdie een. Baie. Dit het my oggend gemaak! Dankie, Anonieme Digter.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d