dit is moeilik om ‘n gedig soos ‘n tent op te slaan
ek soek al vir weke na die eerste reël
nie omdat dit dreig na reën of donderweer of iets dramaties nie
jou wange bol met watte gestop soos appels onder die sintetiese lig
hy was klaar weg sê my suster, want hy was weg en klaar
die storm is op soos ‘n blik beans of ‘n bottel bier
en al die reuke van die lewe vertrek uit truie en die blare
langs die pad. ek wil slim wees en sê dat ek op die hoofpad staan,
tentpen in die hand. dat ek luister na die reën.
maar ek stop jou op in my brein en hier is nie ‘n tent nie, tog
© Hilda Smits/2014