kersiewit: dorothy parker (1893-1967)
sou blindheid haar wou neem, intiem,
en dan verlaat, van kersiebome ver verwyder;
narcissus ongesien: aswit,
sy die leë lentewind se drywer.
sy die blits wat brand stook onder brûe.
die rook van bloesemheuning
sny lintkwatryne uit die duister lug
se pols, se sening.
‘n klein keuse van gifte: vrot appels, jenewer;
‘n dooie kuikendief. in verslane boordland
suf van vloedsout bloei sy sonder hart, die bleek
tou styfgepluk om lewe en onvrugbare sand.