Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 October 201316 October 2013

Joan Hambidge. Freud se sofa

Freud se sofa

Waar id is, sal ego wees.

 

Op hierdie sofa,

ikonies uitgestal in ‘n museum

met totems daarneffens,

het Sigmund Freud die onbewuste

glo ontdek:

om te praat, te droom, grappe te vertel,

deur raaisels veral,

verraai ons glo iets

van ons ware aard.

Om jou tong uit te sny,

jou stil te maak,

iets wat die digter vrees?

Ek lê my neer

op Papa Freud

se beroemde sofa,

virtueel beskikbaar,

die reisende sofa as u wil.

Maar eers die sofa met sy donker kleure,

opgepofte kussings,

tapytbedekking of kelim.

Hier is beswaardes lêgemaak,

aangehoor: ont-vang, ont-knoop,

ont-boesem ten aanhore van die analis,

streng en dogmaties,

soekend na die verdringde redes

wars van religie.

Waak teen identifikasie met die onbewuste

sou sy kroonprins waarsku:

in ‘n soele droom

presies in drie afdelings verdeel

waai die wind twee verse weg,

en later soekend

in die liasseerkabinet van my komputer

is die verse ónopspoorbaar.

In onrus vertrek ek;

nog dieper in die droom in

stap ‘n vrouedigter en haar gewese man

se nou-reeds-oorlede vrou

saam-saam die trappe af

met my as toeskouer.

Nog verder in die droom

– as ek reg onthou –

verskyn Sheila Cussons,

daardie amper-heilige

met ‘n fotokopie

waarop skeef afgedruk staan:

“Freud se sofa”.

 

 

© Joan hambidge / 2013

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Besetzung
Joan Hambidge. Vir JdL →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d