Nelson Rolihlahla Mandela (1918 – 2013): Mooi loop, Oubaas.

 

When lilacs last in the dooryard bloom’d,
And the great star early droop’d in the western sky in the night,
I mourn’d, and yet shall mourn with ever-returning spring.

Ever-returning spring, trinity sure to me you bring,
Lilac blooming perennial and drooping star in the west,
And thought of him I love.

(c) Walt Whitman (Uit: Memories Of President Lincoln)

***

Dit is met groot hartseer wat ons pas verneem het van Nelson Rolihlahla Mandela se afsterwe by sy huis in Houghton, Johannesburg. Watter verlies is dit nie vir die ganse mensdom – en meer vir ons hier aan die suidpunt van Afrika – nie, want watter inspirasie én voorbeeld, was hy nie vir die ganse mensdom nie …

By wyse van huldeblyk plaas ons graag die volgende uitsprake wat deur Nelson Mandela gemaak was gedurende sy lewe, en dit maak nie saak wat jou politieke oortuiging was, of dalk steeds is nie: dit is die naakte menslikheid wat in onderstaande uitsprake verwoord lê, wat in alle opsigte geëer moet word.

Soveel ryker is ons almal danksy die feit dat daar ‘n mens soos hy in ons midde was.

Rus sag, Oubaas. Jou stryd is verby …

***

“I learned that courage was not the absence of fear, but the triumph over it. The brave man is not he who does not feel afraid, but he who conquers that fear.”

“There is no easy walk to freedom anywhere, and many of us will have to pass through the valley of the shadow of death again and again before we reach the mountaintop of our desires.”

“Our human compassion binds us the one to the other – not in pity or patronizingly, but as human beings who have learnt how to turn our common suffering into hope for the future.”

“I was not a messiah, but an ordinary man who had become a leader because of extraordinary circumstances.”

“A critical, independent and investigative press is the lifeblood of any democracy. The press must be free from state interference. It must have the economic strength to stand up to the blandishments of government officials. It must have sufficient independence from vested interests to be bold and inquiring without fear or favour. It must enjoy the protection of the constitution, so that it can protect our rights as citizens.”

“During my lifetime I have dedicated myself to this struggle of the African people, I have fought against white domination, and I have fought against black domination. I have cherished the ideal of a democratic and free society in which all persons live together in harmony and with equal opportunities. It is an ideal which I hope to live for and to achieve. But if it needs be it is an ideal for which I am prepared to die.”

” No one is born hating another person because of the color of his skin, or his background, or his religion. People must learn to hate, and if they can learn to hate, they can be taught to love, for love comes more naturally to the human heart than its opposite. “

“As I walked out the door toward the gate that would lead to my freedom, I knew if I didn’t leave my bitterness and hatred behind, I’d still be in prison.”

“Death is something inevitable. When a man has done what he considers to be his duty to his people and his country, he can rest in peace. I believe I have made that effort and that is, therefore, why I will sleep for the eternity.”

 ” I would just like a simple stone on which is written ‘Mandela’. “

***

O Captain! My Captain! our fearful trip is done;
The ship has weather’d every rack, the prize we sought is won;
The port is near, the bells I hear, the people all exulting,
While follow eyes the steady keel, the vessel grim and daring:

But O heart! heart! heart!

O the bleeding drops of red,

Where on the deck my Captain lies,

Fallen cold and dead.

O Captain! my Captain! rise up and hear the bells;
Rise up—for you the flag is flung—for you the bugle trills;
For you bouquets and ribbon’d wreaths—for you the shores a-crowding;
For you they call, the swaying mass, their eager faces turning;

O captain! dear father!

This arm beneath your head;

It is some dream that on the deck,

You’ve fallen cold and dead.

My Captain does not answer, his lips are pale and still;
My father does not feel my arm, he has no pulse nor will;
The ship is anchor’d safe and sound, its voyage closed and done;
From fearful trip, the victor ship, comes in with object won;

Exult, O shores, and ring, O bells!

But I, with mournful tread,

Walk the deck my captain lies,

Fallen cold and dead.

 

(c) Walt Whitman (1865)

 

Bookmark and Share

10 Kommentare op “Nelson Rolihlahla Mandela (1918 – 2013): Mooi loop, Oubaas.”

  1. dié wie Naaste respekteer
    (v’r Rohlihlahla)

    struktuurg’weld sprei, sosiologies, wese v’n apartheid,
    vul voorheen b’nadeelde m’t angs, skrik, lyd’ng, vrees,
    mos moeil’k ’n Sap Skwêr binne-in ghetto-land t’wees,
    onn’rworpe aan tuislandpopp’ntje se “ras”-“klas”-b’leid

    Self-d’struksie v’roorsaak erge banggat-b’noudgeid,
    onkund’-ontkenn’ngskunde, neo-illusie, ’t willie wyk,
    ivoortor’ng-ideoloë w’l so “Duiw’lspiek”-siekl’k pryk,
    nu blameer Mens Skepp’r v’r krities p’narie, krisistyd

    sou Wese, wet’nskapl’k-rasioneel, G’wete oopmaak,
    Konsiënsie, so v’n nad’rby, sup’r-indring’nd, b’trag,
    selfs geriatriekst’r kanne nuwe triek, hofnarl’k, leer:

    Millennium Drie Homo vol bravado v’r Skepp’rsaak,
    dag-in-uit, na herwinn’ng, van G’wete, t’wil smag,
    ko-Aardl’ng, mede-Mens, volwaard’g t’respekteer

    Jacobus Faasen

  2. Tatamkhulu

    U het altyd almal raakgesien.

    Liefde

    Kobus

  3. Marlise Joubert :

    treursang

    moet niks sê nie kyk voor jou
    deur die motor se ruit

    moenie praat nie

    kyk na die berg terwyl die son sak

    moet niks sê oor die berg en niks
    oor die skaduagtige snye
    teen die rugkant nie
    die berg se voue is bloedferweel
    asof ʼn gordyn wag om oopgetrek te word
    en aan te kondig: ʼn groot man het
    vandag gesterf

    praat nie oor die plakkershuise
    regs van die pad nie uitgestrooi
    duskant die berg as verweerde
    legoblokkies die kleur reeds dof
    en vuilgevat met skelwoorde
    met droefnis en wanhoop
    liglose armoede
    die tik tik tik
    asof iets verdoemend oop wil spin

    bokant die berg slaap ʼn wolk
    rustig soos ʼn hond in sy hemelhok
    rooinat snoet op die pote
    stert effens uitgewaaier

    miskien grom hy later luid
    miskien tjank hy ʼn paar druppels neer
    miskien sal die wind hom vannag
    wegneem aan ʼn ketting verdriet
    toesluit in ʼn konka se knetterende vuur

    moet niks sê nie kyk voor jou
    deur die motor se ruit

    moenie praat nie –
    ʼn geliefde man het pas gesterf

    (© mj / 5 desember 2013)

  4. Buiteblaf Breytenbach :

    ‘n Ontroerende vers, Marlise. Jy sê wat gesê moet word, en jy sê dit soos net die poësie kan doen. Dankie!
    Breyten

  5. Marlise Joubert :

    Breyten. Waardeer!

  6. Melanie Grobler :

    baie dankie marlise. dit raak diep. Mx

  7. Pieter Odendaal :

    Rainbows and other optical illusions – dir. Mandela, N.R. (1994)

    noudat die klaarmakers om jou vergader
    soos goggas wat wag vir die sagte plekkies om te dooi
    en die verpleegsters se vingers om jou pols krul
    soos die boeie van die eiland
    en die kettings van geken-wees

    noudat sonneblomme en seënwense instroom
    (nes jou gesigte op die geld in kasregisters)
    en die wêreld jou lank reeds
    oorvermenigvuldig het
    uitgedun en fyngemaal het
    bly daar maar min van jou oor

    ons het jou naam as breekwater
    teen die storms van verneukery ingespan
    aan jou lippe gehang om die spoeg op te vang
    wat ons ou-ou einas sou salf

    soos die vissies en die brode het ons jou gebreek
    versprei en verorber om versadig te wees
    maar jy is nie ’n wonderwerk nie
    en ons is nie jesusse nie
    die mandjies is leeg en die skare rasend

    en tog bly ons net sit en staar
    soos ’n audience na die credits
    wat sukkel om ’n film
    se ontknoping te aanvaar

    (c) Pieter Odendaal

  8. Jaco Barnard-Naudé :

    Pieter, dit is ‘n ontroerende gedig. Dankie hiervoor. Die rym aan die einde met die lang a’s maak ‘n wonderlike slot. Jaco

  9. carina van der walt :

    @ Marlise – soms lê daar soveel onaantasbare krag in stiltes: “moenie praat nie” en in die voor jouself uit staar deur die venster – uit pure respek, glo ek graag.

  10. Leon Retief :

    Ek weet nie of mens een individu kan uitsonder as die grootste persoon van die twintigste eeu nie maar ongeag die kriteria wat mens sou gebruik is Nelson Mandela beslis hoog op die lys. Dat ons as Suid-Afrikaners hom baie dankbaar moet wees is sonder twyfel – hy was een van die twee, drie of dalk vier persone wat daarvoor verantwoordelik was dat die oordrag van mag sonder geweld, rassemoord of gewapende revolusie plaasgevind het.

    Nogtans, gesien die hagiografieë wat mens die afgelope tyd gesien en gehoor het en wat mens laat wonder of hy op water kon loop en melaatses met sy aanraking kon genees is dit dalk tyd vir ‘n naastenby realistiese evaluasie alhoewel slegs die tyd meer helderheid sal bring.

    http://www.theguardian.com/commentisfree/2013/dec/10/mandela-coverage-banality-of-goodness

    http://www.nytimes.com/2013/12/06/opinion/the-contradictions-of-mandela.html?hp&rref=opinion&_r=0

  •