Persverklaring. Media24 Boeke kondig nuwe poësieprys aan

 

In 2014 sal Media24 Boeke die eerste jaarlikse Elisabeth Eybers-prys vir digkuns in Afrikaans of Engels toeken.

Vroeër het digbundels met kortverhaalbundels, dramas en romans meegeding om Media24 Boeke se W.A. Hofmeyr-prys vir fiksie. Die prysgeld vir die poësieprys beloop R35 000.

Dié prys word ingestel om uitnemendheid en vernuwing aan te moedig en erkenning te gee aan digters wat die grense van die digkuns deur hul werk verskuif.

Net oorspronklike werk (geen vertalings nie) sal in aanmerking kom en die beoordelaars sal op die uitkyk wees vir uitnemende skryfwerk en vars poësie.

Inskrywings vir 2014 se Media24 Boeke Literêre Pryse sluit Vrydag 6 Desember 2013. Enige digbundels wat tussen 1 Januarie 2013 en 1 Desember 2013 vir die eerste keer deur die Media24 Boeke-groep uitgegee is, sal in 2014 in aanmerking kom vir die prys. ’n Kortlys sal in April 2014 bekend gemaak word en die wenners word in Junie 2014 aangekondig.

Rig alle navrae aan die administrateur, Anita van Zyl, by anita@vanzylpr.co.za of 0 021 422 3350.

*

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •