Underberg
die pad na Underberg
neem sy kronkelgang
onder platane in die laat-herfs,
elkeen diep geroes
die pad trek krom,
verby puckety farm stall,
the lemon tree waar besoekers
warm broei soos henne
wit koffiekoppies neskuiken
op rooi tafeldoeke
slangagtig slier die pad
deur ’n mistige bergpas
verby perdeplase en witgepleisterde
huise met groen sinkdakke
en dan,
knokkige toon
tussen Drakensberg se voetheuwels:
mVuleni
berg van bamboes en van reën