Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-M)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 November 201413 November 2014

Susan Smith. Keiserstrand-tafoni

Keiserstrand-tafoni

 

op die geologiese tydskaal van die heelal

teel klip toe nie so swaar nie

neem dit die rotskus nie veel meer nie as ’n duisend jaar

om ’n paar meter terug te tree:

 

ellipsoïed en sferies die heuningkoekholtes

waar sout en mikroskopies-klein ione kristalleer

waar graniet en basalt geomorfologies

tot evolerende tafoni verweer

 

miskien is dit in dié selforganiserende verweerpatroon

dat ek die spaarsamige energie kan sien

van tyd en ruimte en plek

by 32°58′ suid

 

(c) Susan Smith / November 2014

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window)
  • Click to share on Twitter (Opens in new window)

Lees meer

← Wenners van die lykdig-kompetisie!
Susan Smith. By die sien: kennisname en kennisskepping →

7e gedagtes oor “Susan Smith. Keiserstrand-tafoni”

  1. Susan Smith says:
    16 November 2014 at 20:57

    Baie dankie vir die skakels, Leon. Die onderliggende patroonmatigheid van alle dinge (en gepaardgaande fraksies) bly vir my fassinerend; en dat daar veel groter patroonmatighede is in wat ons dikwels as chaos sien.

  2. Leon Retief says:
    16 November 2014 at 18:49

    Tafonomie is die studie van fossilering en is sekerlik afgelei van tafoni. Ek het nie Stevens se werk gelees nie maar ek sien dis in 1974 gepubliseer. Benoit Mandelbrot het in 1979 die Mandelbrot stel (set) ontdek wat onder andere patrone in die natuur beskryf en verklaar. Sien: http://en.wikipedia.org/wiki/Mandelbrot_set
    Ek neem aan dat Stevens dalk ook verwys na die Fibonacci-sekwensie wat ook baie patrone in veral die biologie beskryf, onder andere sonneblomme: http://momath.org/home/fibonacci-numbers-of-sunflower-seed-spirals/

  3. Susan Smith says:
    16 November 2014 at 17:03

    Dankie Everline en Myra. Miskien vind julle hierdie aanhaling interessant, wat iets meer sê oor die verskynsel:

    “The origin of the word tafoni is unknown, but has Mediterranean origins. The word tafoni may stem from the Greek word taphos meaning tomb or sepulcher (Battisti and Alessio, 1957, after Twenhaile, 1992, pg. 44). Tafoni may also stem from a Corsican (French) word, taffoni, meaning windows, or from tafonare meaning to perforate (Wilhelmy, 1964).

    Unifying themes among patterns appear in a plethora of different contexts in nature. Peter Stevens (1974) describes recurring spatial themes in the natural world such as spiraling, branching, cracking, bursting, and packing patterns. Since natural systems and living beings tend to expend minimal amounts of energy to maximize motion, they tend to conform to utilize 3 D space as efficiently as possible. In so doing, similar forms repeat. It is within these unifying themes in nature, wherein lies a bounty of beauty and intrigue.”

  4. Myra Lochner says:
    16 November 2014 at 14:08

    Baie nuwe begrippe; dis soos ‘n mikroskoop, wat skielik oor ‘n bekende voorwerp (klip) skuif en daar gaan ‘n deurtjie oop.
    Baie dankie, lief Susan! x

  5. Everline van Dyk says:
    16 November 2014 at 13:08

    Susan, jy en klip. En ek en klip. En Jan Rabie en klip. Klip gebore met geheue. Pragtig, baie dankie. Ek leer van tafoni.

  6. Susan Smith says:
    16 November 2014 at 11:26

    Dankie Melanie!

  7. Melanie Grobler says:
    15 November 2014 at 23:27

    So besonders hierdie gedig! Baie dankie.

Kommentaar is gesluit.

Meeste gelees

  • Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!
  • Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
  • Resensie: "Grondstof" (Helena Ewert)
  • Bester Meyer. Water bind my aan jou naam
  • Resensie: "Silwerwit in die soontoe" (Imke van Heerden met Anil Bas en Etienne van Heerden)

Nuutste bydraes

  • Anne-Marie Bartie. heilige koeie
  • Neels Jackson. Stille nag
  • Andrea Sieberhagen. Ontredderd
  • Andrea Sieberhagen. Klaskamer: Die ander kant
  • Riaan le Roux. Herbergsaam

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Nini, ek het jou skrywe met aandag gelees en begryp nie waarom daar so 'n storm losgebars het nie. Jy…

  2. Mart-Marié Uys on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Baie geluk met hierdie skrywe. Jy herinner mens weer wat die werklike verskil tussen lekemenings op Facebook en verantwoordbare resensies…

  3. Marlies Taljard on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die ergste is dat so baie van hierdie stokperdjie- en leunstoelkritici op die keurpanele van die belangrikste literêre pryse dien.…

  4. Mellet Moll on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die onbedoelde gevolg van die prys wat Crito ingestel het, is natuurlik die feit dat dit die skrywers van lesersindrukke…

  5. Dewald Koen on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Dankie vir 'n besonders insiggewende en interessante artikel, Nini.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2023 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon