MAAN
Die maan se geduld, getrou aan haarself
en hoe sy nog altyd was, bly my by
in hierdie groot en wye Suidernag.
Ek kyk uit oor die veld, op in die lug
waar haar lig gedemp oor die aarde val
en die kollektiewe geheue is
van hulle wat, soos ek, haar aanskou het:
deur die tye heen op haar vaste baan,
geyk deur die kragte van die planeet.
O sielsgenoot, o tydige werpsel
in die groot hemelruim en ewigheid,
laat jou lig skyn oor een wat iewers is.
© Johann Lodewyk Marais
Dankie, Joan en Evette. Ek het probeer om hierdie gedig in die styl van die Dertigers (onder andere Eybers) te skryf.
Pragtig Johan,
Ek’t baie nagte in die veld en berge geslaap.
Die maan bly my ook by.
Waardeer dus ” O tydige werpsel
in die groot hemelruim en ewigheid”
Evette
Mooi hoe hierdie vers resoneer met Eybers.